DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 669 views
More almal…
More almal.
Dalk kan ons laat middag ñ paar Springbok karkasse optel?
Hoop en bid dit is nie weer die geval nie!
Goooood Morning
Goeie môre almal. Ons is oppad! Geniet julle oggend koffie.
More almal
Terwyl van julle nou heerlike reën kry, moet ek sê dit is die perfekte dag in die Baai vandag. Ons het gehoor daar gaan stormwinde in die Ooskaap wees maar by ons trek nie 'n luggie nie. Ai, ek wens dit wil lekker reën.
Lolla, julle moet dit baie geniet, veral die Kaboutertjies.
Arie, ons kan maar net wag en sien wat die Bokke vir ons gaan opdis vandag. Ek het nie veel moed nie.
.....
Lolla : Wie het toe gewen, het julle toe ooit vroeg weggekom ? Wat is jou "vroeg" ?
Willie : Snaaks genoeg, ek is baie bly julle karavaan is toe nooit verkoop nie. Jy het altyd met soveel genot vertel van julle lekker kampering daarmee en die verbeterings daaraan. Wat die Mahindra aanbetref, so 2km van ons huis hier in Brackenfell is 'n baie bedrywige Mahindra-agentskap en as ek so verby ry moet ek sê ek hou nogal van die (soms) eienaardige voorkoms van hulle produkte. 'n Famililid van my was 'n tyd terug die handelaarshoof van een van die Mahindra-handelaars en hy het destyds vir my gesê dit is eintlik 'n baie goeie en bekostigbare produk. Die enigste gereelde fout wat hulle destyds gekry het was hier en daar roesmerkies op die bakwerk. As jy dus 'n gebruikte Mahindra gaan koop, soek maar deeglik of daar nie dalk roesmerkies iewers is nie. Hou ons op hoogte asseblief.
Mahindra
Len, nee ons gaan n nuwe een koop. Dis ma se aftreekar. Hy behoort lekker te sleep met sy 2,5 turbo dieselenjin.
More almal
Julle moet groot gaan Lolla en Anton geniet die kamp koffie loop soos stroop
Shark op die forum het ń…
Shark op die forum het ń nuwe Mahindra aangeskaf en ek het ń spin met die outjie gevat.
Waarde vir geld - uitstekende voertuig. Solid, sterk en suinig met die sappies!
Sak die reen nou uit hier in…
Sak die reen nou uit hier in Centurion. Val nogal lekker hard.
Naand se almal, agteros kom…
Naand se almal, agteros kom ook in die kraal.
More more julle. Reen lekker in Jo hies. Kom skink n koffietjie. Ek en ma gaan va oggend na a Mahindra Jeepie kyk. Ons oorweeg dit om die woonwa maar te hou. Hy is nog nie verkoop nie. Mooi dag vir jou
Willie, ek dink dit is 'n bedekte seën dat julle wa nooit verkoop is nie, daai Mahindra gaan hom soos 'n droom sleep.
Ek weet Nico, Ski, sleep 'ngroot wa met syne.
Mahindra
Ek kan nou nie saampraat oor voertuie nie, julle weet mos. Ons het vir so drie jaar 'n Mahindra gehad. Dit was Colin se maatskappy motor. Ek was mal oor daai voertuig. Ons was drie keer Baviaans toe daarmee en dit was absoluut fantasies op daardie swak paaie waar ons letterlik oor rotse moes ry. Betroubaar en jy voel veilig, al die pad.
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Dis 'n lieflike oggend en die kamp koffie is heerlik!

Goeie more Anton en die…
Goeie more Anton en die ander.
Koffie is enige plek lekker. Het myne ook al geniet.
Lekker dag vir elkeen.
Goeie more Anton, Dusty en…
Goeie more Anton, Dusty en al die wie nog slaap, tee en beskuit was lekker dankie.
Geniet 'n heerlike dag.
Good Morning!!
Ek het nog 'n huppel in my stap vanoggend. Oor die Bokke so mooi gespeel het gister.
Boonop lyk dit of dit gaan reën, voorspelling sê vandag en more. En dit is nogal koud.
Wat julle ookal doen vandag, geniet dit en die vrede van die Sondag.
Môre almal, jip, hier in…
Môre almal, jip, hier in Boksburg is dit lekker mistig en grou. Sukkel om die huis aan die gang te kry!
Hi, nou op .y vierde koppie…
Hi, nou op .y vierde koppie koffie, gaan lekker af.
Pragtige sonskyn hier, al klaar lekker warm.
Ry oor so paar minute kerk toe en vamidag seker op die strand en bietjie swem.
Na die bokke se game het ek…
Na die bokke se game het ek sopas my koffie beker ingetrade vir ń yskoue Millers. Genot!!
More more
More almal koffie loop soos stroop lekke dag
More aan almal. Lekker dag.
More aan almal. Lekker dag.





Goeie more Willie en die res…
Goeie more Willie en die res.
Koffie is lekker op so n nat Saterdagoggend. Ons is geseend met die lekker reen.
Willie, glo dat julle gaan regkom met die voertuig.
Lekker dag