DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

Goeiedag!
Vanoggend was bietjie werksdag hier by ons. Wasgoed gaan was en die karavaan 'n goeie skoonmaak gegee van binne.
En dit te midde van 'n bloedige warm son wat jou behoorlik braai. Ek het nou 'n lekker koel stort gaan vat en sit nou hier in die seebriesie om behoorlik af te koel. Colin en ons vriend is see toe met die stokke. Ek het 'n mooi pangrootte bestel vir vanaand.
Arie, ek hoop dit gaan goed met die pakkery. Ek hoop dit is nie so warm daar by julle nie.
Aangename Maandag en 'n goeie week vir almal.
Goeie more…
Goeie more.
Sien die koffie is gemaak en sit nou en tee drink.
Vanoggend weer lekker temperatuur.
Arei indien jy vandag ry ry maar versigtig
ek se ook so
Mag julle n voorspoedige dag beleef.
dankie Oom - julle ook!
Goeie more mense, mag julle…
Goeie more mense, mag julle dag mooi loop, heerlik warm hier by ons.
Tee gedrink nou gaan ek tuin toe.
Sit ons by Sundowner Lodge…
Sit ons by Sundowner Lodge in Piet Retief en geniet n lekker sundowner!
Die goeie Vader was weereens baie goed vir ons en het ons rustig en goed gery tot hier. Bietjie die scenic roete gery en so vinnig gaan kyk waar my belasting geld na toe gaan, vinnige draai by NKantla gaan maak.
Ons bet toe n vier uur trip and in sewe uur gedoen, maar pragtige wereld gesien lekker stywe bergpasse en asem rowende natuurskoon.
Ons bet mos baie tyd, more die laaste skof 400 kilos tot by Drie Berge.
Naweek sien ons weer al die kinders en klein kinders na ses maande.
Bly julle is veilig Arie,…
Bly julle is veilig Arie, glo en vertrou dat julle goed sal rus en more veilig by Drie Berge gaan plak. Mensig, nou verlang ek na daai oord.
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Nuwe maand en amper die einde van die jaar. Koffie is aan die gang en sit en tee drink.
Arie veilig ry verder.
Lekker dag vir elkeen
More Dusty en kampvrinne. …
More Dusty en kampvrinne. Ja kan julle dit glo. 1 November!
Wie gaan snor groei?
Môre aan almal…
Môre aan almal.
Lekker dag vir almal. Haal die meeste uit hom uit en kom terug vir nog.
GM
Goeie môre aan almal !
Johann, ek is nog hier - ook maar bekommerd omdat gesels op die forum maar skraal is. As ouens nie veel oor kampsake te sê het nie, is daar so baie ander nuusgebeure waaroor gesels kan word, maar nee - weer so stil soos 'n muis.
'n Spesiale "goeie môre" aan Willem Brits (WilSur) wat hopelik vandag uit die Eugene Marais Hospitaal ontslaan sal word. Sterkte Willem !
More almal
Hier bak ons nog uit. Vandag is die vierde dag van erge hitte. Baie mense geniet sulke weer, maar ongelukkig nie ek nie. Dit is te warm. Gistermiddag so 4 uur het daar donker wolke en donderweer oorgekom en 'n bietjie gereën, dinge bietjie afgekoel. Maar vanoggend is dit nog warmer as ooit.
Arie, ek is bly die eerste deel van jul reis was voorspoedig en aangenaam. Ek hoop julle ry verder lekker vandag en voorspoed met die huis regmaak vir die volgende paar maande by Drie Berge.
Ek was nie bewus Wilsur was in die hospitaal nie, so sê ook spoedige beterskap, hoop dit gaan goed en is niks ernstigs nie.
EK het vroeer via sms van…
EK het vroeer via sms van Wilsur gehoor hy gaan ontslaan word. Hoop hy is ok.
Jammer jy het toe nie 'n…
Jammer jy het toe nie 'n draai gemaak nie Anton.
Ja ek is terug by die huis, die boude sit nog nie soos hulle altyd gedoen het nie maar daar is nie meer daai Abses gemors wat so seer gemaak het nie.
Nou moet dit net spoedig beter word.
Sterkte Willem.
Sterkte Willem, hoop dit gaan nou beter gaan, ek was ook nie bewus dat jy hospitaal toe was nie.
Op 'n selfde noot, Frans se vrou, Linda sou vandag of more gaan om 'n datum vas te maak vir haar rug operasie. Als gang net af of die gesondheid verbeter het.
Sterkte Frans en Linda, julle is in ons gebede. Ek sal hom whats app, en navraag doen, dan op daai draad sy antwoord plaas.





Goeie more almal, tee was…
Goeie more almal, tee was lekker vanoggend.
Dit is op die oomblik effens koel hier, maar dit gaan gou warm word.
Geniet 'n heerlike week.