Forums
Ek open sommer namens my vriend Herman hierdie gesprek. Ek sien in my dagboek dat hulle binnekort, 30 April vertrek op 'n lekker uittog Kgalagadi toe.
Ons sal die gesprek fyn dophou vir terugvoer en mooi fotos. Mag julle dit verskriklik geniet.
Predictive text hulp ?
Lees ek hier deur, en sien my plasing van die leeus by Gharagab is rof van die vreemde woorde.
Somtyds gebruik ek die selfoon vir klets, maar magties die dingetjie het n wil van sy eie om my deurentyd reg te help met spelling. Ongelukkig die wal af.
My na Willem dikvingers laat verlang.





Leeus wat bande vreet gedek
Ek het onmiddelik my makelaar (wat saam was Kgalagadi toe) gevra of die geel sambreel my sou dek vir so iets. Sy antwoord was ‘n onomwonde ja. Dis goed om te weet, want daardie bande uit Upington moes ‘n mooi klompie gekos het, Dunlop of andersins.