Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -58 minutes ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -1 hour ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 11:34

Nee, dit wys 9.30 by my inset.    Ek het nou Co-ordinated Universal Time +13.00.  Tyd nou 11.34

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 11:36

Nee, dit wys 9.34.   Ek bly 2 ure agter.  Gee maar op.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 18/04/2017 - 11:42

Freda, jy gaan dalk met verskillende aparate/rekenaar bedyfstelses soos Windows, 7, 8 of 10, of soos my werksrekenaar Windows XP, verskillende beskrywings van tye kry. 

Dalk kan ons oor 'n koppie koffie eo oor drie weke of wat die probleme probeer oplos!!!, dalk as daar ietsie by die koffie is!!!!,  werk dit BAIE goed!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 11:49

Koffie met 'n spyker in, verseker!!   yeswink

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 11:52

Ek sien nou my tyd wys nou reg.  Ag, baie dankie, wat sal ek sonder jou doen?   Ek wens jy kan alles wat verkeerd gaan in my lewe sommer van daar af vir my so reg maak. smiley

0

Ek sukkel om te post.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 18/04/2017 - 18:57

Jinne, FRIKadel, amper lees ek in my meor in verkeerd, ek dag jy sukkel om te POT!!!, blikses, amper verkeerde afleidings gemaak,

GROOT askies!!!!

.

He-he-he

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 18/04/2017 - 19:07

Ekskuus, sie nou eers hierdie is die KOFFIE draad!!!

OK-OK-OooooKei!!!!!

Ek gaan slaap, sal dalk netnou (oor paar uur) HIER kom KOFFIE soek - WEER.

Nou eers  "regmaker"koffie soek in kombuis, deurmekruis dag gehad!!! (en drie G & T's, en drie wyne!!!

SAL MôRE NIE so aktief wees,karwei die antie Petoorsdorp toe na spesialis, en sal die vyand op die pad probeer afweer!!!

.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 19:58

In reply to by Frans Pretorius

Hoop alles loop goed af by die spesialis more, Frans.   Dat hy vir julle die oplossing gee wat nodig is.   Ek dink aan jou en Linda.

0
Centurion

Dusty

Wed, 19/04/2017 - 04:21

Goeie more aan almal,

Tee gemaak en die koffie prut.

Frans sterkte vir vandag. Glo dat alles goed sal afloop. En sterkte met die verkeer.

Lekker dag

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 19/04/2017 - 06:28

Goeie more Dusty.

Ek drink ook nou my eerste koffie vir die dag. Is vanoggend weer 6 uur op kantoor.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 19/04/2017 - 07:04

More almal.  Hoop julle het lekker geslaap.   Ek beny julle manne wat so vroeg op kantoor is gladnie.   

Ons het nou weer heerlike sonskyndae.  Net as die son begin sak in die middag, kom die bytjie in die lug, van winter wat oppad is.

0
Centurion

Dusty

Thu, 20/04/2017 - 04:22

Goeie more almal,

Freda, vroeg op kantoor pla my glad nie. Die pad is lekker stil. Kantoor is ook lekker stil. Kry heelwat gedoen sonder dat iemand my pla.

Le al van vroeg wakker. Inplaas van rondrol staan ek liewer op en kom kantoor toe.

Vanoggend was dit weer warmer as gisteroggend alhoewel die voorspelling kouer was

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/04/2017 - 05:21

Goeie more al die Kampforum mense !

Outoppies kry dit ook soms reg om vroeg aktief te wees.  Ek is van 04:00 vanoggend in my studeerkamer (ek studeer ongelukkig nie meer nie, maar by gebrek aan 'n ander woord) aan die gang met die boeke doen van een van my kinders se onderneming. Terwyl ek so besig is, kyk ek so dan en wan (soos nou) op die rekenaar wat in die wêreld aangaan.

Dit is weer vrek warm vandag hier in Brackenfell met geen teken van reën tot dusver nie.  Kaapstad se toevoerdamme staan nou op 24% water waarvan die laaste 10% nie bruikbaar vir verspreiding is nie.  Ons hou egter steeds moed en genadiglik is hier nie veel wind nie.

0

I nick the visitor's stuff..........Kronig or at a push the Nescafe...

Daai goed is bloomin duur.....

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus