Na aanleiding van Wessel se voorstel dat ek dalk 'n nuwe gesprekslyn moet begin wat handel oor die moontlike tent-kampering in die Krugerwildtuin gedurende Mei 2024, het ek dit goedgedink om wel sodanige draad te begin. Ek haal graag aan waarmee ek dié gesprek begin het.
Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.
Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.
ChrisB, ek het dit ook gelees, dit is tragies..................
,............................maar misdaad en veral korrupsie geld vir die res van Suid-Afrika wat al sukkelend deur die regerende party probeer bestuur word.
Misdaad en korrupsie sal nooit gewen word nie voordat die land se ekonomie groei, werkloosheid aansienlik verminder word en die huidige regering in die hek duik.
Misdaad en korrupsie sal…
Misdaad en korrupsie sal nooit gewen word nie voordat die land se ekonomie groei, werkloosheid aansienlik verminder word en die huidige regering in die hek duik.
Stem 100% Len.
moan, moan....
....whê, ek gaan einde Mei, KrugerNP toe. Gaan dit vat soos dit kom daar binne.
Ek glo dat ek ongedeerd sal kan ingaan, en ook huiswaarts keer.
Wessel.................
.............ek "moan" nie, ek konstateer net na my mening, 'n feit.
Ek sal my nie laat intimideer/afskrik deur die landsomstandighede om Wildtuin toe te gaan nie - ek sal rondom die probleme werk. As my en my annerhelfte se gesondheid net wil herstel !
Beplanning
Na 'n baie intensiewe kussingkonferensie, aldus Wessel se benaming (met verlening aan die gewese Rusty se term), het ek en Ralie min of meer tot 'n finale besluit gekom oor ons beplande tentkamp in die wildtuin.
Ons reken om 9 Mei 2024 hiervanuit Kleinmond te vertrek. Ons sal later finaal besluit waar ons gaan oorbly vir die eerste 2 aande op pad na die noorde. Maar ons al heel waarskynlik op 11 Mei by ons vriende in Tzaneen oornag, vanwaar ons die volgende dag (Sondag 12 Mei) via Phalaborwahek tot by Mopani sal ry. Alhoewel SANParks se web nog nie volgende jaar se gryskop-afslagdatums aandui nie, reken ek ons is redelik veilig om aan te neem dat ons aankomsdatum reeds binne die afslagtyd sal wees. Gebaseer op vanjaar se datums en afslag op vaste akkommodasie, bied Mopani daardie tyd ook 40% afslag op vaste akkommodasie aan. Na een aand se oorbly in Mopani, wil ons die volgende dag vir die volgende 19 aande gaan tent opslaan in Shingwedzi. Ons het finaal besluit dat ons net in een ruskamp sal gaan kamp. En in Shingwedzi doen ons dit met gemak, want ons tradisionele 7 aande wat ons gewoonlik daar oorbly voel elke keer te kort. Ons sou graag vir 19 aande in Tsendze wou gaan kamp, maar ons is nie ingerig vir só 'n lang tyd sonder elektrisiteit nie.
Op 1 Junie wil ons dan oppak en weer tot in Tzaneen ry om by ons vriende te oornag. En dan weer so 2 aande se oorslaap op pad terug Boland toe. As alles volgens plan verloop wil ons graag weer volgende jaar in die tweede helfte van Julie na Roemenië vertrek vir 'n kuier by ons kinders. Ons sal graag vir ons kleindogter se 18de verjaarsdag daar wil wees.
Nou moet 1 Junie (vanjaar) net aanbreek sodat die nodige besprekings gedoen kan word.
Goeie keuse
As ek een kamp in die Kruger wildtuin moes kies waarin ek vir so lank wil staan sal dit ook Shingwedzi wees.
Nouja ChrisB...............
..............ek aanvaar jy het jou lang-tentkamp in die Wildtuin suksesvol deurgedruk met behulp van die belofte van 'n latere Romenië trippie.
Ek aanvaar verder as hierdie tent-kamp in die Wildtuin suksesvol afgehandel is, kan julle maar die Caravette 6B verkoop - 'n ander standaard is mos dan gestel.
Ons sal hopelik volgende jaar in Mei in Letaba (ons laaste van drie kampe) wees wanneer julle tentkamp in Shingwedzi - mag dus dalk moontlik mekaar daar iewers sien.
Nee Len ....
.... die "ou lady" sal maar deel van die Boucher-huishouding bly totdat ek voel ons kan nie meer kamp nie. Dan sal ek waarskynlik ook van die Hilux ontslae raak, want dit word deesdae primêr maar net vir sleepdoeleindes gebruik - en natuurlik vir tentkamp. Dan sal die Honda dalk ook plek maak vir 'n kleinerige SUV - net groot genoeg vir twee oumense. Maar as ek nie meer kan kamp met die "ou lady" nie, sal ek beslis ook nie meer kans sien vir tentkamp nie. Die beplande tentkamp volgende jaar is maar net omdat ons nie meer wil ver sleep nie. Maar Karoo Nas Park val nog binne my verwysingsraam vir karavaansleep.
Ou lady!!!!
Naand Chris B
As die KarooNP nog in die sleep radius val, dan sekerlik ook
1]so 'n ent noord na die blomme omgewing.
2] tot by Dwarswegstrand of Jongenensfontein
Jy praat van afskaal, en ek wil nog opgradeer. Ek sal maar sien hoe dit die jaar gaan met 'n program van 'n ent ry en dan woonwa oopmaak vir paar aande, toemaak en verder ry, en dan weer herhaal.
Hier gesels ek en ouma oor…
Hier gesels ek en ouma oor Chris se planne.
Slaan sy die wind uit my seile en se, klink na n lekker tyd om te gaan, en sal ook kan beplan , maar sal vir Jurgie saamsleep, So Chris, as die bookings oopmaak, dan moet ons bespreek. Len ?
Herman, soos ek in my.................
..........ander gesprekslyn gesê het, ek het my beplanning vir 'n Kruger Wildtuin besoek vanaf 6 Mei 2024 reeds in plek, maar die bespreking open eers op 1 Junie 2023. Ek moet egter nog moontlik voor die jaareinde nog 'n operasie ondergaan en dit plaas so iewat van 'n demper op ons planne. Ek oorweeg dit om tog maar in Junie 2023 my bespreking te doen en dan duim vas te hou dat die trippie in Meimaand wel kan plaasvind.
Len, Chris, Herman en....
... ander belangstellendes.
Iemand moet 'n gesprek begin getiteld " Kruger 2024 saamkamp"
Ek het ook nog niks bespreek vir volgende jaar nie, en sal julle datums en oorwegings dophou.
KrugerNP val darem netnet in my sleep vermoë se radius.
Jurgie gaan so baie aandag trek, die diere sal erewag vorm van enige ingangshek tot waar Jurgie gaan staan, did nou vir kampeer![]()
Haardroër!!!
Soos Herman tereg opgemerk het, 18/04/23, my beterhelfte kamp heel lekker, maar sy wil altyd redelik netjies lyk. Al is dit net so vir die eerste paar ure van die dag.
Dus is die Kavango ook toegerus met 'n omsetter vir die optof apparate. Anders was dit 'n geval van opgepof vir hele dag.
Ek kan eerlikwaar sê ....
..... dat my beter-helfte selde 'n haardroër gebruik - selfs by die huis. Wanneer sy hare gewas het, draai sy haar hare sommer so om haar vinger en laat dit soos gekrulde lokke droogword. 'n Haardroër sal waarskynlik ingepak word, maar die kans dat dit ongebruik terugkom huistoe is baie goed. My ou Karoo "girl" is, soos sy haarself beskryf: "gemaak en gelaat staan".
Ons het ook teruggeval na…
Ons het ook teruggeval na tent kampering, gelukkig het ek nog al my toerusting om gemaklik te kamp.
Glider trailer is lekker lig en jou voertuig is sag op sous.
Chris B en Chris S
Middag Chris en Chris
Chris B: Gelukkig het jy 'n jaar om te bedink en te beplan, want jy het mos 'n staanplek bespreek. Dit maak mos nie saak of mens tent of woonwa nie.
Ek wil voorstel dat jy oor die langnaweek of 'n droë tyd alles wat nodig is vir 'n tent kamp bymekaarsit, en dan kyk hoe pas dit op jou bakkie. As ek dink hoeveel goed ek agter op pak, met 'n wa, wonder ek of jy alles gepak gaan kry. Sagte goed soos klere en beddegoed agter op die kussing, en dan...??
Chris S: Ek kan nou nie meer my petrol uitgawe by die kerk opgee as aangewend vir weduwees, wesies, en vulstasie eienaars nie, DUS sal ek ook maar my Kavango op sleep neem, waar ek luuks wil kampeer. Grompie is nou nie so luuks en baldadig as jou Prado nie, maar ek sleep darem 2 keer meer as jy op 'n liter sous.
Wessel ..
.. ek mag dalk besluit om die Karet saam te sleep. Ons is darem al redelike ou hande as dit kom met tentkamp in die wildtuin - en nie sóveel jare gelede nie.
Hier kamp ons in 2011 in Satara - nog met ons ou tentjie en ou gazebo.

En hier kamp ons in 2012 in Shingwedzi - ook nog met ons ou tent en ou gazebo.

En hier kamp ons in in 2015 in Berg-&-Dal met ons huidige tent, maar dit was sonder gazebo en sleepwa.

Ons het die sleepwa nogal handig gevind om te gebruik as stoorruimte vir kos en tasse.





Ai ...
.... nou lees ek weer vanoggend op Netwerk24 hoedat misdaad in en rondom die wildtuin hierdie wonderlike plek bedreig. Dat selfs 'n voormalige hoof van die polisie in Skukuza na bewering betrokke was by renosterstropery. In ontstellende statistiek word genoem dat witrenostergetalle met 75% afgeneem het tussen 2011 en 2020. Meer as 46% van mense wat aangrensend tot die wildtuin woon is werkloos. Die natuurskoon van die wildtuin beteken vir hulle niks. Binne die wildtuin loop kos in die vorm van wild in hulle hordes rond - dis kos vir honger mense. Ontstellend!!