Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -28 minutes ago
Bygelowig Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -5 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -7 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

LED spreilig op teleskopiese paal

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Die Kavango het meer as voldoende ligte binne, en ‘n ekstra lig buite (dit kom met net een uit). Buite die tent is daar egter nie lig van die wa af nie. Ek het toe ‘n ruk gelede vir my een van die LED spreiligte gekoop wat saam met ‘n teleskopiese visstok kom. Dit skroef op die punt van die stok vas en mens skuif die visstok uit so hoog as wat jy wil (my stok is 5m lank). Dit kom ook met ‘n lang ringpen met twee ringe om die visstok regop te hou. As julle al een gesien het weet julle presies waarvan ek praat.

B

Ek het die 500W een gekoop, maar Takealot het die 800W een afgelewer. Dit kom met ‘n afstandbeheer waarmee dit aan- en afgeskakel kan word, en ook flouer gestel kan word. Dit werk van 12V af, en kom met krokodil klampies en ‘n sigaretaansteker prop en maak werklik lekker lig. Ek het nog nie gaan kamp daarmee nie, net vlugtig getoets tuis. Toe begin ek wonder; teen 800W/12V = 67A wat dit gaan trek. Binne ‘n uur moet dit dus ‘n 100Ah battery pap trek. Indien wel sou dit nutteloos wees. 
 

Tydens gisteraand se beurtkrag besluit ek toe om dit langer aan te los van my nuwe batteryboks wat as tweede battery in die Everest gaan diens doen. Die battery was vol gelaai op 12,7V voor ek die lig ingeprop het. Ek het die lig op 25% helderheid (wat nog baie lig gee) aangelos vir 3,5 ure. Toe ek dit ontkoppel staan die battery op 12,67V en vanoggend vroeg weer op 12,7V. Ons Sjinese vriende het seker bedoel die lig is gelykstaande aan ‘n 800W konvensionele spreilig. Hulle dui nêrens aan hoeveel dit werklik gebruik nie. Ek kan die lig egter sterk aanbeveel. Werklik helder, nie baie duur nie en lekker lig (gewig). 
 

A

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 07/09/2022 - 08:29

Baie oulik Chris, mens moet tog n braai lig hê, en die een wat jy nou het is ideaal vir jou doel.

Die watts wat aangedui word dink jy is reg, dit is waarskynlik die ekwiwalent van 'n 220 volt lig, ek raai ook nou maar, rede waarok ek so sê, is omdat ek reg om my huis solar herlaai ligte gesit het en hul wattage is 60 watt, maar die baterye is maar 3 volt en die ligte brand van son onder tot son opkoms.

Ek het vir my 'n herlaaibare kol lig gekoop so ruk terug en het dit op 'n ou driepoot kmera staander gesit wat ook in hoogte kan stel, werk soos 'n droom.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/09/2022 - 08:38

Chris ek vind dit moeilik om te glo dat daardie lig 800 Watt is.   Ek vermoed dat dit seker soortgelyke lig afgee as 'n ou tipe NIE-LED 800 watt gloeilamp.

Ek dink hulle spesifikasie is meer soos 20 of 40 watt as dit kom by hoeveel krag hulle gebruik.

800 Watt LED is MOER groot laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 07/09/2022 - 09:47

Die norm is gewoonlik dat as dit by LED ligte kom die Watt "sterkte" altyd verwys na die ekwivalente "incandescent" gloeilamp. Dis natuurlik heeltemal verkeerd en misleidend, mens behoort eerder na die Lumens syfer (ligsterkte) te kyk (om appels met appels te vergelyk). Die Amerikaanse dept. van energie het 'n goeie beskrywing op een van hulle web blaaie, 

https://www.energy.gov/e…

Dit gesê, as iemand so 'n rugby spreilig naby my kamp plek opslaan sal ek my windbuks vinnig uithaal en so bietjie skyfskiet oefen!

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 07/09/2022 - 11:17

GW, jy neem die woorde uit my mond.  Die lig lyk heel oulik, maar ek is verbaas dat ChrisS so 'n lig aangeskaf het.  Hy is mos 'n ou wat hou van natuurlike bos, stilte en min (indien enige) bure.  Om so 'n rugby-stadion spreilig in 'n kampterrein op te rig kan steurend vir ander kampeerders wees.  Ek verkies weer niks meer as dowwe buite-ligte waar ek kamp nie.

Aan die ander kant mag so 'n hoë, helder spreilig al die motte en ander insekte aantrek weg van jou leefruimte.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/09/2022 - 11:22

moet nou so jaloers wees nie. Skuif eers jou braaier, en braai in sy lig. Dan eers gaan onderhandel jy, en dan skiet jy.

Grappies op 'n stokkie, ek sal ook nie daarvan hou as dit heelnag langs my so verlig is nie. Die voordeel is egter dat mens jou eie tentpenne beter kan sienlaugh

Ai tog, wat is die omsetting van Lumen na Candela's vir die ouer garde.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 07/09/2022 - 12:06

ek is verbaas dat ChrisS so 'n lig aangeskaf het. 

Salomien is van mening dat dit te donker voor die tent is. Ek was heel tevrede om met ‘n flits of koplig te braai. Ek leef egter wanneer dit by kampeer kom volgens die filosofie dat ‘n gelukkige vrou vir my ‘n gelukkige kampeerervaring verseker. Dis waarom ek die lig aangeskaf het. Dit, en vir Kgalagadi in April. 
 

Ek beplan om ‘n bracket te maak om dit aan een van die tentdak se dwarspale vas te maak. In ‘n oord of kamp wat met ander kampeerders gedeel word sal ek dit nie op ‘n 5m paal staanmaak nie. Ek sal dit ook nie op sterker as 25% aanskakel nie. In April in Kgalagadi sal ek wel die paal gebruik, en dit bietjie helderder stel indien nodig. Ek wil ‘n goeie ent om ons waens kan sien, sodat niks ons kan verras nie. Onthou; waar ons gaan staan is daar nie heinings nie, en ons het klein kinders. 
 

Wat slaaptyd betref sit ek altyd al my ligte af voor ek gaan slaap. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 07/09/2022 - 13:25

Ek neem aan hy is reen bestand.

As hulle praat van 800 Watt is dit seker LED wat die lig gee van die ou 800 wat gloeilampe.

Wonder of daai paal nie weerlig gaan trek nie, is dit grafiet ? 

Wonder wat sal gebeur as ek so lig opsit in die aand vir mense wat toilet toe wil loop. He. He.

Dink nou ou Chucky sou so iet dalk gedoen het.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/09/2022 - 13:33

Ek het al gekamp  waar ouens sulke ligte ophys en die goed kan nogal lastig wees.    Ek dink volgende keer as so 'n lig my pla gaan ek in die middel van die nag een van my onderbroeke teen die paal ophys. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 07/09/2022 - 13:39

Ek het so een as geskenk gekry, glo nie hy is sooo sterk lig nie.  As jy hom egter mooi af buig dan pla hy niemand om jou nie tensy jy op 'n mols hoop staan (klein).  Myne het ek op 'n hekmotor battery gebruik by De Rust, toe hou die remote sensor wat hom dim op met werk nou moet ek hom net dierek in prop om te werk.  Na die braai en die Luiperd asksie het dit vir my gelyk of die battery effe pap geword het (het nie meter gehad om voor en na gebruik te toets by die kamp nie)  Het hom al jare maar nog net die een keer gebruik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 07/09/2022 - 13:50

Vir my 50ste verjaardag in Januarie het ons anderkant Tulbagh op ‘n plaas gaan staan saam met twee ander gesinne. Die kampplek was eksklusief vir ons so daar was niemand anders nie. Ons een vriend het so lig gehad, en dit het puik gewerk om die terrein vir ons almal te verlig, en lig te gee by die vuurmaakplek waar ons pot gemaak het. 

Uiteraard sal ek seker maak dat die lig nie ander steur wanneer ek dit gebruik nie. Soos Oom Len genoem het kan ander mense se onbedagsaamheid my gou dwars in die krop steek, en ek probeer daarom seker maak dat ek bedagsaam is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/09/2022 - 14:35

eintlik net jou siel so bietjie uit. 

Ek dink daar waar nie heinings is nie, is so 'n lig 'n noodsaaklikheid.

Ek het sommer so 'n LED liggie wat ek aan die middelpaal klamp om voor die tent lig te maak.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/09/2022 - 15:02

Ek gebruik 'n herlaaibare "flood light" met 'n 10 watt spec.  Hy laai via USB en bedags laai ek hom vannaf my aux battery en gebruik hom dan snags indien nodig.   Hy het 'n handvatsel wat sommer oor 'n tentpaal kan haak of ek sit hom sommer bo op die roof rack neer  en stel dan die hoek waarteen hy moet skyn.  

Hy lyk so..

m  

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 07/09/2022 - 17:11

Anton ek het presies dieselfde lig, aan een kant is 'n skroef gat wat op 'n kamera tripot pas, jy stel rigting, hoogte en ook die hoek waarteen die lig moet skyn, en pla niemand nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 08/09/2022 - 09:55

Kon jy al uitvind hoeveel Watt elektrisieteit die LED lampe gebruik as hulle aan is?

Nee. Op 25% helderheid het die battery gesak van 12,7V na 12,67V oor 3,5 ure. Op 12,67V was die battery nog 91% gelaai volgens die Bluetooth battery monitor wat aan die battery gekoppel is, en dit was net na ek die lig uitgeprop het. 8 ure later was dit weer 12,7V en het die monitor 100% gelees. 
 

Die afwyking in die akkuraatheid van die meetinstrumente verklaar waarskynlik die uitkomste hier bo. Wat vir my belangrik is, is dat die lig se gebruik nie die battery se spanning noemenswaardig gaan laat afneem oor dit aantal ure wat ek dit in ‘n nag gaan gebruik nie. Dit gaan dus die doel dien waarvoor ek dit gekoop het.
 

Die battery sal elke dag gelaai word tydens wildritte en met ‘n sonpaneel. Daar is gister ‘n 70W 18V paneel by my huis afgelewer. Dit gaan gebruik word om die tweede battery te laai wanneer daar nie genoeg gery word in ‘n dag om dit te laai nie. Die res van die tyd gaan dit in parallel met die Kavango se 90W 18V paneel gebruik word om ekstra Amps in die wa se batterye terug te sit.
 

Dis albei mono panele en Willie Grobler van Echo 4x4 het bevestig dat my wa se kragpaneel ‘n maksimum van 160W in van die sonpaneel af kan hanteer. ‘n 160W paneel gaan egter nie in die raam op die Kavango se dak pas nie, en kos baie duurder. Saam met verskeping was die 70W paneel R754. Ek gaan ‘n kabel met BH proppe maak waarmee die twee panele in parallel gekoppel kan word aan die wa. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus