6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -4 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 17/07/2023 - 09:52

.............dikwels die N.8 tussen Bloemfontein en Ritchie gery om dan by die N12 aan te sluit tot by Driesusters  waar dit by die N1 aansluit.  Ons het dit egter 'n paar jaar laas gedoen en ek sal graag jou verslag wil hoor, veral die deel waar jy afdraai vanaf die N8 tot by Richie.  As ek reg onthou is die pad maar redelik nou, maar bitter min verkeer ry daar en vir ons was dit 'n lekker rit.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/07/2023 - 14:26

Middag Len

Ek sien nou eers die alternatiewe pad. Ek is van plan om op die N8 te bly, tot kort voor Kimberley, dan by lughawe verby om by N12 aan te sluit. Dis nou van Bloem se kant af.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/07/2023 - 14:07

Alhoewel dit nog vrek koud is (vanoggend toe ek die kinders skool toe vat net 5 grade) staan daar vandag skielik plate oranje daisies orals. Dit gebeur gewoonlik eers in die lente, maar dalk het die relatiewe vroeë swaar reën iets daarmee te doen?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/07/2023 - 14:13

Ek hoor en lees al meer dat blomme gewaar word. Dit is eintlik vroeg, en ek hoop maar dat my 4000km nie verniet gaan wees nie. 

Dis die gefoeter, die natuur maak soos dit wil, en mens moet plekke bespreek. As dit nie saamval nie, is dit nou maar so. Ten minste sien ek 'n deel van die land waar ek as laerskoolkind laas was. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/07/2023 - 14:28

Dis die gefoeter, die natuur maak soos dit wil, en mens moet plekke bespreek.

Ek het Saterdag oppad terug van Hermanus ook bloeisels gesien in die appelboorde weerskante van Villiersdorp. Dis vreemd, want dis nog koud. 
 

Maar die weer is die weer, mens kan dit nie verander nie en pas maar aan. Ek hoop vir julle onthalwe dat julle nog blomme sal kry op julle toer. Dit is in elk geval maar ‘n dobbelspel, want selfs al is jy op presies die regte tyd hier wat die blomme op hul digste is, kan dit bewolk wees en dan wys hulle nie hulle gesiggies nie. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 24/07/2023 - 19:06

Hier by ons begin dit al klaar blom, wel nie hier nie, nog te koud, maar naby die dorp is die daisies  volop. Die klein Karoo gaan n vreeslike mooi lente beleef met die goeie reen. Ek sien die Septemberbosse se knoppe is dik, en sal seker al in Augustus oopgaan. Die bosse gee die veld die soetse reuk... amper soos my ouma se poeier se reuk.

Wessel ons gaan kyk hoe lyk die blomme hier as jy by KNPark is. dalk kom kuier julle by my vir n dag en ons kyk blomme.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/08/2023 - 12:58

Middag vriende

Ons vertrek dag storm op ons af. Volgende Vrydag is Grompie in die pad, om die toer te begin.

Aankope geskied so in fases, vandag die nodige apteek aanvullings gedoen, koop sommer sodat alles hou totdat ons terug is by die huis.

Die klaar voorafbereide kosse is ookal in vrieskas, dis nou vir daai 1 aand oorslaap of as die weer onplesierig is.

Volgende week Woensdag word Kavango uit sy bedekking gehaal, en voor die huis staangemaak, vir inpak. Grompie skuif dan ook agterstevoor in garage vir die groot pak. 

Ek sien vanoggend dat die NG gemeente op Kamieskroon as inligtingsentrum gedurende die blommetyd optree, MAAR mens kan ook kos, brood, gebak tot velskoene daar te kope kry. Ek sal hulle gaan ondersteun, dalk kan mens lekker Namakwa skaapvleis daar aanvul vir die pad huistoe, die vrieskaste behoort dan reeds redelik leeg te wees.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/08/2023 - 13:52

Julle wat al vele kere by KaarooNP en Jongensfontein kampeer het, drink julle die kraanwater, of slegs gebottelde water.?

Ons het laasjaar maar water in B.Wes se OK gaan koop. Dis veel goedkoper as by die park se winkel.

Die keer sal ek die Kavango se tenk volmaak by die huis, en nie weer by Aldam nie. Laasjaar was Aldam se kraanwater effe bruin, en dalk met bietjie sand ook in. 

In die algemeen vertrou ek nie meer oorde se kraanwater nie, veral die oorde hierbo by ons. Ek is redelik seker dat die grondwater alreeds in 'n mate besoedel is met .....

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 10/08/2023 - 14:50

Ons gebruik slegs gebottelde water vir ons drinkdoeleindes - ook hier by die huis (ten spyte dat die munisipaliteit ons verseker dat die kraanwater aan alle gesondheidsvereistes voldoen). Vir koffie en tee gebruik ons wel kraanwater. By ATKV Eiland gebruik ons slegs gebottelde water - ook vir koffie en tee. Hulle kraanwater was in die verlede só gechloor dat dit 'n onaardige smaak aan koffie en tee gegee het.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/08/2023 - 15:02

Karoo N Park se water kom van boorgate, so behoort skoon te wees. Die mense wat daar bly gebruik dit  elke dag. Ons drink maar gebottelde water, ry altyd so 2x5l van ons fonteinwater saam vir n start. Die gechloorde water soos Chris noem kry ek regtig nie in my lyf nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 10/08/2023 - 18:25

Koop ‘n 20l kan by ‘n plek soos Oasis en maak dit vol by supermarkte. Dis baie goedkoper (en gesonder vir die omgewing) as elke keer 5l bottels koop. Ook meer gerieflik want die kan het ‘n kraantjie waaruit jy kan tap. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/08/2023 - 18:51

Vir ons kampering gebruik ons, vir kos en drink, net ons eie water, en gekoopte water wanneer dit klaar raak.

Ek het twee 25 liter kanne, met krane, wat en hier vol maak en net aanvul soos nodig by verspreiders wat gesuiwerde water verkoop.

Die 60 liter tenk maak ek by oorde  vol en gebruik dit net vir skottelgoed.

Nou ja, Wessel julle moet die laaste fase van die reg kry, ernstig geniet - amper net so lekker soos daai haak en gaatlaugh

0
Worcester

Wildehont

Fri, 11/08/2023 - 13:22

‘n Kollega was verlede naweek Weskus toe. Hulle het by Postberg in Weskus NP en in Vanrhynsdorp omgewing gaan blomme kyk en te oordeel aan sy foto’s is daar al baie blommetjies. Die kerk in Vanrhynsdorp het blykbaar ook tans ‘n blomme sentrum. Iemand daar het hom aangeraai om na Maskam gastehuis te ry en daar R20 te betaal om hulle blommeroete te ry. Hy sê dit was uit en uit die moeite werd.
 

Ek sien volgende week is die heerlike weer wat ons die afgelope week en ‘n bietjie ervaar iets van die verlede, so pak maar die jurkies in wanneer julle volgende week inpak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/08/2023 - 13:35

Hello Chris S

Dankie vir die blomme info, reeds aangeteken in my padkaartboek. Ons sal vir daguitstappie dan beslis in VanRhynsdorp se rigting ry. 

Ook van Clanwilliam [Rondeberg oord], ook gaan kyk hoe lyk Wuppertal. Ons sal beslis vir die plaaslikes vra waar om blomme te gaan vind, nie soek nie.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 11/08/2023 - 13:44

Ons gebruik ook gesuiwerde water van die Go-Zone franchise-winkels vir drink doeleindes. Die water word gesuiwer deur middel van die "reverse" osmose-proses en waar die verlore minerale weer terug in die water geplaas word.  Vir alle ander doeleindes gebruik ons die oord se water.

'n Uitsondering is egter wanneer ons in die Kruger Wildtuin en by Karoo Nas. Park kamp, gebruik ons die kampeerplek se water.  Oor die jare heen het ons geen probleme hiermee ervaar nie, maar dit sal seker ook eersdaags verander.

Wessel, vandag oor 'n week : geniet dit !

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/08/2023 - 14:55

...ek het nogal gedink dat KarooNP se boorgatwater nog betroubaar kan wees. 

Ek is egter onseker dat KrugerNP se boorgatwater dalk al vuil is. Moontlik het hulle suiweringswerke voordat dit vir mense aangebied word. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 11/08/2023 - 17:32

.... aan te wakker. Maurits bel my enkele minute gelede. Hy en Martie kamp tans by Leentjiesklip en het vandag Postberg in die Weskus Nasionale Park besoek. Hy't gevra of ek die volgende foto's, wat hy vandag daar geneem het, namens hom kan plaas. 

Wessel - ek glo nie jy sal omgee dat ek dit op hierdie gesprekslyn van jou plaas nie.

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/08/2023 - 07:10

Môre Chris

Ek gee gladnie om nie. Dit is wragtig pragtig.

Ek raak net al meer bekommerd dat dit net moet hou totdat ons daar kom. Ek dink mens moet darem 1 keer dit ervaar. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus