Ek begin maar die gesprekslyn, want die slapies raak nou min. Ons is twee gesinne wat saam toer. Almal ken my kombinasie van 2008 Prado en 2008 Kavango. Ons vriende Riël en Jacolien se kinders is byna presies so oud soos ons twee, maar hulle het twee dogtertjies en sleep ‘n 2005 Penta met ‘n 2017 Everest 2.2. Vir die toer leen hulle ‘n vriend se nat nuwe Conquerer Commander. Hulle huur ook ‘n 4x4 Fortuner by Kgalagadi Lodge vir die eerste paar dae in die park. Hier is ons program:
31 Maart: Worcester tot by Oranjerus in vaste verblyf. ‘n Baie lang dag.
1-3 April: Kalahari Trails Eco Camp kampering 36km buite Twee Rivieren hek.
3-5 April: Polentswa kampering ‘n uur noord van Nossob. Die eerste dag ook ‘n lange
5-9 April: Rooiputs kampering. Die eerste dag ook ‘n lange.
9 April: Vaste verblyf buite Brandvlei. Ook ‘n redelike lang dag.
10 April: Worcester. Omtrent ewe ver as die vorige dag, maar sonder om kamp op te pak die oggend.
Ons pak buite
Die wa se yskaslaai kan nie in die motorhuis heeltemal oopskuif nie. Die res kan binne gepak word, maar ons ry gewoonlik op ‘n weeksdag nadat ek en die kinders tuiskom, so dan wil ek nie nog wa uit die motorhuis trek met Salomien wat moet kyk dat die wa nie aan die motorhuisdeur haak nie. Vrydag wil ek vroeg sleep, so ek dink daaraan om die wa sommer buite te los met meeste goed klaar gepak.
Verblyfkostes vir 10 aande
Ek het al die besprekings vir die toer hanteer. Dit sou eers net ons Smalle gewees het, maar toe ons vir Riël en Jacolien vertel besluit hulle dat hulle wil saamgaan. Hulle was nog nie in Kgalagadi nie, en kampeer gewoonlik met hulle 2005 Penta. Aanvanklik sou Riël ‘n boswa huur vir die toer, toe sê ‘n vriend van hom wat saam met hom in die Tafelronde is hy kan sy Conquerer Commander huur vir ‘n paar bottels van die Boland se beste. Dis baie ruimhartig, maar ongelukkig het die vriend se pa sy wa geleen die afgelope naweek, en kom dit eers vandag terug van die Kaap af. Dis nou nie die ideale omstandighede wanneer mens oor 48 uur reeds anderkant Porterville wil trek nie.
Maar ek dwaal af. Gisteraand sit ek gou en tel alles op vir die verblyfkostes sodat Riël die laaste paar Mandelas daarvoor aan my kan oorbetaal. Ons kampeer agt aande en slaap in vaste verblyf een aand elk oppad daarheen en terug. Vir ‘n gesin van vier, is dit glad nie so duur nie. Met die Prado gaan die brandstof my twee en ‘n half keer soveel kos.

Lekker vooruitsig
Dit wys maar net hoeveel goedkoper dit is om te kampeer. Die 9 nagte wat ons in vaste akkommodasie in Kgalagadi bespreek was, het meer as R12 000 gekos. Ek is baie spyt dat ons genoodsaak was om dit te kanselleer en na ander parke oor te dra. Ons sou Paasmaandag vertrek het en 12 Apr die park ingegaan het.
Ons 14 nagte beloop R23775…
Ons 14 nagte beloop R23775,40
So prys die verskillende slaapplekke. Twee Rivieren R1500/nag Nossob R1350/nag Gharagab R1100/nag Bitterpan R2200/nag Kalahari tented camp R1100/nag Mata MataR1350/nag Urikaruus R2200/nag
n Lekker bederf trip, en gaan dit baie geniet.
Dit klink na 'n ....
.... lekker "itinarary" Neef. Ek ken nie Gharagab en Bitterpan nie, want ek ry nie met 'n 4x4 nie. Maar KTC en Urikaruus is iets besonders. By beide het ons groot geskrik vir muskeljaatkatte wat skielik uit die donker verskyn.
Ons totale kostes, met 2 oorslaapplekke heen en terug (Calvinia -Lekkeslaap & Kalahari Monate Lodge) sou R15 620 beloop het. M.a.w. 13 aande uit en tuis.
Net Kgalagadi sou R12 540 beloop het. Vir laasgenoemde bedrag gaan ons nou vir 3 aande elk in Ebb & Flow, Bergkwaggapark en Karoo Nas Park gedurende Mei in vaste akkommodasie kuier - plus nog 14 aande kampering in Karoo vanaf 8 September. Enigeen vir 'n tweede Herfsblaarsaamtrekkie in September??
Jammer vir die kaping Chris WH.
Op pad op slaap ons oor by…
Op pad op slaap ons oor by River view lodge op Prieska, dit is so 500km van hier. Vir die terugkom nog nie iets bespreek nie, en sal sien hoe ons vorder. Wil nou nie al 2 uur die middag stop nie, dit is darem net mooi 1000km terug huis toe. Lekker lang dag agter die stokke.
September klink na n goeie tyd vir n Herfsblaar saamtrekkie. Ek het die lieflikste heuningknertsie gemaak van die 2021 Rooi muskadel stooksel. Barenjager se agterent seg ek.
Chris S....
Middag Chris, mag julle groep net veilig reis sonder teenspoed. Geniet dit gate uit.
Ons lot droë bekke sal in spanning wag vir foto's, soos jy kans kry.
Ons vertrek nou-nou
Na ‘n besige aand lyk dit sover of ons omtrent op tyd (06:00) gaan vertrek. Net gou stort en die laaste los goedjies inlaai. Dan haak en sleep. Ek het gistermiddag vir my die ligpaal aanmekaar gesit. 22mm binne 25mm tentpaal pyp sodat dit op en af kan stel. Sonkrag gelaaide lig op Takealot vir R309. Die klamp met ‘n vleuelmoer aan die lig vas sodat dit aan die paal of ‘n tentpaal kan vasgesit word. Die voet van die paal in ‘n visstok houer wat in die grond in kap.

Eerste stop
Ons is toe 06:30 weg en maak nou ons eerste stop by Kardoesie padstal op Piekenierskloofpas. Sover loop alles mooi.
Hierdie was net voor ons vertrek het:

En nou net:

Dankie...............
.................vir die jaloersmakertjie. Die Kavango met sy "toe nie so vrot bladvere" lyk ewe spoggerig en gereed vir die Kgalagadi se "nie-so-vrot"-paaie. Alles van die beste met julle kuier in die kalahari. Hier is solank vir julle 'n lusmakertjie van wat julle dalk gaan sien, die ingang en 'n baie lui leeu :- :

Lekker man lekker
Dankie vir die foto's.
Daai Everest staan so mooi voor die Commander, mens sal sweer hy hrt ook lugsakke agter.
Is Piekenierskloofpas van die Kaap se kant net "op" of net "af", of beide. Ek aanvaar as daai Everest daar kan uit, behoort ou Grompie met sy 2.4l masjientjie dit ook te maak.![]()
Brandstofverbruik
Chris, jou vriend moet tog sy syfers ook openbaar. Ek is seker dat daar meer lede as net ek is, wat daarin belangstel.
Nou is dit mos amper plat pad Upington toe. Daarna klim mens geleidelik Twee Rivieren toe.
Bedrieglik ??
Chris
Die laaste foto vertel 'n ander storie. Hier lyk dit of daai "blik" huisie maar die Everest se stert afdruk. Veral as mens kyk na die lyn tussen voor en agterwiele.
Julle roer daai pedale nê?








BH kleur
Ai tog, ek dink amper iemand (Anton?) het ook al genoem dat die verskillende kleure nie saamspeel nie. Toe ek gister by Boland karavane ‘n paal en paar ander goedjies gaan koop om ‘n staander te maak vir ‘n sonkrag lig wat ek bestel het, was daar net rooi, swart en blou. My ander BH proppe is almal grys. Nou ja, ek het skoolgeld betaal.