Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -13 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/08/2023 - 19:33

Naand vriende

Dis ons 2de aand in Van Zylsrys, ook die 2de keer wat ons hier staan. baie netjies, skoon en veilig. Lekker plat plaveisel plekke, omring met gras. Ablusie is bitter klein, min geriewe, maar ek het nog nie tou gestaan vir iets nie.

 

VZ2

VZ1

Ek sit ook 'n foto by waar ons vir die wind probeer wegkruip het in Jongensfontein. ek is seker die van julle wat al daar was, sal dit herken.

 fontein

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/08/2023 - 19:44

Die eienaar, John van Zyl het 'n tyd gelede vir my gesê hulle besef die ablusie is baie klein, maar hulle het probleme met munisipale goedkeuring om 'n karavaanpark op die kleinhoewe te bedryf en hy is dus versigtig om nog kapitaal uit te lê.  Ek weet nie of dié rede nog geld nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/08/2023 - 19:51

Ek het toe ek my huidige stoeptent gekoop het vir myne laat slopies insit. Watter verbetering!! 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 29/08/2023 - 20:57

Ek herken daardie staanplek. Dis aan die huisies se kant van die ablusie. Die eerste twee of drie staanplekke aan die regterkant na mens deur die hek is, is die beste bestand teen wind na my mening. Ek weet nou nie of een van hulle oop was toe julle daar was nie. Ons het al op die eerste en tweede een gestaan. Die eerste is bietjie sanderig. Die tweede een was lekker. Geniet van Zylsrus. Dit lyk baie netjies. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 30/08/2023 - 06:29

Ek gebruik ook presies daai penne,MAAR luigat het dit nie by Jongensfontein gebruik nie

Ek glo, nes jy nie weer ‘n Maxcon tipe pen sonder ‘n swembad noodle om sal gebruik nie, sal jy ook nie weer vergeet om die ringpenne te gebruik nie. Ek gebruik net drie vir die drie regop pale aan die buitekant van die afdak. Ek slaan dit gewoonlik heel laaste in, lig die paal op en sit dit daarin, en trek dan die toue styf - maar nie te styf nie. Met die Maxcon tipe pen moet die spiraalveer gedeelte van die pen nie platgedruk met die spirale teen mekaar wees nie. Anders verloor die pen sy veerkragtigheid wat voorkom dat jou tent skeur waar die tou vas is as die wind erg waai. Met die ringpen kan die paal maar bietjie oplig. Dit sal net weer terugsak op dieselfde plek en nie omval nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/08/2023 - 08:44

More vriende

Giste die wyntoer gedoen. Begin by Fairview se bokkase en toe letterlik ombeweeg na die "Spice route". Vreeslik baie trappe en duur gemorsies te koop. Net die speserye winkeltjie was moeite werd. Daarvandaan aanbeweeg na Delheim en Muratie. Ten duurste vir my 'n verjaarsdaggeskenk gekoop, 3 bottels Pinot noir van Muratie. Al die plekke is prysgewys ingestel op Euro's. By Skilpadsvlei gaan boerekos eet. Die ander plekke se spyskaarte het oneetbaar voorgekom.

Vandag gaan ons vis en chips eet by Houtbaai se hawe. Ten minste is ek dan weer in Maie se goeie boekies.laugh

 

 

 

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/08/2023 - 08:55

Geniet die Kaapse kuier Wessel. Jy was by plekke waar ek nog nooit was nie - soos Fairview, Spice Route en Skilpadsvlei.

My ervaring is dat jy besoek toeriste-aantreklikhede ver van jou huis af, maar dié naby aan jou gee jy 'n "skip". So by so het die V&A Waterfront al donkiejare bestaan voordat ek die eerste keer daar gekom het. Ek was al 'n volwassene voordat ek die eerste keer op Tafelberg gekom het. En beide moes ek noodgedwonge later tot vervelens besoek danksy oorsese kollegas wat ek moes vergesel. So was ek ook nog net een keer in Kirstenbosch omdat twee oorsese kollegas dit wou besoek.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 30/08/2023 - 10:13

maar dié naby aan jou gee jy 'n "skip"

Wat van toe julle in Tzaneen gebly het? Julle het seker nie toe die Kruger wildtuin oorgeslaan nie devil 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/08/2023 - 10:25

Die wildtuin is egter nie vir my 'n toeriste-aantreklikheid nie, maar 'n verpligte plek om na toe te gaan as jy naby daaraan bly. Amper soos die strand by Kleinmond. As ek nie gereeld daar gaan stap nie voel dit asof iets "missing" is in my lewe.

Jammer Wessel vir die besoedeling maar ek wil die volgende deel. Toe ek finaal verneem dat ons Tzaneen toe gaan verhuis (van Oudtshoorn af) was ek kinderlik opgewonde om só na-aan die wildtuin te gaan woon - waar ons minstens een keer per maand was. En ek het uitgesien om vrugte soos avo's, mango's en lietjies op my voorstoep te hê. Maar ons was nie lank daar nie, toe wens ek dat ons vir 'n naweek kan see toe gaan. En ek verlang na die Kaapse vrugte soos geelperskes, druiwe ens.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/08/2023 - 16:27

jis mense, dis nie 'n plesier om met vreemde nuwe kar en GPS in vreemde stad jou pad te vind nie. Ek is skoon kort van draad en moeg, maar is heelhuids terug in woonwapark.

Vervies ek my gister vir 'n vrou by Fairview. so gaan staan ek by 'n proetafel, bloot om net na die pryse te kyk. Seg sy vir my----wat soek ek daar, jy behoort nie aan my nie!!!! Seg vir haar in keurige afrikaans--- ek behoort beslis nie aan jou nie, en loop uit. Nodeloos om te seg, sonder enige aankope.

Die Kaap bly maar mooi, maar o genade die stadige bestuurstyl van die plaaslike mense kry my onder. Die lig slaan groen, en net voor dit oranje word, sal die voorste ou besluit om weg te trek.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 30/08/2023 - 20:20

Dis mos hoekom die Seinheuwel kanon 12:00 afgaan; sodat die Kapenaars kan wakker word om verder te drink. 

Dit is moeilik om by die bestuurspas aan te pas as mens van daar bo af kom. Maar as mens in Rome is…

Almal is darem nie so onbeskof nie. En die wyn is nie orals so duur nie. Kom volgende keer na die kant van die tonnel toe. Kapenaars dink gewoonlik die prys per bottel hier is vir net ‘n glas wyn. En die mense is baie vriendeliker. En almal Afrikaans. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 31/08/2023 - 05:41

Kom volgende keer na die kant van die tonnel toe. Kapenaars dink gewoonlik die prys per bottel hier is vir net ‘n glas wyn. En die mense is baie vriendeliker. En almal Afrikaans. 

Dit kan ek beaam. Daar is soveel goeie kelders aan die kant by die Smalle. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 31/08/2023 - 09:15

Klink my ou Wessel is heeltemal gatvol vir die Weskaap. Sê nie n woord nie, nie eers vars klagtes nie. Kan net hoop dat die blommetjies hom bietjie vroliker maak.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 31/08/2023 - 09:31

Hier by ons waai die komende koue front se wind al woester buite. Dit het seker gister al daar by hom begin. Ek hoop hy het die keer onthou om die pale in ringpenne te sit. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/08/2023 - 09:47

..................van die tonnel is daar nog geen wind nie, net 'n effense misreëntjie om Wessel se seile lekker nat te maak terwyl hy vandag moet oppak om môre Weskus toe te vertrek.  Sou Wessel nou 'n konvensionele karavaan gehad het, sou die Suid-Kaap se windjie en die mis reëntjie hier in Kaapstad niks gepla het nie.  Maar nouja as bejaarde mense hulleself wil jonk hou, dan................

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 31/08/2023 - 16:21

...middag vriend[?], gelukkig het ek vanoggend 7h00 opgespring van die stadslawaai. Marie wou nog vra---jy wil wat, toe seg ek, laat ons afbreek. Alles is weggepak, bejaardes is droog. Lekker gaan aansit vir uithaler middagmaal by suster, skaapboud en groente vir Marie. Poeding en koffie, nou terug by wa en sit alweer in my knus boswa. 

Jy kan maar spot met konvensionele wa, hier het nounet persone ingesleep met 'n Sahara 4-wiel wa. 

Herman:  die khakie klere was ewe gestyk boonop, kuif gladgelek en hemp ingesteek. Blik-sementemmer, het sy my omgekrap. 

Marie verbied my om vir mense te flits, nou klim ek maar uit, hoed in die hand, en vra hulle om groot asseblief net volgende keer as lig groen slaan te begin ry.

Natuurlik sal die een vrieskas vanoggend ophou werk, as dit in wa ingestoot is. Met gesoek kom ek agter die draad het uit BradH-prop getrek. Met groot moeite, geswets kon ek die draad ordentlik vasgeknyp kry in die koppelstuk, en teruggestoot kry in BH. Die daai klein jakkalsies wat my se meter rooi toe druk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 31/08/2023 - 16:42

Die wesKaap bly 'n mooi deel, ongelukkig kan mens nie die weer kies nie. Ons hoop net dat ons sonskyn kry in blommeland, anders sien ons dalk niks. Dan moet ek maar roosterkoek en vleis eet om temperament te verbeter. Nou opgehou stuif, moet gou die ketel gaan kook vir koffie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus