Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 minutes ago
Broodjie en pap Kruger 2026 Wessel Strydom -22 minutes ago
Braaibroodjies ... Kruger 2026 Chris Boucher -32 minutes ago
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 04/10/2017 - 05:58

Ja, Dusty, die weekbreker is alweer vinnig op ons.   Dit is bewolk by ons vanoggend, hopelik lei dit tot bietjie reën later vandag.

Have a good day!

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 04/10/2017 - 07:35

Freda hoop julle kry goeie reen duty hoop koffie loop , Anton julle moet lekke kamp en julle ander gaan groot ons is bevooreg nog n dag gesien waar son op kom. Die koffie loop soos stroop

0
Centurion

Dusty

Thu, 05/10/2017 - 04:54

Goeie more.

Sien die weervoorspellers reken dat  ons vandag gaan reen kry. So ook more en Saterdag. Daar by Freda moes dir verledenag dan ook gereen het.

Sit klaar en tee drink en die koffie is besig om te prut.

Geniet hierdie dag tenvolle

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 05/10/2017 - 07:59

More allemal mense!  Die reen het nou lekker hier by ons begin val in Kyalami.   Ek sien hulle sit 'n GROOT  stage en rig hier op -  lyk na 'n moewiese party wat kom.

Lekker dag vir almal!

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 05/10/2017 - 09:31

Nee, ons het geen reën gehad in die nag nie en vanoggend is 'n sonskyn blou hemel dag.  Ons is besig met 'n vieslike werk hier by die huis.  Die hele oopplan leefvertrek se plafon word geverf.  Alles word geskuif, gordyne af (en later weer terugsit).   Klink nie so erg nie maar dit is 'n gedoente!  Gister het voorbereiding begin, vandag en more verf, hopelik teen die naweek agter die rug.

Lekker dag vir almal en onthou, hou die blink kant bo!

0
Centurion

Dusty

Fri, 06/10/2017 - 04:55

Goeie more almal.

Gister lekker gereen. Is dankbaar daarvoor.

Vrydag het alweer gekom. Dit voel soos gister toe ek moes oppak by die kamp en nou is dit 'n week later.

Anton julle moet veilig ry en dit baie geniet.

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 06/10/2017 - 07:27

More maatjies!     Ja die einde van die week het aangebreek en kan ons nou uiteindelik gaan KAMP!

Lekker dag vir almal!

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 06/10/2017 - 07:27

More julle almal lekke reen gehad die laaste 24 uur in Secunda Anton julle moet mooi ry en geniet die koffie loop soos stroop vanoggend

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 06/10/2017 - 07:33

Ek hoop almal het lekker geslaap.   

Ja, die naweek is alweer hier.   Voortrekker julle ry seker al.    Hoop julle bly veilig en gaan alles baie geniet.    Al die ander, of jy nou kamp of by die huis bly, lekker naweek hou.

Ons verwery is amper klaar, net die kombuis vandag.   Lyk tog te mooi, die moeite werd.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 06/10/2017 - 07:39

Freda ons ry eers moreoggend - ek is nog op kantoor tot vanmiddag.

wonder ek nou wanneer beplan Koos Mol om daar deur te kom?  Ek dink hy het gese die 8ste?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 06/10/2017 - 11:03

Dagsê almal !

Ek wonder hoe gaan dit met Willem-hulle in Shingwedzi met gisteraand se groot veldbrand daar naby ?  Dit kon moontlik 'n beheerde veldbrand gewees het, maar die sterk wind kan lelik lol.

0
Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 07/10/2017 - 05:52

More more julle. Reen lekker in Jo hies. Kom skink n koffietjie. Ek en ma gaan va oggend na a Mahindra Jeepie kyk. Ons oorweeg dit om die woonwa maar te hou. Hy is nog nie verkoop nie. Mooi dag vir jou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus