Middag vriende
Nounet my bespreking afgehandel vir Kruger volgende jaar. Dit is as volg;
Shingwedzi: 30 Mei
Punda Maria: 31 Mei tot 5 Junie
Tsendze: 5 Junie tot 10 Junie
Satara: 10 Junie tot 15 Junie
Berg & Dal: 15 Junie
Huistoe: 16 Junie
Ons beplan om in P.Borwa Aventura oor te slaap die aand van 29 Mei.
Ek voel gemaklik en veilig op die Pietersburg - Tzaneen - P.Borwa pad, en uiteraard die N4 terug.
Baie navrae gekry
Môre vriende
Het ek darem al oproepe en navrae gekry oor die beplande vakansie in die wildtuin. Ou koning Leeu, renoster, en hasie het al gebel. Hulle wil net bevestig presies watter dag en by watter hek ons aankom.
Hulle seg die diere is van mening dat omdat ons nie laasjaar daar was nie, hulle darem 'n verwelkomings ontvangs, met ballonne ook, moet reel. Wat 'n mooi gebaar.![]()
Slapies tel
Ek dink julle mag maar begin slapies tel. Dis immers minder as twee weke voor julle vertrek. Wat ‘n heerlike vooruitsig!
Verskil is net.....................
.................daardie karretjie sleep nie 'n Kavango agterna nie !
Sal moet terug bel
Middag vriende
Ek sal maar die voorsitter moet bel, en mooi vra om niks groter as 'n renoster na die verwelkoming te nooi nie.
Skielik lyk daai paadjie darem smal.
Malaria
Verskoon tog asseblief dat ek soos 'n ouvrou met 'n natbroek hamer op dieselfde ding. Die soekfunksie bring my nie na ons vorige gesprekke oor die aangeleentheid nie, maar dit maak ook nie saak nie. Al wat ek wil sê met julle Wessel wat eersdaags na die noorde van die Wildtuin gaan is die volgende : Ek sien oral in die media en oor die radio dat daar 'n geweldige toename van muskiete en Malaria-gevalle in veral Limpopo en ook Mapumalanga is. Ek onthou jy het gesê Marie is erg allergies vir malaria-medikasie terwyl Shaun se ma in Phalaborwa ook gewaarsku het daar is baie muskiete.
Gaan geniet die Wildtuin, maar pasop vir Malaria, dis 'n baie erge siekte.
Malaria voorsorg
Môre Len
Ek het ook al die berigte gesien en gelees, nogal kommerwekkend. Ons het ruim alternatiewe voorsorg aangeskaf. Smeermiddels en plaatjies om te brand.
Ek wonder wat maak persone wat permanent daar bly, hulle kan tog nie elke dag die duur pille drink nie.
Ek vermoed ook dat Kruger die kampe, en veral die rondawels en huise spuit.
Band lek herstel
Môre vriende
Vir die 1ste keer in my lewe het ek 'n nood, band herstel gereedskapstel gekoop. Na al die jare se rondry in wildtuine, het ek skielik hierdie "gevoel" gehad om so iets te koop.
Nou moet ek net vasstel hoe dit werk. Volgens die aanwysings steek en ryg mens die strop deur die band, dan terwyl daar 'n stukkie aan die buitekant uitsteek [oorbly], begin mens dit terugtrek. Dan as die els seker weer uitkom, knip mens seker maar net die strop van die els af.
Ten minste het ek nou so iets, sodat iemand wat kundig is, my kan help.
Handig om te hê. Het gebruik…
Handig om te hê. Het gebruik in ons onlangse toer. Moes iets ongewoon op die sandpaaie wees wat n slow puncture veroorsaak het. Buurman by Mata Mata het met sy Subaru n ou geroeste 6" spyker opgetel. ñ Gawe man het die Omie vinnig uitgehelp met n prop en n pompie.
Chris S....
Baie dankie, nou weet ek ook presies hoe om dit te gebruik.
Soos jy seg, "you tube" is goeie leermeester. Ons ouer garde wil steeds eerder na 'n boek gryp, en dan prakties dit oefen.
Die pompie....
..... het ek darem ook. Pompie as geskenk by Marie gekry nadat een stoutgat in Manyane my band afgeblaas het.
Noudat ek dit alles het, sal ek dit waarskynlik nooit nodig kry nie.
Kon darem nie help om die…
Kon darem nie help om die krake op daai Youtube band se loopvlak te sien nie! Hopelik word daai band nie verder gebruik nie![]()
Daai band...
...is sekerlik net vir opleiding doeleindes.
Moenie bekommer oor die krakies, daar is nog baie loopvlak.![]()
Ja Wessel....
Jou laaste opmerking beginne nou klink soos Eishkom se "amptelike" onderhouds strategie! ![]()
Repair kit
Ek gebruik ook soos op die YouTube video, maar in pleks daarvan om hom vinnig uit te trek aan einde, draai ek hom 90 grade in n rigting en trek dan normaal uit. So geleer op een van die verpakkings
Wees ook maar versigtig met daai repair kits met die plastic handles. Al gehoor van dat iemand se handsvastel gebreek het met daai 1ste stap waar jy gat skoonmaak en yster pen in sy handpalm gedruk het.....mens forseer hom nogals hard. Ek het maar bietjie meer uitgehaal en n volledige staal eenheid gekoop.....ek kry koue rillings as ek moet indink hoe seer dit moet wees as so n pen in jou palm steek, ek dink met die hoeveelheid drukkrag wat mens soms op dit sit, kan hy maklik deur jou palm steek
Mooiplaas ???
Middag vriende
Gee bietjie raad, is Mooiplaas piekniekplek soos Tshokwane, met fasiliteite om wegneem kos/etes te kan koop.?
Dit is 'n gerieflike halfpad stop tussen P.Borwa hek en Shingwedzi om draaie te loop en mae vol te maak. .





Verskoning
As die N4 afgesper word terwyl julle by Berg en dal is gee dit julle ‘n verskoning om langer te bly of weer noord te draai. Dit is darem sleg dat ons land so verval. Hier in die Wes-Kaap kom ons dit nie so erg agter soos daar in die noorde nie, maar dit raak ons tog ook. Hou maar moed en berei voor asof dit nog 1990 is.