Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Koud November 2026 Geert -3 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Ek geniet ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Wessel Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Koue in Sedgefield November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Jan... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Profiel van kampeerders

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Ek het sommer vanoggend so bietjie rondgebel vir woonwa pryse. Wel ek is terug van die hospitaal af, mensig die pryse vir nuwes is erg.

Nou wonder ek, hoe lyk vandag se kampeerders in terme van;

ouderdom, inkomste gradering

kamp hulle met tente, boswaentjies, woonwaens of luukse padwaens.

Waar begin 'n jong gesin wat hulle wil inrig vir kampering, dis bogenoemde en dan nog geskikte sleepvoertuig. Selfs gebruikte voertuie en woonwaens is na my mening duur.

Ek sien iemand adverteer 'n 2016 Kavango vir kR320, en ek bel toe om 'n nuwe se prys te kry, om te vergelyk. Dis toe ek van die my stoel val, 'n nuwe is nou kR540. Dit is nie omdat Echo buitensporig duur is nie, dis die gemiddelde prys vir daardie tipe boswa, ongeag die verskillende fabrikate/verskaffers.

Dit het my laat dink, waarmee begin 'n beginner vandag. Ek weet wel waarmee ek gaan klaarmaak, maar met wat ek tans het het.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 17/02/2023 - 12:50

Ja Wessel, kamp raak duur, nie net karavaan pryse nie, maar oord tariewe ook. Ek sien daar is oorde in Natal waar tariewe by die R2000 per nag draai vir Desember....wat kry jy? 10x10 stuk grond (nie eers gras of paving nie) 1x kragpunt en n kraan wat jy met 4x staanplekke moet deel. Rakende karavaan pryse in SA donk ek ons eie vervaardigers is buitesporig. Vergelyk maar die luukse Swift karavane wat vanaf Engeland ingevoer word...hulle word met Britse pond aangekoop, wat is ons ZAR werd teen hul eenheid. Dan pas daar net 1x karavaan in n groot container wat hiernatoe verskeep moet word, van hawe moet container na Gauteng verskeep word, dan nog nie eers gepraat van alle belastings betrokke by aankoop en invoer nie. Dan word hulle hier bemark teen n kompeterende prys vergelyke met ons karavane met baie keer die cheapste yskas en toerusting in. Ek was eergister by Pretoria Karavane...sien die hele reeks nuwe Jurgens/Leefek reeks is op groot afslag en boonop dit gratis movers en aircon. Dit vertel my dat publiek dit nie koop nie vandaar die groot afslag wat aangebied word met daai freebies wat seker ook al oor die R30k werd is. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/02/2023 - 14:47

Ek is dit eens met Geert dat karavane (en ander kamptoerusting) heeltemal overpriced is. Ja, daar is ekonomie van skaal en baie dinge wat met die hand gedoen word en nie op grootmaat nie. Maar volgens ‘n artikel op MM gister is 44% van ‘n nuwe voertuig se prys belasting. Of dit net op gemotoriseerde voertuie van toepassing is weet ek nie, maar veral as dit nie op sleepgoed van toepassing is nie is die goed buitensporig duur. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 17/02/2023 - 22:04

So kamp ek :- 

  • Ons kamp al 53 jaar sedert ons getroud is, maar nog altyd met 'n teerpad-karavaan
  • Ons huidige karavaan is 17 jaar oud en het gelukkig in 2006 R150 000, 2de hands gekos
  • Ons het oor die jare talle verbeterings aangebring en hy pas tans ons behoeftes soos 'n handskoen
  • Ons is albei 70-plus en het dus nie meer talle kamp-jare oor nie  -  hierdie is dus ons laaste karavaan
  • Ons sleepvoertuig is 10 jaar gelede nuut gekoop en het tans 114 000km afgelê  -  dit het ons nog nooit in die steek gelaat nie en ons het al die hele Suid-Afrika probleemvry daarmee gesleep.
  • Ons hou van see-vakansies, maar geniet ons nasionale wildtuine baie.  In die Wildtuine slaan ons net die stoeptent met sykante op en by die see waar ons langer op een plek staan slaan ons die voltent op.  Met die voltent sorg ek dat ons hulp het met die opslaan
  • Brandstof- en kampeerkoste het aansienlik gestyg en gevolglik kamp ons minder en nader aan die huis.  Ons kamp deurgaans in nie-piek tye om die nodige afslag te benut.
0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/02/2023 - 06:34

Môre Len en ander lesers

Len het raak gelees waaragter ek was met die gesprek, dus gee ek ook my profiel.

1] ek is afgetree, en word 67 die jaar, die beterhelfte is so rapsie ouer

2] ek kamp al sedert 1995, en het begin met 'n Fleetline XL wat nuut R37500 gekos het. Soos die 3 kinders uit die woonwa beweeg het na "add a rooms", het ons oorgeslaan na 'n Palma toe. Die was 'n gebruikte wa wat my R65000 gekos het in 2002. In 2018 weens  woning verandering, het ek die gebruikte Kavango gekoop teen 'n absurde prys van kR320. Kampeer wil ons kampeerlaugh

3] Soos al voorheen genoem, begin sleep met 'n Astra, daarna 'n Isuzu 260DC, 'n Territory, 'n 2.7 Hilux DC, en tans 'n 2.4 Hilux DC. Die Territory en eerste Hilux was ook gebruikte voertuie. 

4] Hoewel ons 'n Kavango het, word dit hoofsaaklik as 'n padwa gebruik. Dit was gekoop omrede dit kompak is, en reeds met 'n klomp ekstras toegerus was. Ons het voor die aankoop van die laaste Hilux besluit dat ons nie ernstig " 4x4" kampeerders is nie, en dus is Grompie net 'n 4x2 bakkie. Ten minste kan ons darem Noord Wes se teerpaaie, redelike grondpaaie baasraak.  

5] Met groot genade is ons skuldloos, en uiteraard afgetree. Hoewel ek nog met groot belangstelling na nuwe voertuie en woonwaens kyk, sal dit seker maar daarby bly. Hopenlik is Grompie en die Kavango die vakansie middele waarmee ons sal klaarmaak. Met die kostes van voertuie en woonwaens, en aantal jare vir kampeer oor, maak dit nie vir my finansieel sin om op te gradeer nie.

6] Aangesien dit net ek en Marie is, is uitstappies deesdae gefokus op wildtuine. Binnelandse- en kus oorde word slegs besoek as 'n oornaf fasiliteit, oppad na 'n eind bestemming.    

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 18/02/2023 - 08:46

Ons het begin kamp in 1970 toe ek vir die Spoorweë gewerk het en het deur die Kruger getrek en al die ou spoorweg stasies se elektrisiteit ontkoppel. Vir die wat nog kan onthou die spoorlyn het van Komatipoort deur die Kruger geloop na Phalaborwa. Dit is verwyder en loop nou van Kaapmuiden al langs die Kruger. 

Ons het in 'n ou blink aluminium Gypsey met die spits dakkie gekamp en het die karavaan vir R400.00 gekoop. Die wa met 'n Fiat 1500 gesleep. Later toe ons Nelspruit toe trek die wa vir R400.00 verkoop. In 1975 'n Tour-a- Way  opvou wa gekoop vir R1500.00 en die gesleep met Hillman Vogue. 

In 1979 koop ek 'n wit Jurgens met die twee deure vir R5000.00 en sleep dit met 'n Kombi met 'n Ford V6 enjin. Die verkoop in 1990. 

My vrou is oorlede en het toe vir jare net in tente gekamp. Weet alles van goedkoop tente en afblaas matrasse. 

In 2010 ontmoet ek vir Elmarie en koop ons eers 'n Sprite Scout vir R55000.00 en in later die Swing vir R100,000.00. Sleep altwee eers met Landrover Freelander en van 1918 af met ons huidige Ranger. Swing verkoop in 2022 aan Webuycars vir R90,000.00. 

Huidige wa is die 2009 Classique wat ons gekoop het vir R160,000.00 en is baie gelukkig met hom. Met my ouderdom in die sewentigs en Elmarie wat in Mei aftree is dit ons laaste karavaan en beplan ons om van Julie af vir 'n jaar lank te toer. Heelwat aan die wa spandeer om dit vir ons gerieflik te maak. 

Ons kinders kamp almal met ou karavane en tente en met al my goed wat ek oor die jare onnodig gekoop en aan hulle gegee het. Al my waens was gebruikte woonwaens en was tevrede met almal. Behoeftes her net oor die jare verander.

 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 18/02/2023 - 09:59

Karavane nuut is baie duur dis hoekom die jong gesin deesdae meer na die 2 handse mark kyk en koop bygese die 2 handse mark raak ook nou duur en alles gepaart met kamp raak ook duur maar kamp sal die mollers van secunda kamp

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/02/2023 - 10:43

Môre vriende

Behoeftes wat verander speel altyd en rol. Solank as wat mens jonk is, en verseker is van 'n inkomste, kan mens met goeie beplanning aanpas daarby.

Wat se raad gee mens aan kampeer beginners? Dis baie moeilik want almal se omstandighede verskil. Komende van 'n afgetrede salaristrekker, sal ek beginners aanraai om;

1] binne julle finansiele vermoë te bly met voertuie, waens en toerusting

2] indien moontlik besluit vroeg oor wat se tipe kampeerder julle wil wees. Harde 4x4 kampe, bos-woonwa tipe of gemaklike teerpadpadwa bestemmings. Daarvolgens begin dan om toerusting aan te skaf.

3] dan kom die hoender en eier probleem. Koop mens eers die sleepvoertuig en soek dan die wa wat gewig-gewys daarby pas. OF besluit en koop mens eers die wa, en dan die geskikte sleepvoertuig. 

Gelukkig is die jongmense wat hulle lewe voor het, en mettertyd kan opgradeer totdat hulle eindig met hulle laaste voertuie en waens. 

  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 18/02/2023 - 18:10

Vind die gesprekslyn nogal amusant! Klomp ou omies wat (1) kla oor die pryse van nuwe karavane en (2) wonder waarom die jongklomp nie veel ooghare vir kamp het nie. Die realiteit is, dink ek, dat hulle meestal te besig met hulle loopbane en geld maak, en gesien die klomp R1m plus voertuie wat hier in my omgewing rond ry nie juis gepla sal wees deur nuwe karavane se pryse nie, sou hulle die wou koop. Dit is bloot dat hulle belangstellings elders is. Die wat (af en toe) kamp is heel gelukkig met 'n tent opset (niks met prys te make nie) maar verkies om eerder in chalets (die luukser weergawes) vakansie te hou of eerder oorsee te gaan vir vakansies. In alle geval ek dink nie die jonger garde lees juis hier nie? Soos die Ingelse dit het, "preaching for the converted"devil In tussentyd is die ou omie steeds heel gelukkig met sy '95 Fleetline L, in '99 vir R37k aangeskaf....

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 18/02/2023 - 20:08

Ek onthou iets van ek het dit al geplaas en ja hier is dit, skakel.

En hier is my eerste kamp skakel.

Dis nou wel lank terug geplaas. 🤔🤫😉

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/02/2023 - 06:27

Môre GW en ander

Jy noem hier 'n interessante feit/opmerkings;

1] jongmense is besig met geldmaak en loopbane

2] nie eintlik kampeer as met vakansie is nie

3] moontlik nie probleem met woonwa pryse en/of skuld het nie.

Ek sal nou 'n punt maak om na die kampeerders om my te kyk, na die ouderdom en waarmee hulle kamp. Hoewel ek buite seisoen kampeer, behoort daar mense met nie skoolgaande kinders ook te kan wees.

Jou heel laaste opmerking laat my wonder, wat is die ouderdomsverspreiding van forum lede en lesers. Die spesie wat letterlik aan die uitsterf is.laugh Ons gemeenskaplike vriend sê altyd----daar word nie net in ons bos gekap nie, dit byl kom al in die ry af.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 20/02/2023 - 09:42

Ek is al 'n paar jaar lank nie meer deel van die CP forum nie, lang storie. Ek loer af en toe in maar het geen behoefte om weer daar deel te vorm nie. Noudat ons so besorg is oor onse profiel  is dit interessant dat een van die lede daar reken dat die mense op hulle "opponerende" forum  maar vlakkerig is, ek haal aan: "Ek vind hulle geselsies (en ja, ek neem wel soms mee) uiters vervelig, en geensins in dieselfde trant en diepte as hierdie webwerf nie."  Wonder mos nou na watter "opponerende" forum verwys word? devil

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 20/02/2023 - 13:17

Sal ook graag wil weet.

Ek is al baie jare op CP se forum (toe was dit die enigste een) maar volgens hulle het en 20 Jan. 2003 eer aangesluit (dit kom na ek verban was en verwyder was).  Toe Willie nog geleef het en die baas daar was was dit 'n aangename forum maar van sy seun oorgevat het was dit anders.  Jy mag geensins Kampforum se naam daar noem nie dan word die gesprek verwyder en/of jy word geblok.

Van hulle my gevra het om terug te kom is ek ook bitter min op daai forum.  Daar is nou 'n klomp rugstekers en draad sitters.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 20/02/2023 - 14:16

Ek kan nie onthou wanneer laas ek op cp forum was nie, absoluut geen belangstelling van my kant in daai forum waar twee boere engels met mekaar sit en praat nie.

Laaste wat ek onthou, was juis 'n engels sprekende persoon wat 'n hoe ha gemaak het omdat hy in engels 'n vraag gevra het, en iemand dit gewaag het om hom in Afrikaans te antwoord.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 20/02/2023 - 14:27

Terug na die naam van die gesprekslyn, ek glo almal ken my profiel, ek is oor 70 en geniet steeds my kampering. Dit herlaai my baterye!!

My inkomste is nie om van huis toe te skryf nie, maar ons oorleef en kan steeds gereeld gaan kamp, met die diesel pryse, nou wel nie meer ver nie.

Ons kamp met 'n uiters luukse pad wa, okay, in my oë uiters luuks want dit is wat ek kon bekostig toe ek my laaste wa gekoop het.

My dogter het sopas hul eerste karavaan gekoop, 'n ou 1993 Penta. Daar is baie werk om te doen aan die wa, maar skoonseun se hande is fluks en hy gaan die wa heeltemal oor doen, daar is dus nog jong mense wat bereid is om onder ( amper 20 x goedkoper as nuut) te begin en op te werk.

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Mon, 20/02/2023 - 17:01

Goeie dag mede kampeerders. Ek sit nou en lees hierdie draad en kom tot die gevolgtrekking dat hier  n klomp armgat ou ooms is wat kamp (tong in die kies ). Dit sluit my natuurlik in. Ek raak so aan die 70 se stert hare. Even Anton is al 10 jaar ouer as toe ons ontmoet het.  Kamp al baie jare, het ook maar eers so van die grond af gekamp met n tent. Ons het eers in 2011 n woonwa gekoop , n 2001 Gypsey Regal en met n Isuzu 3,0 KB gesleep.  Sleep van 2013 af met n Audi Q7 3,0 diesel.  Kan ook glad nie die woonwa vervang met n nuwe of n ander een nie. Die Q7 het al 276 000km op en sal ook maar moet hou tot die einde. Die Regal is in elk geval al so verander en ingerig vir ons behoeftes dat ons regtig nie nou belangstel in n ander wa nie, miskien n nuwe Q7 , maar die kool is nie die sous werd nie. Ons sal maar so aanhou kamp tot ons nie meer kan nie. Groete en lekker kamp

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/02/2023 - 17:42

Middag Chris dP

Lekker om van jou te hoor. Ek is beindruk met die kilos van daai Q7. Ek sal my seun vertel, hy is finansiele/bemarkingsbestuurder in Dubai van alle plekke.

70 se sterthare, is jy dan 69 of  79 jare.?? 

0
Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez

chris dupreez

Mon, 20/02/2023 - 19:06

Middag Wessel, ja ek is maar 68. Ek moet sê , die Audi trek nog daai Regal dat hy rek merke kry. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 20/02/2023 - 19:24

Chris, jy vergeet dat ons nie net armgat ou ooms is nie, volgens die ander kant is ons boonop nog vervelig en definitief nie diep genoeg nie (vlak?). Klink mos nou vir my dat dit as voorvereiste moet geld vir enige nuwe lede om te kan aansluit! Kom nou Anton, vernader daai reels!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus