Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 minute ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -20 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -20 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Voortrekker

Thu, 20/04/2017 - 07:25

Goeie more!  Ek is vandag weer bietjie oo die pad so hoef nie vanoggend 6am op kantoor te gewwes het nie.  Maak nou 'n koffietjie.

Hoe gaan dit met Frans? Ek hoop alles het goed geloop gister?

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 20/04/2017 - 07:59

As ek my skootrekenaar op 'n TV tray in die tent 'n kantoor kan noem, dan is ek ook al daar.laugh  Dusty, ek het dit dikwels in my lewe gedoen.  As ek wakker word en nie weer kan slaap nie, opgestaan en vroeër gaan werk.

Ek het met 'n seer heup wakker geword vanoggend.  Iewers in die nag verkeerd gelê.  Eintlik moet ek nou gaan stap maar ek sit nog te lekker.

Lennie, die damme raak nou vir ons Kapenaars 'n groot bekommernis.  Ons het iets in die 30% en ook gehoor die laaste 10% nie bruikbaar nie.   Ons glo die winter gaan vir ons genoeg reën bring om die damme weer vol te maak.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 20/04/2017 - 08:02

Nes Voortrekker, wil ek graag hoor hoe Frans en Linda se besoek aan die dokter afgeloop het.  Hul sou hoor of en wanneer 'n operasie gedoen kan word.   Dalk het hulle gisteraand daar oorgeslaap?    Laat weet ons asb Frans.

0

Voorie, dankie, ek neem gou slukkie so in  die hardloop!!

Ons gedaan na gister se "outing", die stadsverkeer is maar gaggas!!!

N12 se padwerke op snelweg nagmerrie as jy laat middag terugkeer, amper 45minute op seker 5 0f 6 km!!

Wat die ander goed aanbetref, dit gaan nog rukkie neem voordat Ma geopereer sal kan word vir rug, eers ander "major"operasie moet kry!!

Freda, ek sal per e-pos verduidelik, wil nie hier te veel persoonlike dinge uitlaat.

Baie dankie vir die belangstelling Anton, sal later ook vir jou e-pos stuur!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/04/2017 - 08:19

Frans, gegewe jou kommentaar oor die padwerke op die N12 hierbo, jou kommentaar asseblief :-

Ons ry more (Vrydag) Pretoria toe (sonder woonwa) en ry gewoonlik met die N12 oor Kimberley.  Het oorweeg om eerder die N1 oor Bloemfontein te neem vir 'n verandering, maar gegewe die Angus Bucan storie in Bloemfontein die naweek, gaan ons maar liewer weer die N12 aanpak.  Ons ry nooit tot in Johannesburg nie en draai maar altyd af na Randfontein en Krugersdorp tot in Pretoria.

Waar presies is die padwerke waarna jy verwys ?

Sterkte met al die krankhede  -  oudword is nie vir sissies nie !

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 20/04/2017 - 09:08

Len, die padwerke waarvan ek praat is op snelweg as jy uit Pretoria af ry rigting Krugersdorp, as ek moet beduie, omtrent waar daardie "nedersetting"aan linkerkant van Suidelike snelweg is, net as jy nou Petoorsdorp verlaat, maar effe voor jy die vulstasies weerskant van die pad kry.  Ekskuus, moes eintlik N14 wees

Dit skep probleem na 4nm, wanneer die pad besig is, die 2 bane vernou na 1 baan, links of regs, afhangende van watter baan hulle an werk, Smaak my hulle doen groot gedeelte van beide bae heeltemaal oor.

Ons het so 3 weke terug vroeër daar gery, en nie die bottelnek ondervind nie. Ek dink daar is nog effe werke tussen Wolmaransstad en Klerksdorp, ek weet nie presies waar nie, maar blykbaar is dit nie groot vertragings nie.

Wat die kranklikhede aanbetref, JA, dit is maar 'n ding!!!!

 

NS Kyk Korreksie boontoe, eintlik N14

0
Centurion

Dusty

Fri, 21/04/2017 - 04:24

Goeie more almal,

Vrydag. Die week het gevlieg.

Tee is voor my op die tafel en die koffie is aan die gang.

Lekker naweek vir elkeen en geniet ook die dag.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 21/04/2017 - 07:09

More Dusty en al die ander.   Dusty, ek is bly om te hoor nog iemand drink eers 'n teetjie en daarna koffie.  Ek is ook nou besig met my tee.smiley    Ja, die naweek is alweer hier.  Ons maand by Cannon Rocks is so te sê verby.   Sondag gaan ons oppak en Maandag ry ons.

Lekker dag vir almal.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 21/04/2017 - 07:10

More More

Geniet julle dag

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 21/04/2017 - 08:22

Dagsê, ekke bietjie laat vandag, MAAR: So What!!!!

Dankie, ek kry koffietjie!!!

.

Lekker dag!

Freda, ek sal later e-pos skryf vir jou!

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 21/04/2017 - 09:17

Goeie more almal!  Ek id ook so bietjie laat vanoggend.  Laas naweek het ons geskuif van somer na amper-winter en sukkel ek om uit die lekker warm bed te kom so vroeg in die oggend.

Ek het darem 8:30 op kantoor gekom en geniet nou my eerste kantoor koffietjie vir die dag.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 21/04/2017 - 19:13

Koffiedrinkers en andere! Ek groet tot verdere kennisgewing. Nee, Ek is nie moerig nie, my hoofrekenaar vanmiddag " omgeneuk" , gegroet, koebaai gesê, hopelik kry Ek more iemand om die ding weer "op te start" . Ek en hierdie tablet net nie veel in gemeen nie!

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 22/04/2017 - 07:53

Dankie ek kry op hierdie winters oggend

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 22/04/2017 - 07:56

In reply to by Harry Du Randt

Baie geluk Harry.   Hoop jy het 'n wonderlike dag en ek wens jou vele meer toe.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 22/04/2017 - 07:59

Hoop almal het lekker geslaap en is lus vir die Saterdag.   Dit is 'n pragtige dag hier by Cannon Rocks.   Gaan nou my koffie maak.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 23/04/2017 - 06:44

Goeie more!    Dag ek gaan lekker le en slaap tot ten minste 7am (wat vir my laat is), maar hierdie klein Jovan, nou 1jr 5mnde besluit toe 6:15 dat dit 'n nuwe dag is en pappa moet saam met hom begin.

"Ok Jovan, gee pappa net kans om ook wakker te word, laat ek eers 'n koffie maak en 'n teetjie vir jou" heart

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 23/04/2017 - 07:43

Lekker drink klein Jovan sy teetjie, maar was nie 5 minute nie.  "verbeel ek my of ruik ek 'n garnaal?"   Nou is dit eers 'n speletjie om hom te vang om sy doek te ruil -  'n mooi ene wat hy so vroeg in die oggend vir sy pappa maak.   Doek geruil, hande gewas en toe is dit "pappa nanna"  Ok, soek jy 'n pappie my skatlam.   Maak ek vir hom 'n lekker strawberry gegeerde kits mieliepap en volgens roetine word die voordeur oopgemaak  sodat ons 'n lekker vars oggend uitsig het terwyl hy sy pap eet - pappa kry vanoggend sommer 'n paar pap-soentjies ook so tussen deur.

Pap klaar toe is hy weer by die kos kas.  Pappa, nanna, koek.   "soek jy 'n koekie my poekie?" Gee ek gou vir hom 'n lemon cream.    Ek het nou vir hom Jan de Wet se Loflaaities opgesit, (hy love musiek) nou sit hy hier langs my terwys ek tik en speel met die PC muis.   Mamma en ouboet le nog lekker snoesig bo en slaap.

Dink dit is tyd vir 'n 2de bekertjie koffie.

btnp

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus