Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -9 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -9 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -9 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -9 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 28/08/2023 - 11:09

.... vanoggend hier in Roemenië met 'n swart T-hemp rond wat ek verlede week hier by 'n plaaslike winkel gekoop het. Maar dit is seker die naaste wat ek aan dié swart trui sal kom waarvan Skerpioen praat. Ek sal te skaam wees om een van Skerpioen se truie in Suid-Afrika te dra.cheeky

Ek het nog nooit oor 'n Sprinbok-ondersteunerstrui beskik nie. Maar pas voor ons vertrek het ek sommer so 'n "cheapie" by PnP Clothing gekoop toe ek dit toevalling daar sien hang het. Dit is nie die ware ondersteunerstrui nie, want voorop staan net "Springboks" met die springbokkie en die landswapen op. Ek het my voorgeneem om dit hier in Roemenië te dra op die dae wat die Bokke speel - veral teen Roemenië o.a. Ek het dit verlede Saterdag en afgelope Vrydag aangehad, alhoewel ek glo dat die inwoners van hierdie dorp het nie 'n benul van rugby nie. Hier is dit net sokker. Maar ek is nog vir drie van die Bokke se wedstryde hier (teen Skotland, Roemenië en Ierland onderskeidelik) en sal dit dan maar weer aantrek.

Daar's 'n sêding: 'Liewers dood as uit die mode'. Maar ek dink ek sal dit van toepassing maak op Skerpioen se trui: 'Liewers dood as om gesien te word in 'n All Blacktrui'.

Aag, ek korswil lekker op hierdie dooie forum. Ek wil nie uitgaan nie - die son brand jou kapoet. Dus dit ek lekker om by die "laptop" te sit en bollie praat.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 28/08/2023 - 12:07

Ons het die naweek se game teen NZ  baie geniet.    Ek sien nogal uit na die opkomende wereldbeker.    My vrou en skoonma sit natuurlik vasgegom voor die skerm en verskaf vermaaklikheid soos hulle kan aangaan.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 28/08/2023 - 12:54

Skerpioen, vandag is n besige dag hier. Besig om kabelfoute op te spoor en te herstel, simpel besigheid. Lees die dinge so bolangs. Ek sien Chris B is erg beswaard. Mooi so Chris, hou die fakkel hoog.

Die wat jy All Black ondersteuner is, pla my werklik nie, maar demit, ek vind dit baie vreemd!! Dit is net ongewoon vir , ek dink my ouderdom se mense, en dit wil voorkom na verdeelde lojaliteit.  Is dit net met rugby, wat van krieket?

Onthou, ek is nie besig om beswaard te gesels nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 28/08/2023 - 13:20

Ek sien Chris B is erg beswaard

Ek's g'n beswaard nie. Net nuuskierig hoe 'n Suid-Afrikaner se All Black-kop werk. Terwyl Skerpioen het al so 'n bietjie probeer verduidelik het, snap hierdie kleintjie tussen my ore nog nie die motivering wat hy gee nie. 

demit, ek vind dit baie vreemd!!

Sê ek ook. Maar ek gun hom sy plesiertjie om te doen wat hy wil.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 08/09/2023 - 13:27

.... dis wat my pa 'n skerpioen genoem het. Ons eie Gert Viljoen sit seker vanaand bankvas agter sy span, aangetrek met sy All Black-trui. Dit het niks te doen met die feit dat Skerpioen se gunsteling span gereken word as ons Bokke se aardsvyand nie - maar die blote feit dat my voorgeslagte Franse was, laat my sentimente eerder na Frankryk se kant toe oorhang.

En as die Bokke gelukkig is om hetsy eerste of tweede in hulle groep te eindig, is die waarskynlikheid baie groot dat ons teen een van vanaand se twee spanne in die eerste uitspeelwedstryd te staan gaan kom.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 08/09/2023 - 13:58

Ek gaan beslis ook in my All Black ere trui vanaand rugby kyk al is dit -5 grade.   My span het iets om reg te maak.   Die Franse is nogal oorgehaal.   Ek glo dit gaan 'n harde fisiese rugby game wees met baie geel kaarte.   Die span met die minste foute gaan wen.  

Verder sal ek Ierland en Skotland ondersteun net vir die lekker daarvan.  

Sterkte aan al die manne met hulle span keuses.  Mag rugby wen.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 08/09/2023 - 16:04

Ek hoop jy geniet darem 'n ou stukkie biltong ook terwyl jy jou spannetjie kyk. "Good luck" vir vanaand - maar hoekom het ek so 'n snaakse gevoel? Ek hoop vir jou part ek is verkeerd.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 09/09/2023 - 08:43

maar hoekom het ek so 'n snaakse gevoel? 

.... was toe nie verkeerd nie. Daar trek die Hane toe die All Blacks se tande. Maar soos Naas Botha by geleentheid gesê het: "Die Curriebeker word nie in Mei gewen nie". Dieselfde geld natuurlik vir die Wêreldbeker na die openingswedstryd. Nietemin - die Hane en die Bokke het nou gewys dat die sogenaamde "magtige" All Blacks ook maar net mense is wat hulle afdae beleef.

Alhoewel die kanse sekerlik maar uiters skraal is vir 'n oorwinning, is ek vanmiddag bankvas agter Namibië in hulle wedstryd teen Italië. En Roemenië staan verseker nie 'n kans teen Ierland nie, maar ek "cheer" maar vandag saam met my kleindogter vir haar land se span. Alhoewel sy vroeër in die week haar ma se 2019 Springbok-ondersteunerstrui gedra het, het sy my laat verstaan dat sy "support" Roemenië volgende naweek teen die Bokke - verstaanbaar, want sy's hier gebore en woon haar volle 17 jaar in hierdie land.

Vir die derde wedstryd (Australië teen Georgië) van vandag is ek maar apaties, maar so swak soos die Wallabies deesdae speel kan Georgië dalk net-net 'n haas uit die hoed trek. En vir die laaste wedstryd van vandag (Engeland teen Argentinië) staan ek bankvas agter die Poemas. Ek het nou nie iets teen die Engelse, soos diegene wie se oupas en oumas in konsentrasiekampe of in ballingskap weggevoer is nie, maar ek was nog nooit 'n ondersteuner van hulle rugby nie. Inteendeel - ek is baie lief vir Engeland en hunker om weer 'n slaggie daar te gaan kuier.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/09/2023 - 12:37

...........dan dat die "Black Lable" manne hier op die forum doodstil is.  Die eerste helfte van gisteraand se wedstryd was nie juis indrukwekkend nie, maar hel daardie tweede helfte het die Hane die krane behoorlik oopgedraai.

Gelukkig het "my span" gisteraand gewys waar die Hane die wortel begrawe het en die Black Lables kon dit nie kry nie.

RIP swartspan, en julle ondersteuners !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 09/09/2023 - 13:59

.... 'n huis of twee-drie in Bloemfontein (as ons dit kan glo?) wat ook maar stillerig is?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 09/09/2023 - 15:10

.... toe het een van my mees gunsteling lande om te besoek, Namibië, se rugbyspan maar sleg verloor teen die Azzuri - nie dat ek verwag het dat Namibië gaan wen nie, maar ek het darem ook nie gedink dat hulle met só 'n telling sou verloor nie. Ai tog - dan lê die Hane en die All Blacks ook nog voor. Alhoewel, soos Skerpioen se span tans speel, staan Namibië dalk wel 'n kans.

Nou vir Roemenië teen Ierland. Ek dink hier kom 'n slagting, maar dit sal nie Ierland wees wat geslag word nie. Maar ter wille van my kleindogter sal ek maar my ondersteuning by Roemenië ingooi.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/09/2023 - 17:23

..............jou kleindogter het gelukkig nog 'n Oupa-ondersteunde span waarna sy nou kan oorslaan en gaan "brag" by haar pêlle.

ChrisS, ek het skoon vergeet om medelye met Mitchell's Plain se ondersteuners te simpatiseer.

Namibië : ek vermoed hulle probleem is hulle afrigter, jy weet mos wie !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/09/2023 - 23:30

..............as 'n rugby kenner nie, maar die Argenteinse Pumas het verdien om te verloor.  Duisende strafskoppe teen hulle afgestaan en hulle sukkel om die bal te hanteer  -  veral die hoë skoppe kon hulle amper nooit die bal vang nie.

En erger nog, Engeland het feitlik die hele wedstryd met net 14 spelers gespeel as gevolg van 'n rooikaart (wat vir my 'n baie onbillike besluit was).

Maar nouja, kom ons hoor wat die kenners sê.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 10/09/2023 - 06:16

Die rooi kaart vir Engeland was totaal onbillik. En die Poemas was hulle eie grootste vyande. En Engeland kan sonder Owen Farrell klaarkom. George Ford is 'n wedstrydwenner.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus