Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -3 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -4 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Waar my wa staan

Arie

Sun, 08/10/2017 - 13:55

Voorie & Kie, julle moet dit baie geniet daar in die Rosestad.

Lolla, jy moet maar daai balletjie slaan lat hy sing!! Wens jou alle voorspoed en sukses toe!

0
Centurion

Dusty

Mon, 09/10/2017 - 04:55

Goeie more.

Gistermiddag en aand weer lekker gereen. Die aarde is nou lekker nat. Ek kon deur die nag die gras hoor groei.

Sit reeds en tee drink en hoor ook die koffie masjien.

Lekker dag en week vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 09/10/2017 - 06:10

Goeie more Dusty en all kampforum wesens.  'n Lekker dag en week vir almal .... ek hoop tyd staan stil hierdie week. cool

 

m

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 09/10/2017 - 07:04

More almal, begin nou met my tweede koppie koffie.

Weer so jong (eintlik nog n kleuter) wolk breukie gehad deur die nag.

Tent vanoggend weer vol opdrifsels, ek het maar vir Petra n koppie koffie gemaak, shame sy gaan weer haar hande vol he met die vloer skoonmaak terwyl ek gaan stap.

Die koppie koffie is die minste wat ek kan doen. Sal maar heelwat verder stap vanmore, moet haar tyd gee om skoon te maak en ontbyd reg te kry voor ek terug is.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 09/10/2017 - 07:08

More amal lekke dag vir julle sien Arie werk weer met n plan die koffie loop soos stroop Anton hoop jy maak vir Lola en kidz lekke koffie vanmore

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 09/10/2017 - 08:50

Ek hoop julle gaan almal 'n lekker nuwe week tegemoet.   Ons het gisteraand 'n paar buie reën gehad en volgens voorspelling moet ons nog kry.  Ook dat dit gaan sneeu in ons wêreld en erg koud gaan word.

Voortrekker, geniet elke dag van julle week daar.

Gister is my broer toe oorlede.  Die een wat al in Augustus wou groet.  Hy het sag heen gegaan, net ophou asemhaal.  En nooit enige pyn gehad van die pankreaskanker nie.   Ons was 9 kinders, hy is die 2de een wat sterf.  Vier van die 7 wat nog leef, woon hier in die Baai, die ander drie kom die week aan van Johannesburg, Nelspruit en Kaapstad.   Met almal se mans en vrouens sal ons 14  bymekaar wees die week.   Ek sal my broer mis maar ek gun dit vir hom dat hy eerder nou weg is en weet hy is beter af waar hy is.

Lekker dag vir almal.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 09/10/2017 - 09:39

Freda en famielie sterkte daar dink aan julle

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 09/10/2017 - 09:42

Môre sê, koffie was lekker.

Freda, baie sterkte vir julle.

Ons het so bietjie skade gehad met ons KNP tripie hier by die huis.  Dinsdag aand of Woensdag kry ek 'n SMS die krag is af.  Gelukkig besluit my dogter hulle gaan die 3B Woensdag aand kom haal, gaaf dan kan hulle sommer die krag vir my aanskakel.  Met hulle aankoms merk hulle dat die vloer baie nat is, eers dink hulle dit is reën water maar later sê hulle daar is baie water voor die deur.  Dadelik vra ek hulle moet die waskamer oop sluit, ja daar spry die water, sê toe hulle moet die buite kraan toe maak.

Vanoggend bekyk ek die spul, die pyp in die muur het 'n lek (so paar maande ook daar gelek) besluit toe om hierdie keer maar 'n eis aan te meld want die kaste begin ook swel.

Die wasmasjiene swel ook en weet nie of hulle werk nie en dit is weer 'n ander eis, so sal maar besluit.

0
Meyerton

Segekok

Mon, 09/10/2017 - 10:16

Freda. Baie sterkte vir julle. Dit is nooit lekker om iemand aan die dood af te staan nie. 

Daar is darem die vertroosting dat die wat agterbly mekaar weer sien, al is dit nie in lekker omstandighede nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/10/2017 - 10:44

Freda, my innige simpatie met die heengaan van jou broer, maar hy het nou uiteindelik genesing gekry van sy ernstige siekte.  Baie sterkte aan jou en jou broers en susters.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/10/2017 - 10:50

Ai tog Willem, hierdie goed gebeur mos altyd as jy nie tuis is nie of as jy slaap !  Dit sal interessant wees om te weet hoekom die pyp nou juis daar begin lek het, was dit by 'n koppelstuk dalk of was dit roes van 'n gegalvaniseerde pyp ?  (Hier by ons is waterpype mos altyd koper omdat roes hier erger is as in die binneland).

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 09/10/2017 - 13:37

Baie dankie, ek waardeer almal se mooi woorde.    Al die reis- en verblyfreëlings vir familie is getref.   Die begrafnis is Donderdag en Woensdagaand braai die broers en susters saam by ons huis.  Eerste keer in 'n lang tyd wat ons almal bymekaar is.   Ons twee broers wat weg is, se plekkies sal leeg wees.   Drie broers en vier susters bly oor.   Daar is hope kleinkinders en agterkleinkinders.   Met my ma se tagtigste verjaarsdag moes ons 'n saal huur.

0
Centurion

Dusty

Tue, 10/10/2017 - 04:52

Goeie more.

Sien vanoggend het die temperatuur geval tot 6°. Maar 6° nou en 6° in die winter is nie dieselfde nie. Nie so koud nou nie.

Tee gemaak en so ook die koffie. Wie is lus vir koffie?

Lekker dag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus