6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -12 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

Wie kamp waar 13 tot 17 Apr - deur Frikadel

Submitted by Admin on
Forums

Kom ons hoor biki wie staan waar vir die vakansie en langnaweek?

BATMAN: Ons kamp vanaf 8-14/4 by Oppidam naby Oudsthoorn vir die KKNK. Gaan bietjie shows kyk en sommer net lekker agteroorsit vir 'n slag. Dan op pad terug gaan ons vir res van die naweek by 'n afgetrede vriende  kuier wat op  Reebok (tussen Groot- en Kleinbrakrivier) woon.

WILSUR: Ons staan van die 7de af by De Voetpadkloof.

LEN LOADER: Ons kamp voor en oor die langnaweek by Kleinplaas op Oudtshoorn en gaan daagliks vertonings by die KKNK bywoon.  Vir ons is dit 'n jaarlikse instelling.

DUSTY: Gaan hierdie keer in 'n rondawil bly net anderkant San Cha Len. Dit is net vir een aand.

ANDRE SMIT: Nou ja Toe,

Deel van Smitjies se pensioen inoefening.

Paasnaweek op Hartenbos en hoop om Sat 15de 'n draai op die Volstruisdorp te gaan maak.

Gaan sommer net ronddrentel sonder 'n Infanterieskool Korporaal met sy verdomde fluitjie wat jou orals wil heenjaag.

Kry nou nog 'n pyn in die agterkwart as my kop Suid Wes draai en ek sien daai Infanterieskool aan die voet van Buttkop.

Groete

ARIE: Mansi  Maningi van 1 April tot 2 Mei en dan Richards Bay tot ????????? Sal maar sien, maar seker so einde Julie.

BATMAN:

Andre Smit het geskryf:

Nou ja Toe,

Deel van Smitjies se pensioen inoefening.

Paasnaweek op Hartenbos en hoop om Sat 15de 'n draai op die Volstruisdorp te gaan maak.

Gaan sommer net ronddrentel sonder 'n Infanterieskool Korporaal met sy verdomde fluitjie wat jou orals wil heenjaag.

Kry nou nog 'n pyn in die agterkwart as my kop Suid Wes draai en ek sien daai Infanterieskool aan die voet van Buttkop.

Groete


Ek onthou ook vir Buttkop al te goed. As ek daai tyd 'n paar rand gehad het elke keer wat ek daar uit is, het ek 'n baie beter lewe daar gehad

BATMAN: Len, dis die jaar ook ons 5de keer opeenvolgend daar

VW:  Nou nie kamp nie maar wel in n eenheid bly te Kleinplaas Oudtshoorn van 07-11/04 vir die jaarlikse KKNK.

LEN LOADER: André, drentel gerus  rond op Saterdag 15/4 tot by Kleinplaas kampterrein nr.24, links onder in die hoek. Ons is daardie dag tot 10:30 by 'n vertoning, maar daarna is ons "tuis".

FRIKADEL:  So, ek staan alleen op Weesgerus??

BATMAN: Len, ek het vir jou 'n e-pos gestuur

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus