Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 14/11/2017 - 05:39

Lolla gaan jou vir daai Leeus gooi om op te vreet, gehoor!   Ons vrouens snork nie en hou nie daarvan die manne moet sê ons doen nie.   Dis jul eie gesnork wat julle hoor.laugh

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 14/11/2017 - 06:17

Nog n dag vol vreugte vir almal sit aan daai ketel die koffie loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 14/11/2017 - 08:51

Freda, ek bly gewoonlik baie ver van medikasie/pilletjies af weg. Ek sien die dr ook bitter min. wanneer ek hom wel sien moet ek myself eers weer aan hom voorstel so min sien ek hom. so eenkeer in twee tot drie jaar of minder. 'n Mens is geneig om te gewoond daaraan te raak

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 14/11/2017 - 09:16

More mense, mag julle 'n mooi dag geniet.

Ja, ek wonder ook waar is Len, hoop nie hy het hom vir my vererg ivm die vlag storie nie.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 15/11/2017 - 05:33

Goeie more .

Lekker nat vanoggend. gisteraand so 'n vinnige harde bui reen gehad. Vanoggens so in 'n ligte reentjie kantoor toe gery.

Koffie klaar geprut en sit nou en tee drink.

Geniet die klein Saterdag

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 15/11/2017 - 07:33

Môre aan almal.   Hier in Meyerton Reen dit ook nou lekker.  Deur die nag 6mm gehad.

 

Wel julle almal moet die volgende paar dae julle koffie en tee geniet.  ek gaan nie kom saam drink nie.....

More vroeg vroeg is ons weg....  MOZ hier kom ons.

Sal probeer om so nou en dan n foto of  twee op die FB blad sit. 

Lekker dag vir almal

 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 15/11/2017 - 07:41

More almal Secunda so tussen 7 - 15mm reen deur nag gehad koffie gedrink en dit loop soos stroop Deon jy moet geniet gooi n fototjie of twee so tussen die ry en kamp geniet lekke dag vir almal

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 15/11/2017 - 09:15

Oe, dis lekker nat in die Baai.   Dit het gisteraand 6 uur se kant behoorlik begin reën en deur die nag baie.  By tye baie hard.   Dit is wonderlik, ek hoop ons damme kry water, dit is die belangrikste.   Ai tog, dit lyk amper asof almal reën kry behalwe die Kaap.   Dit is 'n jammerte, mens kry hulle regtig jammer.

Deon, geniet jou laaste dag voor die "groot vertrek".    Ek hoop julle gaan Moz geweldig geniet en dat jul al die pad voorspoedig gaan wees.

Ek het vanoggend 'n e-pos van Frans gehad.  Sy vrou het toe gister 'n 5 uur lange operasie gehad en die dokters sê alles het goed gegaan.  Sy is die eerste paar dae onder verdowing.  Frans bly daar in 'n gastehuis en hul hoop sy kan volgende week teen Woens/Don oorgeplaas word na Klerksdorp hospitaal.   Ons moet almal duim vashou dat sy nou volkome sal herstel.

Verder 'n baie lekker dag vir al die koffie en tee drinkers!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 16/11/2017 - 05:36

Goeie more.

Weer koel vanoggend. Voertuig het net 7° gewys vanoggned. Baie dankbaar vir die reen wat gister geval het. Dit lyk my dit was oor 'n groot deel van ons land. George dam het blykbaar van iets soos 46% na 66% gestyg.

Tee gemaak en besig om te drink. Koffie is ook besig.

Lekker dag vir elkeen

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 16/11/2017 - 06:02

Lekke dag vir almal leef en laat leef ketel is aan die koffie gaan loop soos stroop vanoggend

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 16/11/2017 - 08:16

Ons plaaslike koerant berig dit het alreeds 6Omm gereën.   Dit reën nog steeds.  Die damme kry blykbaar heelwat water maar "nog nie naastenby genoeg nie".  Ons het oorstromings in sekere gebiede.  Baie dankbaar daarvoor.

Ek wens almal 'n beste dag toe.

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 17/11/2017 - 04:59

Goeie more.

'n Koelerige Vrydagoogens, selfs kouer as gisteroggend. Kar se meter wys vanoggend net 5°. Warm tee is vanoggend heerlik. Koffie ook aan die gang. Vir wie kan ek skink?

Geniet hierdie Vrydag tenvolle en lekker naweek

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 17/11/2017 - 05:44

More Dusty, ek sal koffie neem asb.  My teekoppie is al koud.

Nouja, ek het vir 3 dae verskoning gehad om nie wasgoed te doen nie, dit het mos gereën!  Nou is die reën weg, so vandag is wasdag vir my.

Hier by ons is dit ook koud, voel soos winter in die aande.

Geniet julle Vrydag en ek wens almal 'n wonderlike naweek.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 17/11/2017 - 06:02

Môre almal.  N heerlike nagrus gehad by "BOOMHUISIE" in Komatipoort. Lieflike weer. Gaan so binne die volgende uur of so deur die grens na MOZ.. Baie gereen gister in Maputo omgewing so die beplande roete moet so bietjie gewysig word..

Geniet julle dag .

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 17/11/2017 - 07:49

More almal.  Sies Freda, ja was asseblief!

Deon julle moet lekker ry en geniet!

Ek is die afgelope week baie op die pad, weer in Nigel vandag. 

Lekker Vrydag vir almal!

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Fri, 17/11/2017 - 08:45

Mooore, mooore, mooooorei

Koffie sal lekker wees dankie. Ek skink in.

Offisieel nog twee en 'n bietjie werksdae oor vir my voor ek op pensioen gaan. Ai, man. Kan nie wag nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus