Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bygelowig Geert - Ballito Geert -40 minutes ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -3 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -5 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -5 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 24/11/2022 - 19:11

Chris,

Terloops - dit is al op die forum verduidelik, maar hoe doen mens daai "skakel" ding, waar jy net op die blou "skakel" kan druk om na die betrokke webblad geneem te word? Verduidelik weer 'n bietjie vir die ouballie.

Tik jou storie, tik dan die naam wat jy die skakel wil noem.  

"Copy" die web adres.

 "Highlite" dan die naam en maak die ketting skakel (4de ikoon links bo) oop, "paste" dan die web adres in die URL en stoor dit.  Wat ek ook doen om die skakel meer duidelik maak is om die naam "bold" en "italic" te maak.

 

 

.

.

Skakel

Hoop dit help.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/11/2022 - 21:14

Daar is sandduine suid van die Kunene, maar nie Noord van die mond nie. Dit klink vir my, na wat Chris ons meedeel, So ly ek af, dat die seestrome Noord vloei van die Oranje, dus die sand duine, en dalkies het die Kunenerivier n teenwerk in op die stroom ??

Ek was nog net so 10 keer in Namibië, en nog nie diep in die Kaokoveld nie. Ook nie in die Richtersveld aan die SA kant nie. Ook nie in Angola nie. Namib Naukluft was ek amper elke keer, en ek is baie lief daarvoor. Etosha ook ‘n klompie kere, en dis weer ‘n ander soort mooi. Skedelkus net een keer, en nie baie diep in nie. Swakopmund en omstreke is lekker, maar dis baie kommersieël, en toe ek laas 10 jaar gelede daar was, het die mynbedrywighede die omgewing (en die dorp) begin ontsier. Spitzkoppe is ek baie lief voor, al was ek nog net twee keer daar. Henties ken ek maar sleg, want ek is nie ‘n hengelaar nie. Dis ‘n wonderlike land, en daar is ‘n paar ander plekke tussenin soos Twyfelfontein en Namibrand wat hulle eie sjarme het. Palmwag was ek ook twee keer, en dis self baie spesiaal.
 

Daar is nog ‘n hele paar plekke wat ek wil besoek. Ai-ais het ek net ingery tot by die uitkykpunt en weer verder, Luderitz was ek nog glad nie, en uiteraard die Kaokoveld en nader aan die Botswana grens. Ek het eenkeer deur die Caprivi gery, maar nie werklik gestop nie, en my 35mm Pentax met lense en 6 maande se onontwikkelde film wat ek in Botswana geneem het is in Rundu gesteel terwyl ons brandstof ingegooi het. 
 

Maar ek dwaal verskriklik af met my wandel langs die geheuesingel. Ek weet nie genoeg om te verklaar waarom daar nie sand Noord van die Kunene is nie. Heel moontlik kry die Benguela stroom wat van Antarktika af voedingsryke koue water bring dit nie reg om die sand uit die Kalahari so ver te vervoer nie? Ek was ook nog nie daar (Kunene) om te weet hoe dit lyk nie. Dat dit ‘n vrek interessante land is wat vir seker die dieseluitgawe daarheen werd is (en dis goedkoper daar as hier, al word dit van hier af ingevoer) is nie altemit nie. En die Hansa Draught (geen verwantskap aan SAB se produk nie) is nie te versmaai nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 26/11/2022 - 08:44

Ek het bo-aan die gesprekslyn, onder die beskrywing wat altyd bo-aan staan, ‘n pdf dokument geplaas met inligting oor weerlig vir die wat belangstel. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 26/11/2022 - 15:11

Dankie Chris, dit is baie interesante lees stof en stof tot nadenkeyes

Ek sê altyd vir my vrou, as jy dit sien, of hoor, het dit jou gemis. Sy het 'n fobie oor swaar weer. Ek sê nie mens moet roekeloos wees nie, maar sowaar, jy hoef ook nie onder die bed in te klim nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 26/11/2022 - 17:24

Ek stem saam Johann. Maar as ek dink hoe ons in Pretoria tydens n donderstorm altyd sommer bv van ‘n kar na ‘n gebou of omgekeerd gehardloop het…

Na wat in Carletonville gebeur het en wat ek in die pdf geleer het, het ek nooit weer sulke kanse gevat nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 30/03/2023 - 19:22

Gister middag stap ek en my brakkie, ons normale roete en roetine. Sien ek n bidspringkaan wat met agterstewe in n gaatjie sit. Nog nooit so-iets gesien of gelees nie, die eierpakkies word teen takkies bo-gronds gele. Merk die plek en vanoggend gaan krap ek n saadpakkie uit.

Internet het geen inligiting nie, en ek skryf n briefie met fotos vir die Entomologiese society van SA. prof in Stellenbosch. Sy antwoord was dat hy dit ook nie geweet het of ooit teegekom het nie, en dankie vir die inligting.

bidspringkaan

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 19:27

Naand Herman

Ek hoop die Prof kom kuier vir jou. Ek hoop nie die ou was polite kort af soos jy dit laat klink nie. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 30/03/2023 - 19:32

En om n cherry op die koek te sit vir die dag, gaan krap ek in die grond om vir die Oker spesialis van Frankryk wat volgende maand hier  kom rondkrap fotos te stuur. Die man is in ekstase, en se daar is nou baie vrae .

Lyk my ek begin nou soos Wessel raak en hoop maar die maters geniet sulke twak.

klippe

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 30/03/2023 - 19:35

Ek weet dat bidsprinkane hulle eierpakkies normaalweg bogronds lê. Maar hierdie een (op die foto) is nogals 'n besonderse donker een - waarskynlik een of ander subspesie.

Nou hoop ek nie ek sê iets wat ek liewers nie moes sê nie. Maar ons het mos vir jare 'n bidsprinkaan 'n hotnotsgod genoem en toe moes die naam polities reggestel word. Ek dink bidsprinkaan is 'n baie beskrywende naam. Nietemin - my pa het, as hy van 'n hotnotsgod gepraat het, dit 'n outajesus genoem. Daar het ek dit nou gesê.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/03/2023 - 06:25

Môre Chris B en Herman

Ons voorvaders het die mees toepaslike benaminge gehad vir sekere diere en dinge. Ek ken 'n hotnosgod en nie geweet wat 'n bidspringkaan is nie.  Die outajesus is 'n pragtige omskrywing.

Herman: Ek moes nou eers gaan oplees wat "oker" is. Die Fransman se kom rondkrap, is dit by julle grond, of in verband met die grotte?? Jy moet tog meer vertel daarvan,  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 31/03/2023 - 09:46

...............waar gooi hierdie forum van ons draaie, van Fords, Mahindras, Toyotas, Kavangos (met slap vere) tot by hottentosgooie !

Ns.  Moet sê, min word gesê van Nissans, maar toegegee, hulle gee maar min moeilikheid.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 31/03/2023 - 14:06

Oker was gebruik vir die pigment in die verf van rotskuns. Dit kom in  aardse kleure, van geel tot rooi, en nou praat ek van wat hier by my is, en ek al op rotskuns en potskerwe gesien het.

Die wit kleur kom van kaolinite af, wat ook hier by my te vinde is.

En dit is sover my kennis strek, maar daar is lekker leesstof oor die bindmiddels etc. Dink net hoe oud is dit al, en het baie goed bewaar gebly.

Die Fransman gaan ek glo  is of Phd of op pad, en stel , glo ek, meer ondersoek in na die chemie as die kleurindecision. Dalk n paar van Wessel se isotope ook bedink !!! Die mense praat maar in tale. Hy sal my seker n klomp goed vertel, en as ek enigsins kan sin maak sal ek kom raporteer.

Het by n vorige "season" met die Dr wat die bedryf wat ek gebou het vir hulle om die stof mee te was, paar lekker geselsies gehad. Praat sy hier op n kol van parenchyma!!!!Gelukkig kon sy sien sy slaan my uit soos n kers, en het toe verduidelik. Moet erken, ek geniet die klomp akademici vreeslik baie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/03/2023 - 15:48

Middag Herman

Het die lot Franse al die oker met verskillende kleure, chemies ontleed. Die element samestelling kan sekerlik baie insiggewend wees. 

Die drie ysteroksied tipes is voolgens oksidasiegetal beperkings die volgende

FeO , Fe2O3 en dan Fe3O4

Laasgenoemde staan ook bekend as spinelle en kan beskou word as 'n kombinasie van  FeO en Fe2O3. 

Vra bietjie watter tegnieke hulle vir analises gebruik, byvoorbeeld

AUGER kan element samestelling van die stof gee

ESCA staan vir Electron Spectroscopy for Chemical Analysis Die tegniek is uiters geskik om tussen verskillende chemiese vorme te onderskei.

Die kleure kan seker ook toegeskryf word aan verskillende ander spoorelemente wat in lae konsentrasies in die oker teenwoordig is.

Jy is omtrent met interressante dinge/projekte besig.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 31/03/2023 - 17:22

Hulle land die naweek waneer ons terugkom van die woestyn Wessel. Sal by hom die dinge hoor,

Ja , ek geniet waarmee ek doenig is, en dit help om so bietjie stimulasie van gehalte te kry. Al verstaan ek min van die dinge buite my veld, gee dit my iets om aan te dink, en so bietjie op te lees en so aan die gang te bly.

Jy moet kyk of daar nie by julle n "University of the 3rd age"groep is nie. Jy sal dit beslis geniet.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 09/05/2023 - 12:54

Na aanleiding van die debat oor die dood van “probleem” diere op Oom Len se gesprekslyn oor ape en bobbejane by piekniekplekke en in kampe in bewaarde gebiede die volgende:

Daar is ‘n teorie, dat net spesies wat kan aanpas by menslike teenwoordigheid uiteindelik gaan oorbly. Neem bv ‘n leeu. Dit kan nie  in harmonie met mense saamleef nie. Afgesien van gevaar vir mense lewens, kan leeus bv beeste vang en vreet en kommersiële skade aanrig. Kyk maar hoe skiet en vergiftig veeboere jakkalse en rooikatte. Luiperds ook. 

Aan die ander kant, is daar spesies wat floreer waar daar mense woon. Dink bv aan kraaie, rotte en duiwe. Hulle is meer as gelukkig om naby mense te woon, want ons skep vir hulle habitat en los kos agter vir hulle. Wie het nog nie gesukkel met ‘n kransduif wat nesmaak in ‘n gebou en die plek bemors nie?

Eintlik is dit maar natural selection. Die spesies wat nie met ons kan saamleef nie, omdat ons of hulle fisies doodmaak, of hulle habitat en voedselbronne vernietig,sterf plaaslik uit. Dit maak nie saak waar jy tans woon nie, tensy dit in ‘n nasionale park is, was daar talle spesies wat wild voorgekom het voor jou nedersetting daar was wat lankal nie meer daar voorkom nie en dus plaaslik uitgesterf het. 

Net so, is daar spesies wat nie voorheen daar voorgekom het nie, wat agter mense aan getrek het. Tarentale en hadidas het bv nooit in die Wes-Kaap voorgekom nie. Nou is hulle wyd verspreid hier. ‘n Buurt met grasperke is die perfekte habitat vir hadedas. Fynbos en selfs onversteurde hoëveld is egter nie geskikte habitat vir hulle nie. 

Om terug te kom na die debat oor die dood van “probleem” diere. Ek glo darem nie enige spesie sal agv daarvan plaaslik uitsterf in ‘n bewaarde gebied soos die Kruger wildtuin nie. Maar die laaste blou apies in die Apiesrivier (waar dink julle kom die naam vandaan?) in Pretoria is bv lankal weg (en dus plaaslik uitgesterf). 

Daar is baie ander spesies soos olifante, seekoeie, buffels, roofdiere ens ens ens wat nie buite bewaarde gebiede kan oorleef nie. Ons moet dus maar die gebiede koester en mooi oppas voor dit net ons, die kraaie, rotte en kakkerlakke is wat saam woon in ons nedersettings wat al hoe groter word. O, en natuurlik die duiwe…

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 09/05/2023 - 13:48

Dankie Chris, die teorie maak baie sin en die bewyse daarvan is orals om ons.  Dit is juis 'n baie goeie motivering hoekom ons nasionale parke so 'n waardevolle rol in hierdie en toekomstige eeue speel.  Nasionale parke het juis ten doel dat mense waardering moet hê vir die wildlewe en alles moontlik moet gedoen word dat mens en dier in harmonie kan saamleef in 'n wildpark.  Enige optrede van mens of dier wat hierdie harmonie vir die toekoms versteur, moet verwyder word.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 09/05/2023 - 14:13

Hier waar ons ook nou in 'n Nasionale Park is (Ebb & Flow), is dit wonderlik om in harmonie met die diere en voëls te wees. Hier loop bosbokke in die ruskamp rond, verskillende voëls is volop. Ons het al in die verlede selfs bosvarke as nagbesoekers gehad. Ek het vrede met hul almal. Maar ek soek nie primate wat my lewe kom versuur nie as ek met vakansie is nie. Ons het genoeg bobbejane wat van tyd tot tyd kom k@k aanjaag en alles in en om jou huis kom opneuk.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/05/2023 - 14:18

Middag vriende

Sien nounet in Maroela die berig oor die stroper wat al die 1st keer in 2015 gevang is. Hy is nou vir die 3de keer gevang. Dis nou nadat hy  twee keer op borgtog uitgelaat is, en dan verdwyn!!!

Hoe verklaar mens dit, ons regstelsel is seker maar ook korrup en omkoopbaar in sekere howe.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 09/05/2023 - 16:25

........... en die korrupsie wat daarmee saamgaan : dis 'n ramp !

As daar nou ooit 'n voorbeeld was van die uitwissing van 'n spesie deur mense, dan is dit hierdie kanker in ons midde.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus