Wie gebruik nog die braaimat?
Ek was maar bra skepties toe ek die ding vir Vadersdag kry en toe maar besluit om hom te toets.
Ek het sedertdien nog nie weer sonder hom gebraai nie. Die mat gee vleis daai gebraaide tekstuur en jou sousies brand nie aan nie. Vir die eerste maal was hoender braai ook 'n sukses.
Ek het hom ook nou die naweek weer gebruik om braaibroodjies te maak en dit was A klas.
Volgende poging gaan roerbraai wees.
My seun het laasjaar vir my…
My seun het laasjaar vir my en gekoop by n vlooimark, ek is ook baie beindruk met die ding, werk soos n bom!
Ek het nog nooit daarvan…
Ek het nog nooit daarvan gehoor nie, wil ook graag meer weet. Ek hou baie van gemarineerde vleis maar my ander helfte glo altyd dit brand aan en is nie baie entoesiasties om dit te braai nie.
Ek het nog nooit daarvan…
Ek het nog nooit daarvan gehoor nie
ek ook nie en is baie nuuskierig om te sien -
Ook nuuskierig
Ek sal ook graag die afere wil sien asb, dit klink my mos na iets ouliks.
Het iemand dalk n foto van…
Het iemand dalk n foto van die braaimat?
Smaak die vleis nog steeds…
Smaak die vleis nog steeds na braaivleis wat op kole gedoen is?
Dis die eerste keer in my…
Dis die eerste keer in my lewe dat ek so n ding sien????
Lyk nogal volksvreemd.
Ek braai nie vleis op die…
Ek braai nie vleis op die mat nie, gebruik dit vir gebakte eiers op die kole, plaat koekies, eierbrood en so.
Maar die wat ek die meeste voor gebruik is vir snoek, ander vis, kreef, pawns en sulke goed. Jy kry darem so rokerige smaak.
Die mat kan opgerol word, maak baie maklike skoon ( teflon) enwerk eintlik baie lekker.
Sal dit nou dieselfde wees…
Sal dit nou dieselfde wees as Verimark se Grill Mat dan gaan ek Dinsdag Makro toe.
Verimark sn is bietjie aan…
Verimark sn is bietjie aan die kleiner kant. Ek het by die winkel tussen Karidene en Natalia 2 lekker grotes gekoop.
Ek ja, die vleis het nog steeds daai lekker gebraaide smaak
Sien dit is by Outdoor…
Sien dit is by Outdoor Warehouse te koop vir R110.00. 500mmx400mm
Dankie vir die foto's. Het…
Dankie vir die foto's. Het dit al gesien maar gedink dit gaan nie werk nie.
Ek sal nie my vleis op so…
Ek sal nie my vleis op so ding braai nie dankie







Stephan…
Stephan
Plaas vir ons 'n foto van die ding asb.