6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -19 minutes ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -59 minutes ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 hour ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -7 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Namibia Augustus 2023

Vaalwater, Limpopo
Submitted by Josef Willem on
Forums

Goeie middag vriende en Mede Kampeerders,

So ek het weer n bietjie raad nodig, ek wil in Augustus die Hele Namibia doen, van onder by Ariamsvlei tot bo by Epupa Watervalle, en baie blekke tussen in ook.

Watter plekke sal julle aanbeveel wat n moet sien is. wat wel reeds in die beplanning is:

Sesriem, Luderitz, walvisbaai, hentiesbaai, swakopmund, skedel kus, Ais-Ais, Torrabaai, Sossusvlei Duin 45, fish river canyon,

Wat sal julle bysit wat fantastiese natuur tonele het. Ons gaan Kamp natuurlik en is ook teen dan reg vir remote camping!

Sal baie graag Etosha wil doen maar ek hoor dit is moker duur om nou daarheen te gaan.

Hoor graag van julle. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/03/2023 - 12:32

Middag Josef Willem

Wil jy mooi plekke besoek, of wil jy spiertier wees en skedelkus en doodsakker gaan ry??

Ek was nog net 1 keer in Namibie, tot by Aia-ais. Die ander ouens moet raad gee, ek sal maar net saam kwyl!!!

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sat, 04/03/2023 - 12:40

Wat ook al die toer my kant toe gooi vat ek,

Of dit mooi plekke is en of dit baie 4x4 verg, ons pak dit aan, let wel dat dit slegs 1 voertuig sal wees so moet dit ook in ag neem.

Kan nie onnodige kanse vat waar ek dalk mag vassit of gestrand raak nie, maar wil verseker remote Camping iewers ook inwerk.

Vaalpark

Johann L

Sat, 04/03/2023 - 13:24

Middag Josef, al wat ek kan voorstel as julle een voertuig is, kry 'n sateliet foon vir 'n nood geval, daar is baie plekke wat geen sel foon sein het nie.

Geniet die beplanning, dit is 'n toer waarvan ek ook net kan sê "ek sal dit hier in die voorhuis sit en beleef"

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 04/03/2023 - 14:44

 Wilderniskamp is nie juis meer in nie, en "community campsites" is orde van die dag. Om net te stop en te kamp, nee, erens is n hoofman op wie se grond jy sit, en hy kan ongelukkig raak.

Josef, as jy iets uniek wil beleef, gaan kry jy n permit waneer jy in Sossusvlei is vir Miribab, in die Naukluft area. Daar is net so paar vuil asblikke en longdrops wat soortvan wys waar jy kampeer. Die plek is regtig verlate, en seker een van die toeganklikste wildernis areas, maar glo my dit is n ongelooflike plek. Sorg dat jy Tracks for Africa op jou GpS het waneer jy Namibie ry, dit is uitstekend, en ek sal nie daarsonder nie. Goeie padkaarte net so belangrik. Die Naukluft het paar mooi vistas, en lang stukke dooie grond waar jy eensaam begin voel.

Ons almal stel nie in dieselfde belang nie, Henties is maar vaal, Swakop is lekker vir weer aanvul en was. Werk jou roete uit, dan sal ek vir jou plekke insit wat ons al besoek het.

Jy sal begin by Ais Ais daar kamp. Dan Canyon besoek en by Hobas kamp, maar die is net n vinnige besoek, net uitkykpunte. Van daar neig jy Sossuslei toe vir 6riem canyon, wat ook net n wandeling is, en gaan wag vir die sonopkoms by Sosusvlei se duin, die laaste paar kilometer sal jou sandryvernuf toets, lekker dik!. Loop n draai in verlorevlei ry terug na die kamp, daar is n swembad, n bar en koue bier.

Waneer jy op pad is Epupa valle toe, begin jou Roete vanaf Ruacana en ry langs die rivier tot by Epupa. Op pad, by Swartbooisdrift, is Kunune river lodge, wat lekker kampplek, en n paar rondavels het, jy kan 2 dae staan, dit is n lekker plek op die rivier, met eet en drinkplek, selfs n vissie probeer vang.  By Epupa kan jy maar n paar dae staan, dit is die moeite werd, ook lekker eet en drinkplek.

Etosha is nie juis vir my nie, hopeloos te veel toeriste in gehuurde 4x4 campers. Van die spesie loop Namibie oor!!! Maar dit is beslis n moet as jy tyd het.

As ons toer, slaap ons meestal net een aand op n plek, die dae is baie warm, en dan is dit beter om te ry as uit te braai in die stof of sand. Beplan dat jy so 3 na 4uur by jou volgende plek uitkom, net tyd vir kamp maak en rustig te raak. As ons toer lank raak, dan soek ons n bungalo of huisie erens waar mens kan bietjie bederf met lekker eet en skoon linne kry, die aanmekaar kamp raak naderhand baie werk.

Geniet die beplanning.

 

Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 04/03/2023 - 14:56

Josef ons het in 2017 Namibië getoer.

Ons het van Kgalagadi, Augrabies, Riemvasmaak en toe Ais Ais aangedoen. Van daar deur die Richtersveld (vir my die mooiste gedeelte) Rosh Pinah, Aus na Lüderitz. 

Verder noord na Naukluft, Solitaire en deur die Namib-Naukluft park Henties toe. Tyd het ons toe ingehaal en het teruggekom. 

In 2012 het ons die noorde gedoen van Victoria valle deur die Caprivi Kasane, Rundu en toe Etosha. Ons het nie Etosha duur gevind nie en was goedkoper as Victoria valle. 

Daar is soveel mooi plekke om te sien maar jy het baie tyd nodig want afstande is groot tussen dorpe. 

Ons het alleen getoer en tensy jy in die woestyn ingaan was daar altyd voertuie behalwe tussen Solitaire en Walvisbaai het ons net twee voertuie teengekom.

Tussen Okahandja en Otjiwarongo is daar 'n wild reservaat Erindi wat 'n pragtige privaat park is met uitstekende kamp geriewe. Elke staanplek het sy eie skadunet afdak en badkamer, kombuis met yskas en stoof. Sien baie wild.

Ai ons beurt kom oor 'n jaar wanneer ons klaar deur Suid Afrika getoer het.

 

Worcester

Wildehont

Sat, 04/03/2023 - 15:55

Dis drie wat ek sou byvoeg. Naukfluft is ek dit eens met Oom Neef, jy moet dit besoek. Spitskoppe ook, en Waterberg is lekker wanneer jy oppad af is na Etosha. Jy kan buite lg ook slaap en ingaan vir wildritte. Daar is lekker plekke naby aan die hekke. Doen die wildrit by Waterberg, dis ‘n belewenis om bo op die berg te wees. En begin spaar vir brandstof. Al is dit goedkoper in Namibië as hier, gaan jy baie ver ry. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/03/2023 - 16:04

....ek eers. Moes julle ouens nou so breedvoerig omskrywings gee.

As julle nou nog gaan fotos ter stawing bysit, gaan ek my bankbestuurder sien, vir 'n lening. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 04/03/2023 - 18:58

Terwyl daar nou inligting gedeel word, Josef moet self besluit wat hy kan gebruik.

Wildehont noem Waterberg Plato Park. So is ons op pad Kaudom toe, en het daar oorgeslaap, die roete was beplan Grootfontein om. Die aand sien ek met my kaarte en sien daar is n pad wat Okakara, Otjinene, Gam deurloop, so al teen die Botswana grens langs na Gam en dan Tsumkwe.  En net daar besluit ons dit is die pad. Ek het vooraf gereel dat Tsumkwe vir ons 80 l diesel hou, so ons 120l in tenks, en 80l in kanne is heeltemal genoeg vir die trip. Eintlik n veeartseny pad vir bek en klou inspeksies.

Dit was n rowwe trip, by Gam aangekom, is die dorpie n dronkspul, en nie vriendelik nie. Van daar is dit n ou army pad Tsumkwe toe, so reguit soos n lineaal deur die bos. Ons wou by Nay Nay panne wild kamp. Kry n papwiel, en die boesmans peul soos spoke uit, dit is nou al nag. Die klomp se, "die olifante is baie onvriendelik by die panne, hou verby", en so ry ons deur tot op Tsumkwe, n moerse lang dag, die een.

Die Tsumkwe Lodge, wat eintlik net n paar geboutjies is, weet van die diesel wat ek bestel het, maar die aflewering het nie gekom nie. Ons is behoorlik in ons mo3r. want van daar deur die Kaudom tot by Rundu, waar die volgende diesel is, sal ons nooit maak nie. Man se "ek het lampolie wat ek gebruik in n noodgeval as diesel opraak".Ons maak kanne vol, en besluit dat dit by die heel laaste kwart tenk diesel gegooi sal word.

Kaudom het net twee kampe, Sikereti onder en Kaudom bo. So maak ons kamp by Sikereti en sien n toer operateur met twee mens wat so end verder kamp. Hulle gaan op n drive laat middag. Teen 8 uur die aand se Von ek beter die ranger gaan se daar is mense weg, hulle moes sononder al in kamp wees, Die ranger het nie n voertuig nie, en hy klim langs my in en span sy R1 hier langs my. K@k my amper vol. Ons vat pad na n watergat 50km weg, en daar kry ons n trop van seker 100 olifante wat n Landrover gebruik om modder af te skuur, met die Sweedse ambassadeur en sy vrou wat wasbleek sit saam Werner, die gids. Olifante gee pad, ons is terug kamp toe.

Nou is ek heeltemal in my moer met diesel, en vertel Werner ook so. Volgende  ry ons Kaudom kamp toe. Daar gekom se die ranger n man het vir julle twee kanne diesel gelos, n chopper het hulle kom haal, die Swede wou dadelik by die huis kom. Ons het Rundu gemaak sonder die lampolie!

Mamili wat voorle op dieselfde trip. Daar wou die leeus ons vreet, en,, die oliante was ook onvriendelik....

 

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sun, 05/03/2023 - 14:43

Baie dankie vir al die inligting,

Ek het nou alles hier in die boek neer geskryf en gaan nou dit op die kaart begin byvoeg, ek het die roete so effens beginn uitwerk want met die terug kom slag gaan ons sommer deur Botswana terug kom en nie al die pad terug Upington toe nie anders is dit baie ver.

Sover is die toer 8500 km en het 21 dae in Namibia.

Maar die roete kom met n moerse draai in die begin, van hier af is dit reguit af Plett toe vir n troue en dan van daar af is dit reguit op tot by Upington, van plett af slaap ons oor by Soetwater, tussen loxton en Carnarvon, dan Kalahari Monate in Upington en dan is dit in Namibia in vir 3 weke.

Sal maar sien hoeveel van die goed kan ons inpak in 3 weke, wil ook nie elke dag op die pad wees nie en darem al die booi goed ook sien, Namibia gaan nie weg hardloop nie, al sien ek net die helfde nou en die ander helfde dan volgende jaar.

Dankie vir al die inligting, moet nou ernstig begin uitwerk wat dit gaan kos en het klaar R25k eenkant gesit vir Brandstof, sal dit feiner uitwerk +20%.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 05/03/2023 - 14:48

... ek kan baie duidelik agterkom dat jy baie meer avontuurlustig is as ek. Dit maak my half jaloers dat ek nie sodanig ingestel is. Maar jou kamermaat moet darem daardie lus vir avontuur met jou deel. Ek plaas nie die skuld vir my gebrek aan daardie avontuurlus voor die deur van my kamermaatjie nie, maar sulke dinge is beslis nie haar "cup of tea" nie. Sy beskou selfs 'n rit wildtuin toe as té avontuurlustig na haar smaak.

Ek stem saam dat Hentiesbaai sekerlik vir 'n nie-hengelaar maar vaal sal wees. Maar o donkie, dit is darem maar 'n paradys vir ons hengelaars. As daardie sand eers tussen jou tone deurgekrul het, met galjoen na galjoen of kabeljou na kabeljou aan die hoek .... aag my mens, hoe beskryf ek dit. Dan is mens self "hooked". Hoeka gisteraand nog een van my laaste Henties-galjoene gebraai.

As jy net voor Swakop noord swaai Henties toe pomp jou hengelaarshart sommer "custard". 'n Eerste Hansa draught by Windpomp 14 (Myl 14) en die eenvoudige vakansiehuisies by Wlodzkasbaken sê vir jou dat (gewoonlik) 2 weke se lekker kuier lê nou voor. Ek is sommer siek van jaloesie dat ons nie kan saamgaan met my seun en sy familie wanneer hulle op 30 Maart vertrek nie.

En dan laastens - alhoewel Etosha nie (vir my altans) dieselfde bekoring as hetsy die wildtuin of Kgalagadi inhou nie, is dit darem uit en uit 'n besoek werd. Ek was lanklaas daar, maar het elke besoek geniet.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 05/03/2023 - 14:54

... ek lees nou jou laaste inset. Dit sal waarskynlik 'n wyse besluit wees om die suide en noorde van Namibië te verdeel in twee afsonderlike besoeke as jou tyd beperk is. Daar is net te veel om in daardie pragtige land gedurende 'n 3 weke periode in te pas.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/03/2023 - 16:30

.....ook so avontuurlustig kan wees, mits;

1] ek en beterhelfte heelwat jonger was

2] ek vroegtydig [ jonger in jare] begin het om die regte toerusting aan te skaf. Dis maklik byvoorbeeld vir persone soos die in Willem se videos, om sulke reise te doen, want dit wil blyk dat hulle grotendeels met toerusting geborg word. Ek beny mense wat hulle kan inrig vir sagte en harde uittogte. As gewone salaristrekker, nou afgetree, kon ek maar net ons inrig vir sagte togte.  

3] ek saam met 'n groep persone wat meganiese uitdagings en defekte kan oplos, kan reis. Soos elders al genoem, ek ry bietjie "tools" saam, ten minste het ek 'n 13-shifting as iemand by my stop om te help.laugh

Tog ironies, mens is sekerlik daar op die vêr paaie moontlik veiliger as op die teerpaaie om Pretoria, Johannesburg en oppad Durban toe. 

Ekskuus Josef, sal nie weer deelneem aan gesprek nie, sal maar net sit en kwyl, soos die spreekwoordelike jakkals voor die gat.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sun, 05/03/2023 - 17:01

Asb oom, moet net nie onttrek nie, ek waardeer elke inset wat almal gee en was oom ook nog nie daar gewees nie of te veel jare terug, noem oom dinge waaraan ek dalk nie dink nie want ons is jonk en wil net klim en ry.

Gelukkig het ek n "Spanner en Socket" stel agter die bakkie se sitplek, van 6 mm tot 32mm, ook die recovery bande en Compressor en patches.

Kan myself redelik goed help rondom die enjin ook want het al baie enjins in my lewe oorgebou.

So het ek ook darem tracks for africa se tjoep op die foon en die nuutste afrika lande se kaarte op die GPS.

Chris, jy praat waar, dalk moet ek fokus op die onderste gedeelte vir nou, so gelyk met Windhoek en dan volgende jaar sal ek die noorde doen.

Teen daai tyd sal ek ook n Hommeltuig he en kan dan ook sulke mooi videos maak soos Voortrekker.

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 05/03/2023 - 18:44

.... wat die suide van Namibië aanbetref, kan ek 'n paar plekke onderskryf wat Neef genoem het. Ons was enkele jare gelede vir die enigste keer in Lüderitz. Kolmanskop ('n moet-besoek) is seker maar die groot aantrekkingskrag. Diazpunt was ook 'n besoek werd. Dan natuurlik Ais-Ais en die Visrivier Canyon-uitkykpunt by Hobas.

Wat die suidelike woestyn aanbetref is Sesriem, Sossusvlei en Verlorenvlei besoeke werd. Eet maar 'n Apfelstrudel by Solitaire - net om te sê jy het dit gedoen.

En die flaminke by Sandwich Harbour, suid van Walvisbaai is ook iets besonders. En natuurlik 'n goue koue in Walvisbaai se waterfront!!

Swakop het ook 'n dag of twee nodig. Om Duin 7 te gaan uitklim is 'n uitdaging, asook 'n quad bike toertjie in die duine by Langstrand.

Dan natuurlik 'n lekker Hansa Draught en 'n lekker burger of ontbyt by Windpomp 14 wat ook oor uitstekende kampeergeriewe (met privaat ablusies) beskik - op pad Henties toe. 'n Lekker goue koue by die Skubbe Bar in Henties, laatmiddag wanneer die hengelaars inkom om hulle vis te laat skoonmaak en hulle bakkies laat afspuit (soutpaaie noord van Henties). Hier kan jy ook 'n fantastiese Eishbein geniet.

Aag jissie, my hart trek met 'n punt. Lekker beplan.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/03/2023 - 19:05

Jy is besig om jouself te motiveer vir 'n tog Namibië toe. Werk nou'n roete uit vir padkaravane en afgetredenes, en motiveer 'n klomp forumlede om jou, om so 'n reis te maak.

Jare gelde het so 10 waens van Brits vertrek, en die ouens het omtrent Namibië plat gesleep. Brits woonwaens het 'n boksie met nood onderdele vir elke wa gepak, en die ouens moes net betaal vir wat hulle gebruik het. As ek reg onthou, het niemand eers iets nodig gekry nie.

Eintlik kan mens by baie plekke uitkom, sonder om grondpad te sleep.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 05/03/2023 - 19:22

... ja, ek dreig al jare om die karavaan te haak Namibië toe. En dit ís moontlik om 'n uitstekende toer saam te stel - met padkaravane. Dit sal meebring dat jy ongelukkig 'n paar gewilde toeriste-bestemming sal moet "skip", maar 'n lekker toer is tog moontlik.

Worcester

Wildehont

Mon, 06/03/2023 - 06:57

Drie weke klink lank, maar afstande in Namibië is baie ver. Ek sou Ai-Ais, Luderitz, Naukluft, Sossusvlei en alles wat daarmee saamgaan, Walvisbaai en Swakopmund en alles wat daarmee saamgaan in die onderste “helfte” se toer insluit. Van daar af terug deur Windhoek met die grondpad langs van Swakopmund tot in Windhoek. Eerder as om deur Botswana terug te ry kan jy dan oorweeg om deur Kgalagadi terug te kom. 
 

Die boonste “helfte” volgende jaar teerpad tot in Windhoek, dan Swakopmund, Spitzkoppe, Kaokoveld en Epupa, Etosha, Waterberg en dan teerpad deur Botswana terug. Ek dink sommer hardop. Geniet die beplanning!

Centurion

Voortrekker

Tue, 07/03/2023 - 08:27

Ai die voordele van 'n loslopende lat wees!  wink   Ek wens ek kon saam met jou gaan, maar ek het op hierdie stadium te veel aanhangsels wat and prioriteite het laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus