Tiger Wheel &Tyre
Middag Leeutemmer, Tiger Wheel and Tyre het hierdie vir R995 per band.
4 SUV's ...
Wessel miskien nie die regte gespreklyn nie ? 🤷♂️
Die Toy ouens gaan sê "I told you" maar moet nie dit miskyk nie want hy het 'n opgradeerde suspensie en groter bande as standaard.
Dit maak my seer...
Middag Willem
....om te kyk hoe mense voertuie verniel. Wel, dis nou maar my opinie.
Dit bly my egter verstom tot wat 4x4 voertuie, ongeag fabrikaat in staat is. Dan net so verstommend dat bande daardie marteling kan oorleef.
Dit maak my seer ...
Beslis,
Maar sal nooit dit aan enige van my voertuie doen nie. Dit is volgens my plynweg 💩 soek en onodig.
4x4 versus AWD
Môre vriende
Aangesien ek mos 'n "stoepsitter" is, het ek baie tyd, en ek kan dit spandeer aan soms onbenullige tegniese inligting. Ek het weer 'n boek,
Weg Ry & Sleep van Oktober 2017 gaan opgrawe, en aandagtig die artikel oor 4x4, en AWD gelees. Die uitgawe waarna ek verwys , is nr 3.
Daar word breedvoerig verduidelik die begrippe, permanente viertrek, deeltydse viertrek en Alle Wiel Aandrywing.
1] Permanente viertrek: sulke voertuie het 3 ewenaars, heeltemal korrek en soos Chris S verduidelik het. In meeste gevalle kan die sentrale ewenaar gesluit word vir 'n 50/50 krag verdeling na voor en agter. 'n Laestrek ratkas mag dalk ontbreek.
2] Deeltydse viertrek: hier is NIE 'n sentrale ewenaar nie. Dit word vervang met 'n oordragkas. Indien jy 4x4 benodig, skakel jy die kas aan, en 'n band of ketting laat die voorste en agterste dryfaste 100% saamdraai. Daarom kan dit nie op harde oppervlakke gebruik word nie. In die algemeen het hierdie tipe voertuie ook 'n laestrek ratkas, wat die ratverhoudings maklik met 'n ekstra faktor van 2.5 verander\toevoeg. Dit is waarom mens 'n vinnige 4x4 opsie het, maar ook 'n kruip [stadige] 4x4 opsie het, as die laestrek ratkas ook gekoppel is.
3] AWD: Al 4 wiele word "magies" aangedryf. Die groot verskil volgens die artikel is dat 'n AWD nie 'n sentrale ewenaarslot en laestrekratte het nie. Ek lei dus af dat dit tog erens, dalk in die ratkas- omhulsel self 'n ewenaar moet hê om krag na die 4 wiele te verdeel. Die gepaardgaande skets toon geen sentrale ewenaar, soos in die geval van 'n permanente 4x4 nie.
Moontlik is dit die subtiele rede waarom Willem sê dat sy Territory AWD handleiding aanbeveel dat al 4 bande gelyk vervang moet word.
Wat die ander 4x4 's aanbetref, is ek oortuig, net soos Chris S dat dit nie nodig is nie.
Daarom is daar 'n spreekwoord, lees die verdomde handleiding van jou voertuig.
Deesdae is die opsies op voertuie net te legio om 'n enkel toepassing te bied.
Dankie vir die navorsing
Dis goed om te weet. Ek het nog nooit ‘n AWD kar besit nie.





Nankang???
Middag Leeutemmer
Ek het hier in 2002 Nankangs op my Palma gesit. 'n Jaar later kry ek band probleme, en Supa Quick in Warmbad vra my waar kom ek aan die gemors. Ek vertel hom toe by Supa Quick-Brits.
Sy antwoord was: ons mag dit nie eintlik verkoop nie, die bande kan nie plaaslike paaie en warm padtemperature hanteer nie.
Nodeloos om te sê, ek het beide net daar vervang met Firestone CV2000.
Ek vertel dit sodat julle kennis neem van die risikos verbonde aan volksvreemde bande.
Groete.