6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -37 minutes ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -6 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -8 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 19:36

Naand maters

Herman: So amper slaan jy die spyker 100% op die kop. Ons het in Jongensfontein net die bed gehad, en 'n spasie die breedte van die deur, oor die breedte van die wa. Ons het letterlik die elektriese ketel, die koffie poeier, melk en suiker asook die koue etes binne genuttig. Ketel gekook binne wa en die warmfles volgemaak vir die aand. Dit gebeur darem net in erge onweer soos storm sterk wind en reen gelyk.

Chris B: Ek het die Kavango gekoop toe ek nog gedink het dat ek 'n 4x4 man is. Ek is deeglik bewus dat die wa eintlik nie by ons lewensstyl pas nie. Ek moet dalk tog my soektog verskuif na 'n kleiner grondpadwa.

Ek gesels juis eergisteraand met iemand by Aldam, wat met 'n grondpad Sprite daar staan. Seg die ou vir my, dat nadat hy van Etosha af terug gekom het, was daar net plankies, skroefies en rakkies op die vloer oor.

Dis nie daai 1 aand oorslaap wat so erg pla nie. Dit is daai 4aande in erge onweer wat jou binnetoe dwing. 

Chris S: ek het juis vanmiddag deur al jou fotos geblaai en gekyk. 

 

 

Worcester

Wildehont

Fri, 15/09/2023 - 06:10

Alles het voor- en nadele. ‘n Padkaravaan (en grondpadkaravaan) is definitief geriefliker met meer ruimte as ‘n boswa. Mens kry groot boswaens, maar hulle kom met die prys van Wessel se bakkie. ‘n Boswa het ander voordele, afgesien daarvan dat hulle lelike paaie kan hanteer sonder skade.
 

Die kleiner profiel is een groot voordeel. Dit geld wel vir berging, maar maak ‘n helse verskil aan sleep ook. Die Kavango is net so breed en net klein bietjie hoër as ‘n bakkie of SNV. Jy sien maklik verby die wa agtertoe, dit sleep baie stabiel en dit ry nie baan amper vol van kant tot kant nie. 

Dan is daar die gerief van voorbereid wees vir staan sonder krag en water, en om ‘n warm stort ingebou te hê. Elkeen besluit wat vir hom/haar die belangrikste is. Persoonlik verruil ek die Kavango vir niks. Wat makliker hanteer betref, gaan jy iets soos ‘n Sherpa Tiny moet koop om iets te kry wat makliker as ‘n Kavango hanteer. Hoe gaan ‘n grondpad wa soos bv ‘n Sprite Tourer SP makliker as ‘n Kavango hanteer? Wessel moet net ‘n raamwerk laat maak vir sy tent.

Stormweer in ‘n padkaravaan bly stormweer. En soos dit nou steeds woed hier buite ons huis in die middel van September raak dit nie makliker om sulke weer te vermy nie. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/09/2023 - 07:06

Hierdie debat, ten koste van myselflaugh, behoort eintlik baie insiggewend te wees vir menige voornemende woonwakopers. Dit is die keuse van 'n tipe woonwa, hetst padwa, grondpadwa en dan boswa.

Daar is sekerlik persone wat finansieel instaat is om, soos hulle behoeftes en begeertes verander, maklik van tipe wa te kan verander. Ek weet selfs van mense wat ingerig is met waens om normale padwa en bos vakansies te kan doen.

Ongelukkig val ek nie in daardie kategorie nie. Die ander faktor ter sprake is ook natuurlik ouderdom en gesondheid. Mens moet deeglik bestek neem van, tot wat is jy nog fisies instaat is, en of die lus daarvoor nog daar is. 

  Bostaande en gesonde finansiele besluitneming loop hand aan hand. As mens kyk na die pryse van woonwaens, en dan veral boswaens, raak dit 'n belangrike faktor. Sommige persone mag dalk instaat wees om na aftrede, of op hoë ouderdom [ >65] groot geld op nie essensiële bates te spandeer, en vir ander is dit nie beskore nie, of ten minste 'n risiko. 

Elkeen moet maar sy eie realiteite in die gesig staar, en dan daarvolgens optree. As ek kyk hoe vinnig en soms onverwags 'n mediese situasie opduik, in my ouderdomskategorie, kan ek dit nie buite rekening laat nie. 

Dus, indien die Strydoms nie die Lotto wen nie, sal ons maar die Kavango bly geniet. Dis soos een forumlid 'n ruk terug opgemerk het, maak vrede met wat jy het, en geniet dit.  As dit mooiweer is, is dit 'n heerlike wa, en as dit erge onweer is, sit ons maar soos nat hoenders op die bed en speel met mekaar [speletjies]laugh 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/09/2023 - 12:17

Natuurlik kan niemand oor die bogemelde stelling stry nie, maar ek sou sê die sin moet verder soos volg voltooi word : "maar die gemak wat hierdie wa in stormweer teenoor 'n boswa bied, is onvergelykbaar"  -  presies soos wat Wessel se ervaring hierbo van getuig.

Eintlik moet 'n boswa nie met 'n padkaravaan vergelyk word nie want die eienaars se behoeftes verskil hemelsbreed.  Wat my aanbetref, is die ouderdom van eienaar die sleutel tot die besluit.  As jy bejaard is en jy hou van kampering, is jou beste besluit 'n padkaravaan wat jou van baie plesier sal voorsien totdat jy jou kampskoene finaal moet ophang.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/09/2023 - 12:40

So staan ons in Kamieskroon, en die volgende oomblik beweeg daar 'n paleis langs ons in. Die genoemde padwa is omtrent groot, sodat die helfte van dit maar in die pad bly staan het.

Wat egter opvallend was, is die feit dat hierdie super luukse padwa OOK 'n buitekombuis het. Die punt wat el wil oordra is bloot dit, dat selfs deesdae se padwaens ook fokus op buitekombuise, waar in die geval die mikrogolf, die lugbraaier[?] ketel ensovoorts gebruik moet word. 

In erge onweer is mens dan ook beperk tot die die luukse binneruim, maar die kosmaak sonder sytent bly dieselfde probleem, wel na my mening. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 15/09/2023 - 13:21

Eintlik moet 'n boswa nie met 'n padkaravaan vergelyk word nie want die eienaars se behoeftes verskil hemelsbreed.  Wat my aanbetref, is die ouderdom van eienaar die sleutel tot die besluit.  

Ons praat van twee verskillende kategorieë van kampering ('n derde kategorie is natuurlik my tentkampering van tyd tot tyd). As jy 'n "off-road" entoesias is, is 'n boswa sekerlik jou antwoord. As jy lief is vir toer en soms 'n enkele nag wil oorslaap, of selfs twee, is 'n padwa beslis geriefliker. As jou primêre wyse van kampering bestaan uit langer staan op 'n bepaalde plek, is enigeen van die twee tipe waens sekerlik goed genoeg.

Ek slaan bykans nooit 'n voltent op nie. Vir een of twee aande slaan ek nie eens die stoeptent op nie. Wanneer ek die ouens met die boswaens dophou, kry ek die gevoel dat hulle opslaanproses neem beslis langer. Ek verstout my om te sê dat dit ook so gelyk het toe Wessel regoor my in Karoo Nasionale Park opgeslaan het.

As dit reën wanneer jy by jou bestemming aankom, draai ek net die pote uit en stoot my wa se dak uit. Dan kuier ons gemaklik in die wa totdat die weer verbeter.

En om verder aan te sluit by Len - hoe ouer mens word is jy maar grootliks genoodsaak om die makliker opsies te kies. Hier dink ek dat 'n padwa beslis die makliker opsie is.

Ek is ook nie een vir 'n buite-kombuis nie - veral as jy net 'n aand of twee oorstaan en jy bevind jouself in gure weer. Ons maak ook nie gebruik van die stofie in die wa nie, maar sou dit genoodsaak word om dit te gebruik is dit tot beskikking.

Ons kleinerige wa het 'n gerieflike eethoek met genoegsaam plek vir 4 persone (sou dit nodig wees). Ek en Ralie sit graag daar en kaartspeel of Rummikub, maar ons gebruik dit ook om meeste van ons maaltye te nuttig.

Maar nou ja - sóveel mense, sóveel opinies. En bostaande is maar net myne.

Worcester

Wildehont

Fri, 15/09/2023 - 13:38

Wanneer ek die ouens met die boswaens dophou, kry ek die gevoel dat hulle opslaanproses neem beslis langer.

Al ons kampeervriende het pad/grondpad waens. Ek het dus al meermale kamp opgeslaan saam met hulle. Die opslaan vat maar ewe lank. Die verskil met ‘n karavaan is dat jy die beddens tuis al kan opmaak. Maar hoe lank vat dit nou regtig om by die kamp te doen?

Die oppak vat om een of ander rede langer met ‘n boswa. Ek is nie seker hoekom nie, waarskynlik omdat my vriende sommer net goed instop in hulle karavane en dit tuis uitsorteer. Ons pak alles op en weg en dis net die beddegoed, klere en grondseil wat tuis uitgehaal word om gewas te word. 

Maar hoe lank dit vat om af- en op te pak is nie my belangrikste oorweging nie. Die Kavango voldoen aan ons behoeftes nes die Eksklusief aan Oom Len hulle s’n voldoen. 

Wat ‘n kombuis betref het ek geen behoefte aan ‘n binnekombuis nie. Mens kampeer mos juis om buite te wees en die natuur te geniet. Soos julle weet skakel ek ook die oorslaap kwessies uit deur in vaste verblyf te slaap oppad na en van toer bestemmings. Ons werk nog, so ons kan nog nie langer toere onderneem nie. Dalk verander my behoeftes as ek eendag kan. Maar dan sal ek ‘n grondpad wa koop as ek wel ‘n karavaan koop. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/09/2023 - 14:18

Middag Chris B

Ai man hoe verstout jy jou nou so korrek met jou Karoo observasie. Ter versagting, my handlanger was toe nie baie gesond nie, deesdae vat dit so 10minute korterlaugh

Ons het met die afgelope toer besluit om tyd en werk te spaar en vir enkel mooiweer aande as volg te werk;

1] net die bed voor oop te klap. Dit verg nie baie onspanning nie. Hoewel ons die 2 stoele en opslaan tafel uithaal, bly die agterste bed, 'n bed. Waar die moeite inkom, is om die ekstra stormtent bo-oor die voorste bed se tent weer opgerol en terug in sy sak op die dak te kry.

2] Die tweede opsie wat ons probeer het, was om die agterste bed te gebruik. Dit beteken egter dat die voorste bed se matras nou agterop die trokkie geberg moet word, om skoon en droog te bly.  Dit is seker die minste inspanning en maak die oppak tyd, voor vertrek ook korter.

Met Juniemaand se wildtuin toer, heerlike warm en droë weer, het ons wel die voorste bed gebruik, met sy stormtent oor, agterste bed in tafel vorm, en sytent dak met 1 sypaneel opgeslaan. Dan die namiddag voor vertrek, breek ons alles af, en pak weg, behalwe om voorste bed/neus toe te maak. Sodoende  kan ons darem vroeg vertrek na die volgende kampplek.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/09/2023 - 15:34

Vir bejaarde mense dink ek 'n padkaravaan is die beste.  Ons het drie pare vriende, almal bejaard maar iewat jonger as ons, en hulle het aldrie boswaens, Bushlapas om presies te wees.  Al drie pare is gek oor hulle boswaens en in 'n sekere sin benei ek hulle.  Maar tydens langpadreise wat oorslaap vereis of toere, slaap hulle altyd oor in vaste akkommodasie vanweë die shlêp om die spulletjie slaap-gereed te kry.  In ons geval slaap ons nooit oor in vaste akkommodasie nie, altyd in ons wa.  Ons vriende het geen probleem daarmee om tydens oorslaap in vaste akkommodasie tuis te gaan nie, maar dit is nie vir my en my annerhelfte nie.

Ons jongste seun en sy gesin is 4x4 beserk en hulle is mal oor hulle Bushlapa Ratel - hulle sal nooit terugkeer na hulle padkaravaan nie.  Maar hulle is myle jonger as ons en geniet hulle opset.

Wat spoed van opslaan/afslaan betref, ons neem netso lank om ons stoeptent opgeslaan en georganiseer te kry as ons vriende met hulle boswa-tent(e).

Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/09/2023 - 16:32

Middag Len en ander lesers

Baie interessant, die neiging deesdae met nuwer boswaens is nou om weg te beweeg van uitslaan bedmaak. Dit is wat tyd neem.

Selfs Afrispoor om een te noem, volg nou Gecko se resep met 'n permanente dubbelbed binne, wat geen selwerk en oopmaak verg nie. Dit werk natuurlik perfek vir slegs 2 oumense.laugh

Die prinsiep is natuurlik ook baie veiliger, want mens kan nie so maklik in jou bed oor die kop geslaan word nie.

NS: Hierdie 2 oumense slaap opreis altyd in hulle boswaentjie, "come rain or sunshine". 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 15/09/2023 - 21:58

Nou lekker gelees aan al die insette. Soos Wessel tereg sê, hy moet beplan en geniet wat hy het. Maar nou is dit my beurt om te vertel dat ons 11a de lux, ek dink dit staan vir net 11 voet lank, maar begeer niks anders nie.  Dubbel bed opgemaak, met die tv op muur by voete. Ek het n hardeskyf met honderde doccies op. Lekker tweedeur yskas Die binnekombuis werk, opwasbak  3 gasplate, mikrogolf. brekfis maak, pasta kook. Buite het ons net die rally tent vir skaduwee. Dit is maar n paar minute op in reig, dan is ons reg

Slegte weer is lekker loaf, en lees en Attenborough kyk. Geniet dit amper, dan mag ek maar lui wees. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/09/2023 - 06:38

Môre Herman

Net begin wonder of jou flotasieprojek jou so erg besig hou. Hoop dit werk perfek.

Ek onthou dat julle erg besig was in julle unieke Jurgens tydens Karoo saamkamp. 

Jy moet nounet vir dit 'n lekker paar 14 duim "rims" opsit en bakkiebande, dan begin om dit meermale te gebruik. Die pad tussen Oudshoorn en KarooNP is deesdae in uitstekende toestand. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 16/09/2023 - 07:29

Môre Wessel. Ek het by die oorspronklike 13" rims met die chroom wieldoppies gehou omrede die buitekant heeltemal oorspronklik moet wees. Selfs die kleur is 100% period Jurgens.

Die floatation is klaar, werk uitstekend, sal n foto opsit. Nou moet die tegniese tekeninge gemaak word met die beskrywing hoe om te bou. Gelukkig is daar nie veel in nie, neef kan nie met rekenaar teken nie, potlood en papier.sad

Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/09/2023 - 07:19

Ek het die afgelope vakansie in Berg en Dal langs 'n Overlander gekamp.

Dit is nou ernstige kompetisie vir die Mobi Lodge. Op die oog af, die waens lyk sommer hard en reg vir rowwe paaie.

Gaan kyk gerus op hulle webblad na die 2 modelle. Dit is wat gewig en prys aanbetref ongelukkig buite my bereik. 

Worcester

Wildehont

Thu, 18/01/2024 - 05:59

Ek kom gisteraand op die Alphago opblaas boswa af. Dit word plaaslik vervaardig onder lisensie van Opus. Dit lyk heel nejies en is lekker lig. Die basiese model begin egter by amper R450 000 en as jy klaar alles bygesit het wat mens eintlik maar nodig het gaan jy hoes. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/01/2024 - 06:28

Môre Chris S

Dit is net te veel seil en te min konkrete materiale. Dit lyk na 'n opblaas beginsels, wat alles bo en in plek hou. Met my geluk sal iets verkeerd gaan met die pompie, of 'n stekie met 'n skerp voorwerp, en alles val plat.

 

Worcester

Wildehont

Thu, 18/01/2024 - 06:54

Ek sien Opus het ook nou ‘n plaaslike agentskap, en as ek die besigheid so kyk lyk dit vir my of hulle wa dalk goedkoper kan uitwerk as die Alphago. Lg se basiese prys is net die dop sonder toilet, yskas, liggies, battery, sytent ens. Die Air Opus 4-slaper kos egter steeds R495 000 en daar is ook opsies wat dit duurder kan maak. Ek het een gesien by Onrus, en dis baie hoog. As mens onder bome staan sal ek dieselfde vrees as Wessel hê maar as mens bv kyk na ‘n rubberboot kry mens vrek sterk opblaas materiaal. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/01/2024 - 07:51

....vir al die nuwe generasie woonwaens. Ek verkies maar nog die modelle wat darem 'n soliede romp het, en dan die sytent. 

Hoe ouer mens word, hoe minder wil mens sukkel. Selfs die deurklim opening na die Kavango se voorste bed, begin my irriteer. 

My vriend het so rukkie terug 'n nuwe boswa gekoop. Sy kriteria was, "ek wil inklim en op 'n bed gaan sit, my skoene uittrek, en slaap".

Boswaens het net verskriklik duur geword, die pryse kelder my versoekings. Hoe konserwatiewer, en gemakliker beteken net een ding---duur.   

Worcester

Wildehont

Thu, 18/01/2024 - 08:08

Albei waens is te duur vir my (nie dat ek op soek is na ‘n plaasvervanger vir die Kavango nie). Die fancy boogtent bo-op ‘n sleepwa konsep (wat beide waens eintlik maar is) is ook nie volgens my vergelykbaar met ‘n wa met ‘n harde dop nie. Die wa sal lekker sleep, maar ek sien die Opus weeg 1,9 ton terwyl die Alphago 800kg ligter is. Ek neem egter aan dat lg se 1,1 ton nie die opsionele ekstras (waarsonder mens nie wil/kan gaan kampeer nie) se gewig insluit nie.
 

As die waens die helfte gekos het van wat dit kos met alles in sou ek dit dalk oorweeg het as ek nie reeds die Kavango gehad het nie. Dit lyk gemaklik genoeg, sal lekker sleep en vinnig opslaan, en sal rowwe paaie gemaklik kan hanteer. Teen die pryse wat hulle vra; nee dankie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus