Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 minutes ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -44 minutes ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -48 minutes ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago

Nagaan van karavaan vere

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Hierdie onderwerp is dalk meer van toepassing op eienaars van boswaens met soliede aste. Eergister nadat ons gehaak het by Jongensfontein wys my een vriend wat saam gekamp het aan my uit dat dit lyk of die Kavango se vere ver verbysteek aan die agterkant. Toe ons na die anderkant kyk lyk dit dieselfde. Op die oog af kom dit dus voor dat die wa oorlaai is, of dat die vere pap is (sien foto hier onder). 
 

Ek gaan lees toe bietjie op, en kry hierdie riglyne om die vering na te gaan. Ek moet nog onder die wa inklim om mooi seker te maak niks is gekraak of anders fout nie. Die laaste ding wat ek wil beleef is dat ‘n blad/blaaie breek in Kgalagadi. Dit sal die toer lelik in die wiele ry. Ek het gisteraand bietjie rondgekrap op die 4x4 forum in gesprekslyne oor Kavango waens. Die foto’s wat ander eienaars daar geplaas het waarop vere sigbaar is lyk net soos myne (met die omgebuigde punt wat verby steek aan die agterkant). 
 

Ek hoor graag wat die ervare mense hier se mening is, en herinner ander eienaars van waens met bladvere om dit na te gaan. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/03/2023 - 09:51

Môre Chris

Ongelukkig kan ek nie help nie, myne het kronkelvere. Jy het 2 opsies;

1] wat sê jou spesiale werktuigkundige

2] kry gemoedsrus en stuur navraag met die foto of meer na Willie Grobler by ECHO hoofkantoor.

Daar is ook 'n ECHO Kavango groep of Face book, waar jy kan vra, maar ek sal direk vir Willie kontak.

Is dit moontlik dat dit normaal so monteer is, of is dit moontlik dat blaaie kan skuif??? Dan moet dit terug op plek getik word.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 23/03/2023 - 09:56

Dankie Wessel, ek het vergeet dat ek Willie se selfoonnommer het en hom al voorheen gevra het oor dinge waaroor ek wonder. Ek moet egter in elk geval die blaaie en busse ondersoek om seker te maak niks is gekraak nie. As dit is kan Kgalagadi se sinkplaat paaie dit dalk net die finale nekslag toedien. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/03/2023 - 11:00

Middag Chris

Ek sal graag wil weet wat die bevinding is, as jy nie omgee nie

0
Worcester

Wildehont

Thu, 23/03/2023 - 13:40

Hier is Willie Grobler van Echo se hele antwoord; “Sover ek kan sien lyk dit nie reg nie ,”

Ek het dit ontvang nadat ek vir Louis van Desert Stormer 4x4 (dis hy wat die Prado se kronkelvere vervang en lugsakke ingesit het) die foto gewys het. Hy sê die vere het gesak. Hy kan dit terug set soos dit was, maar daar is geen waarborg dat dit nie sal breek nie. Sy voorstel is om beide pakke te vervang en die beste ou een saam te ry as ‘n spaar stel. Nadat ek die lengte gemeet het sal hy vir my kan sê wat dit gaan kos. Nou moet ek uitwerk waar ek die swaar spaarstel gaan saamry…

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/03/2023 - 15:41

Middag Chris

Die tyd is teen jou met julle toer Kalahari toe.

Ek sal nie sukkel om 'n stel vere saam te ry nie. As jy beide stelle met nuwes vervang, is daar mos geen kans dat 'n blad sal breek nie. 

Om ou vere te "set" is 'n ingewikkelde metallurgiese taak.

Ek sal veel eerder reeds vervaardigde bladvere aankoop en laat insit. Dit klink of Louis weet waarvan hy praat. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 23/03/2023 - 15:44

En uitwerk hoeveel gereedskap  moet saamgaan as jy dit wel moet vervang.... Eish.

Ek het al gehoor van bladvere wat met stroke binneband vasgedraai is nadat dit gebreek het, en van boomstompe wat ingespan was. Ek het hier so klein waentjie gehad wat se vere gesak het. Ons het en toe houtblokke tussen die as en die ondestel vasgetrek.  Het dit vir jare so sonder suspensie gewerk. Live axle is die woord !!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/03/2023 - 15:51

Die Louis se webblad vertoon baie indrukwekkend, net jammer die vir face book aanhangers.

Ek sal hom blindelings vertrou deur nuwe vere in te sit.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 23/03/2023 - 15:57

Ek sal nie sukkel om 'n stel vere saam te ry nie. As jy beide stelle met nuwes vervang, is daar mos geen kans dat 'n blad sal breek nie. 

Die wa is deur ‘n langer toer in Kgalagadi einde 2020 met die bestaande vere. Solank hulle nie gekraak is nie en die busse by elke oog nog reg, behoort hulle die toer ook te hou. Die aanduiding is egter dat hulle wel gesak het, en ek gaan nie die kans vat nie. Dis gelukkig waarskynlik nie ‘n vreeslike duur oefening nie (niks is in vergelyking met die volmaak van ‘n petrol Prado se tenk nie) en ek beplan om die wa nog vir lank te hou. Hopelik vir nog ‘n paar avonture op rowwe paaie ook. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/03/2023 - 19:14

.... 'n ou wat kan bekostig om met 'n Prado te sleep kan seker maar 'n nuwe Kavango bekostig. 😇😇

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/03/2023 - 19:23

Naand Chris S

Hoe lyk die tydsverloop, gaan jy regkom voordat julle die langpad aanpak..

Vere bestel, aflewer en insit, ek hoop jy kom vinnig geholpe. Gelukkig het jou vriend dit raakgesien.

Wat 'n les vir almal, moenie net aanvaar alles is reg onder 'n woonwa nie.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 23/03/2023 - 19:53

n ou wat kan bekostig om met 'n Prado te sleep kan seker maar 'n nuwe Kavango bekostig

Die twee oues wat ek nou het (toevallig albei 2008 modelle) het omtrent presies dieselfde gekos. Daar is definitief nie ‘n nuwe/r Kavango op die horison nie. In Mei, wanneer ons vir eers klaar kampeer het tot ons Kruger wildtuin toe gaan, wil ek wel die wa ordentlik skoonmaak. Sommer alles uitpak en skoonmaak, oral stofsuig, regmaak en diens wat nodig is en gereed wees vir Julie se toer. 

Hoe lyk die tydsverloop, gaan jy regkom voordat julle die langpad aanpak.

Ek het vandag sommer by Leon om gery oppad terug van ‘n vergadering af. Hy het gesê hy sal my volgende week kan help voor ons ry. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 24/03/2023 - 09:09

Vere wat sak.....................aste wat sak (soos my wa sin).

Is dit deels oorlaai of swak materiaal of albei? As jy die kilometers wat die waens doen in ag neem maak dit nie vir my sin nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/03/2023 - 09:45

Daar is sekerlik verskeie redes, en almal kan gesamentlik bydra tot die probleem.

Daar is 'n faktor ter sprake by komponente wat uit materiale soos roesvryestaal, staal en Alluminium as voorbeelde vervaardig word. Byvoorbeeld, 'n bladveer word gevorm en gemasjineer uit moontlik 'n tipe koolstof staal. Dan word daardie veer hittebehandel om residuele spannings verligting te verkry. Gewoonlik sluit so 'n hittebehandeling ook 'n tempering stap in, om sekere sterktes te bekom.

Nou oor jare vind daar weens die werking van die bladveer weer veranderinge in die eienskappe plaas. Vermoeidheid lei tot afname van meganiese eienskappe, soos dat die veer slap word. Dit kan ook natuurlik lei dat so 'n veer bloot net breek. 

Oorlaai kan groot bydrae lewer, want die veer is aanvanklik ontwerp en vervaardig om ondere sekere laste te funksioneer.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/03/2023 - 10:21

Môre vriende

Ek gaan sommer so bietjie wetenskap deel, vir die wat belangstel. 

Soos hierbo genoem is daar 'n eienskap van materiale, genaamd residuele spanning. Dit is interne spannings wat gedurende die vervaardiging van 'n komponent geskep word. Hierdie spannings kan tot erge probleme lei, indien dit nie verwyder/verlaag word nie. 

Daar is 'n hele metallurgiese studierigting daarom en streng voorskrifte en prosedures word ontwikkel hoe om dit in komponente aan te spreek. Onder andere, is daar 'n tegniek genaamd haelstrooing. Dit behels dat die komponent met fyn partikels gebombardeer word, en sodoende vind oppervlak spanningverligting plaas.

Nou vir die lekker deel, hoe meet mens hierdie interne spannings in 'n duur vervaardigde komponent. Daar is tegnieke waar mens vernietigend dit kan meet. Bedoelende jy skryf die komponent af daarna. 

'n Elegante nie vernietigende tegniek is egter om neutrone, afkomstig van 'n kernreaktor, soos die ene waar ek gewerk het, te gebruik. Neutrone kan omtrent deur enige materiaal dring, selfs tot redelike diktes. Sonder om in die detail in te gaan, kan mens die atomiese spasiering van 'n materiaal meet met neutron diffraksie. Die verandering in die atomiese spasie gee dan 'n direkte indikasie van die interne spannings in die materiaal. 'n Druk spanning maak dit kleiner, en dan natuurlik 'n trekspanning maak dit groter.

As praktiese voorbeeld, jare gelede het 'n plaaslike bakkie vervaardiger my kollegas genader om hulle bladvere wat gereeld gebreek het, te ondersoek. Nodeloos om te sê, met die tegniek was hulle probleem ontbloot, en hulle kon dit regmaak.

Fluit fluit my storie is uit.     

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 24/03/2023 - 10:55

Jan, ja die onderstel wat nou gebruik word met die 3 rubbers in 'n pyp (maklik beskryf) dink ek dit het baie tedoen met vrag en pad oppervlaktes.  Hoe slegter die pad gesamentlik met die vrag druk daai rubbers volgens my baie pap en dan dink ek die temperatuur so naby die pad kan ook 'n groot rol speel om die rubbers sag te maak ? 🤷🏼‍♂️

My 3B het nog kronkel vere (coil springs) met skokbrekers binne.  Toe ek die 3B reg gemaak het was als nog mooi en het die onderstel geensins gesak nie.

.

.

Die enigste probleem wat ek kon opspoor was die een kant se boonste bout wat halfpad deur gesluit was, seker omdat die boonste moer effe los gekom het.  Of dalk het die veer effe pap geraak ? 🤷🏼‍♂️

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 24/03/2023 - 16:34

Willem, die nuwe as wat ek gekry het, het 'n bracket aangesweis waar jy 'n skokbreker aan kan heg. Sien die oorsee se waens met die Alko as  het almal die skokbreker aan. 

Glo die skokbreker sal baie help.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 24/03/2023 - 16:47

Louis sukkel om vere te kry. Dis nie standaard (korter - ek dink 650mm) pak nie, ek het 950mm gemeet. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 24/03/2023 - 19:18

Roodepoort is ver om sulke swaar goed te laat vervoer. Ek het vanmiddag onder die wa ingeklim en die vere bekyk. Ek sien geen krake nie, maar hulle glimlag nie meer gelukkig nie - veral nie aan die linkerkant nie. Ek kyk maar wat Louis volgende week kan regkry.
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus