Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 minutes ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -28 minutes ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -49 minutes ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 15/10/2017 - 09:07

En Hi aan Arie!

Dankie Dusty.   Ek is klaar gepak, Colin nog nie.   Dit is net bietjie koud op die oomblik, ons het gehoop die weer gaan nou al warmer wees.   Daar word ligte reën vir more oggend voorspel, ons sal maar by die huis bly tot dit opklaar.  Ons is gelukkig minder as 'n uur se ry van Van Stadens af.

Julle moet almal jul Sondag geniet.   

Voortrekker, kom veilig tuis!

0
Centurion

Dusty

Mon, 16/10/2017 - 04:56

Goeie more.

Tee gemaak en sit nou en tee drink. sal nou nou op grondvloer gaan koffie maak. Kollega wat meeste van die tyd koffie het vir die week by die see gaan kamp.

Freda, jy moet die weer dophou. Sien daar is woeste reen vir julle vir vandag en more voorspel.

Lekker dag vir almal

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 16/10/2017 - 05:59

More almal.

Freda julle moet mooi ry en lekker kamp opslaan.

Lekker dag vir almal!

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 16/10/2017 - 06:42

Hi,hi.

Auntie Frieps, julle moet maar jul duikpakke en swem vlerkies reg hou.

Sien julle kan dalk so mm of 40 watertnies kry?

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 16/10/2017 - 07:23

Daar is bietjie wolke by ons maar ook blou lug.  Mens weet nou gladnie of dit later gaan reën nie.   As dit vandag gaan reën kan ons maklik more eers gaan, as mens 30 nagte staan maak dit nie saak nie.  Ons het nie nodig om in die reën te gaan opslaan nie.  Daar was al baie keer reën voorspel by ons en dan kom daar niks.

Wel, dis Maandag.  Ek hoop almal het 'n goeie week.

0

Voorie, julle ry ook mos vandag, wees veilig op die pad en kom heel terug.

Sien daar is nog inskrywings vir die Wen.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 16/10/2017 - 07:54

More almal ook terug van Koro Koro sal weer prober fotos laai na werk het so paar op watts up groepe wel gestuur dit was lekke puik oord vriendelike beholp saam bestuur lekke om weer te gesels sterkte vir almal en die koffie loop soos stroop

0
Meyerton

Segekok

Mon, 16/10/2017 - 08:25

More aan Almal.  Lekker dag vir almal.

Julle moet maar verskoon as ek nie nou baie hier tesiene is nie.  Ek is baie besig by die werk en kry nie baie tyd om hier te kom kuier nie.

 

 

0
Centurion

Dusty

Tue, 17/10/2017 - 04:48

Goeie more almal.

Uitgespaar vir nog 'n dag.Sit klaar en tee drink.

Lekker dag vir elkeen

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 17/10/2017 - 06:53

Hi.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 17/10/2017 - 06:57

Helo helo

Lekker dag vir almal.  Vanoggend drink ek tee

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 17/10/2017 - 07:42

Helaas, ek skryf vanuit my huis, uit 'n lekker nat en koue Port Elizabeth.  Ons het gister Van Stadens gebel en gereël dat ons more eers sal ingaan vir die 30 nagte, dus 2 dae langer op die einde.  Dit het wel toe nie gister gereën nie maar dit was baie koud.  Vanoggend reën dit.  Die karavaan staan gepak hier buite, ons moes maar een of twee goedjies weer gaan uithaal.

Ons is egter baie dankbaar vir die water wat so val, wens dit geensins weg nie.  

Ek wonder sommer hoekom Len so stil is.   Ons het nou vir 'n tydjie nie van hom gehoor nie, of is ek verkeerd?

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 17/10/2017 - 08:36

Julle almal moet n gat skop dag he koffie loop soos stroop

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/10/2017 - 08:57

Goeie môre Freda en ook die ander wat hier lees !

Ja, ek is darem nog hier rond, was net lekker doenig hierdie week met 'n self opgelegde projekkie om 'n watertenk hier by ons huis op te sit.  Gegewe die skaarste van reën probeer ek maar om die bietjie reënwater op te vang.  Ons het eergister 3mm reën gehad en gister weer 6mm, die tenk het nou 350 liter water in !

Die tweede rede vir die tenk is dat Auntie Pat (Patricia de Lille ons burgemeester) het aangekondig dat die Stad Kaapstad met beurt-water gaan begin en ek moet dus gereed maak om as dit ons beurt is, dat ons ongestoord water in die huis sal hê.  Ek het dus ook 'n pomp geïnstalleer wat aan die huis-sisteem gekoppel word en dan outomaties sal aanskakel as 'n huiskraan iewers oopgemaak word of 'n toilet gespoel word.  Dit reën mos maar min in die somer in die Kaap en as die tenk leeg is, sal ek maar munisipale water "leen" om voldoende water in die tenk te hê wanneer Auntie Pat ons water afsny.

Ek het dus hierdie week loodgieter en elektrisiën gespeel want ek moes krag aanlê om die pomp te laat werk.

So lyk die tenk en pomp na installasie..

.

0
Meyerton

Segekok

Tue, 17/10/2017 - 09:15

More Almal. Lekker dag vir almal.

 

Len dit is lekker om so n tekn te hê.  Ek is gelukkig dat ek n boorgat ook het en as ons tenk begin leeg raak kan ek hop sommer met die boorgat water opvul.

Ek het net n klein vragie.  Het jy n eenrigting klep in jou systeem ingesit sodat die water nie na die na  Auntie Pat toe gestuur word nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/10/2017 - 13:16

Deon, nee ek het nie 'n eenrigting klep ingesit nie omdat my hooftoevoerpyp lê oral onder sement-plaveisel wat ek nie graag wil opkap nie.  Maar om die probleem te oorbrug sal ek die munisipale stopkraan toedraai wanneer ons beurt-water het.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 17/10/2017 - 19:11

Baie netjies Len, ja ek stem saam met jou siening ivm die oplig van plaveisel, dit kom net nooit weer so netjies terug nie.

Ek het 'n 210l plastiek olie drom wat ondef die afdak water opvang, 10mm reen, en dit is vol.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus