Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 27/10/2017 - 07:16

Hi, uit n nat koue Salt Rock.

ek hoop darem julle het sonskyn as dit by die oppak dag kom wink

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 27/10/2017 - 07:18

So is die werks week om ja tyd vlieg die wat kamp gaan groot die wat by huis is geniet en die wat werk soos ek om staad se kontant koffers vol te hou geniet ook. Koffie loop soos stroop en ja dankie Vader virrie reen waar dit reen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 27/10/2017 - 07:46

Goeie more aan almal, mag julle naweek loop soos stroop.

Dankie die koffie was heel lekker met beskuit.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 28/10/2017 - 05:48

Goeie more.

Koelerig vanoggend hier in Centurion. Koffie en beskuit was nogal lekker.

Vandag weer dir tuinroete wat gedoen moet word

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 28/10/2017 - 05:49

Goeie more mense. Dit is ...bitter koud... hier in Pretoria vanoggend. Rukwinde het gister groot takke afgewaaai en voertuie beskadig hier in ons kompleks.

ek dink dit is alles 'n teken dat wp gaan wen vandag!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 28/10/2017 - 06:22

More julle ook maar koud hier in petrol dorp ek hoop die WIEPP gaan die wa deur trek lekke dag vir julle almal en koffie jip hy loop soos stroop

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 28/10/2017 - 06:47

Hi, groete hier vanuit (ampertjies) die Sharktank! Glo die vreugde vure gaan hoog brand vanaand met die gepaardgaande geskal van trompette en die gejuig van die skare!!!

Ja vandag is n SWART dag hier in die Zulus se koningreik.

Koelirig vamore, gister heeldag en deur die nag ook gereen, sal maar sien of ons kan droog oppak, anders bly ons maar n paar dae langer. Gelukig niks wat ons jaag nie, ons het nog ons hele lewe voor ons.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 28/10/2017 - 07:19

Ek hoop amal het lekker (en warm) geslaap, want dit lyk of dit alweer winter geword het.  Ons het gister reën gekry tot omtrent middagete, toe trek dit weg na Arie hulle toe.  Die son skyn en dit is 'n mooi dag maar dit is nog steeds koud.

He-he, ja Arie, daar in die Sharktenk sal julle vandag al 'n voorsmakie kry van swart aantrek.wink  Die WP is die underdogs vandag, die Sharks se sterte is in die lug, dit gaan interessant wees.

Geniet julle dag, hoop alles loop mooi vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 28/10/2017 - 07:44

Goeie môre al die kampeerders en ons ou spulletjie wat tuis sit !

Vanoggend is dit 'n heerlike "lentedag" met 'n temperatuur van 26º - op die oomblik ook windstil.  Maar, en dit is 'n groot maar, die hittegraad gaan aansienlik styg die volgende paar dae tot Dinsdag se voorspelde 36º !  Die hitte kan ons nog seker dra, maar ai, die verdamping van die bietjie water in ons damme gaan erg wees.  Ongelukkig ook geen reën voorspel in die week wat kom nie.

Maar ons hou moed !  Wee-Pee se oorwinning vanmiddag behoort darem ons gemoedere lekker af te koel !

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 29/10/2017 - 04:51

Goeie more almal hier op n heerlike Sondagoggend.

Het weer soos wat Hester dit genoem het, die staar siekte. Klaar koffie gemaak en sit dit nou in die sitkamer en drink.

Lekker rusdag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 29/10/2017 - 06:20

Goeie more Dusty.  EK sit ook hier lekker rustig op my stoepie, drink koffie en luister na die voeltjies.  Lyk my gister se winter is verby?

'n heerlike liefdevolle en vredevolle Sondag vir almal!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 29/10/2017 - 06:55

Hi.

Baie geluk aan WP julle het verdien om te wen!!

Sonskyn vandag en ons moet begin oppak!

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 30/10/2017 - 04:53

Goeie more.

Koelrig vanoggend. Sien die meter wys net 8°. Tee klaar gemaak en die koffie masjien prut ook.

Oktober amper ook verby. 

Arie, geniet die pakkery.

Lekker dag vir elkeen

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/10/2017 - 05:44

Goeie môre almal !

Ons gaan 'n snikhete dag vandag en môre hê - voorspelling is 34º !

Lekker dag en voorspoedige werksweek vir almal.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 30/10/2017 - 06:54

Dankie Len en Dusty.    Effens koelerig hier.   Len ek hoor die mense kom al van vroeg af bymekaar daar by kanonkop / klapmuts. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus