Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -54 minutes ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -21 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -22 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -22 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 30/10/2017 - 08:36

Goeie more almal, tee was lekker vanoggend.

Dit is op die oomblik effens koel hier, maar dit gaan gou warm word.

Geniet 'n heerlike week.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 30/10/2017 - 10:54

Vanoggend was bietjie werksdag hier by ons.  Wasgoed gaan was en die karavaan 'n goeie skoonmaak gegee van binne.

En dit te midde van 'n bloedige warm son wat jou behoorlik braai.  Ek het nou 'n lekker koel stort gaan vat en sit nou hier in die seebriesie om behoorlik af te koel.   Colin en ons vriend is see toe met die stokke.   Ek het 'n mooi pangrootte bestel vir vanaand.

Arie, ek hoop dit gaan goed met die pakkery.   Ek hoop dit is nie so warm daar by julle nie.

Aangename Maandag en 'n goeie week vir almal.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 31/10/2017 - 05:30

Goeie more.

Sien die koffie is gemaak en sit nou en tee drink.

Vanoggend weer lekker temperatuur.

Arei indien jy vandag ry ry maar versigtig

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 31/10/2017 - 16:52

Sit ons by Sundowner Lodge in Piet Retief en geniet n lekker sundowner!

Die goeie Vader was weereens baie goed vir ons en het ons rustig en goed gery tot hier. Bietjie die scenic roete gery en so vinnig gaan kyk waar my belasting geld na toe gaan, vinnige draai by NKantla gaan maak.

Ons bet toe n vier uur trip and in sewe uur gedoen, maar pragtige wereld gesien lekker stywe bergpasse en asem rowende natuurskoon.

Ons bet mos baie tyd, more die laaste skof 400 kilos tot by Drie Berge.

Naweek sien ons weer al die kinders en klein kinders na ses maande.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 31/10/2017 - 17:36

klink na 'n lekker dag Arie.  Julle moet 'n heerlike aandjie hé en lekker slaap -  môre die laaste stukkie tot langs die Krokodilrivier!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 31/10/2017 - 19:52

Bly julle is veilig Arie, glo en vertrou dat julle goed sal rus en more veilig by Drie Berge gaan plak. Mensig, nou verlang ek na daai oord.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 01/11/2017 - 05:31

Goeie more almal.

Nuwe maand en amper die einde van die jaar. Koffie is aan die gang en sit en tee drink.

Arie veilig ry verder.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 01/11/2017 - 07:55

Goeie more almal, tee geniet, mooi November maand aan almal.

Ja tyd gaan al vinniger om, ons moet net oppas, dis amper al weer kersfees 2018?

Len, kom in Len, wat het van Len geword, hoekom so stil?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 01/11/2017 - 08:12

Goeie môre aan almal !

Johann, ek is nog hier  -  ook maar bekommerd omdat gesels op die forum maar skraal is.  As ouens nie veel oor kampsake te sê het nie, is daar so baie ander nuusgebeure waaroor gesels kan word, maar nee - weer so stil soos 'n muis.

'n Spesiale "goeie môre" aan Willem Brits (WilSur) wat hopelik vandag uit die Eugene Marais Hospitaal ontslaan sal word.  Sterkte Willem !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 01/11/2017 - 09:15

Hier bak ons nog uit.   Vandag is die vierde dag van erge hitte.  Baie mense geniet sulke weer, maar ongelukkig nie ek nie.   Dit is te warm.  Gistermiddag so 4 uur het daar donker wolke en donderweer oorgekom en 'n bietjie gereën, dinge bietjie afgekoel.  Maar vanoggend is dit nog warmer as ooit.

Arie, ek is bly die eerste deel van jul reis was voorspoedig en aangenaam.  Ek hoop julle ry verder lekker vandag en voorspoed met die huis regmaak vir die volgende paar maande by Drie Berge.

Ek was nie bewus Wilsur was in die hospitaal nie, so sê ook spoedige beterskap, hoop dit gaan goed en is niks ernstigs nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 01/11/2017 - 18:22

Jammer jy het toe nie 'n draai gemaak nie Anton.

Ja ek is terug by die huis, die boude sit nog nie soos hulle altyd gedoen het nie maar daar is nie meer daai Abses gemors wat so seer gemaak het nie.

Nou moet dit net spoedig beter word.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 01/11/2017 - 19:47

Sterkte Willem, hoop dit gaan nou beter gaan, ek was ook nie bewus dat jy hospitaal toe was nie.

Op 'n selfde noot, Frans se vrou, Linda sou vandag of more gaan om 'n datum vas te maak vir haar rug operasie. Als gang net af of die gesondheid verbeter het. 

Sterkte Frans en Linda, julle is in ons gebede. Ek sal hom whats app, en navraag doen, dan op daai draad sy antwoord plaas.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 01/11/2017 - 19:48

Welkom tuis Willem  !  Jy moet daardie agterend letterlik en figuurlik nou in rat kry  -  Desember Hartenbos lê om die draai vir julle !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus