Moeite werd
Die beterhelfte het nie meer lus vir nog meer pale en werk nie.
As jou tent eers aangepas is met slopies vir die horisontale pale wat bykom en lekker styf staan kyk jy nie weer terug nie. Dit mag ‘n bietjie ekstra werk wees, maar dit slaan eintlik makliker op. Myne begin ek van die agterste hoek van die wa af, en wanneer ek in die middel van die buitekant van die afdak trek staan die helfte wat klaar opgeslaan is reeds self. Die hele tent staan ook sonder ‘n enkele tou. Die sit ek net op die drie pale op die sy wat nie aan die wa vas is nie vir gemoedsrus want ons kampeer meestal in die Wes-Kaap.
Versamelaars item
Middag Chris S
Jy moet klou aan jou wa, ons het nou versamelaars items. Gister se besoek aan Echo was baie insiggewend. Hulle boswoonwa model reeks bestaan nou net uit die volgende;
Kunene----4 slaper
Kavango Legend KA2--- 4 slaper
Kavango HQ KA1----2 slaper. Sy neusbed is weg, en neus permanent toe.
die Kavango Standaard, Extreme, Tec en vorige Legend word nie meer aangehou nie. Blykbaar kan hulle dit op versoek nog bou en lewer.
Dan ook nog die Chobe waens, ook 4-slapers maar 1m korter as ons Kavangos..
Museumstuk
Ek kan in elk geval nie bekostig om my museumstuk te vervang nie, al wou ek.
Hulle pryse hou seker ook tred met ander vervaardigers. So nuwe wa kos seker ‘n 2.4 Hikux dubbelkajuit se prys.
Nie gevra nie
Naand Chris S
Ek het nie gevra nie, want die genoemde waens trek my nie. 'n voordeel bo myne is na my mening die vlermuisvlerk tent konsep.
Die Kunene en Legend KA2 is te swaar vir my 2.4 Hilux, en ek is vreeslik wetsgehoorsaam.![]()
Hoe swaar?
Die Kunene en Legend KA2 is te swaar vir my 2.4 Hilux
Ek dog my ou Kavango is swaar. Hoeveel weeg daardie waens dan? Ons neig ook tot al hoe groter voertuie. Dis nou nie so erg soos die Yanks nie, maar vanoggend sit ek en wag by ‘n verkeerslig toe ry ‘n ou vierkantige Jetta voor my verby. Toe kon ek dit mooi vergelyk met nuwe motors. Dit het piepklein gelyk selfs teen wat vandag as klein motors gereken word, om nie eers te praat van die nuwe bakkies en SNV’e nie. Destyds was daar glad nie sulke voertuie nie. Daar was stasiewaens en Kombi’s. Selfs as jy bv ‘n Passat stasiewa vergelyk met iets soos ‘n nuwe Everest lyk dit baie klein.
Spesifikasies
Môre Chris
Die spesifikasies is as volg;
Model Lengte Breedte Hoogte Lisensie BVM
Kunene 6140 2300 2280 1400 2000
Legend 6000 2100 2280 1280 2000
HQ KA1 5150 1980 2000 1050 1500
Mates in mm en gewigte in kilogram.
Ek vermoed die hoogte is hoofsaaklik 'n funksie van die vlermuisvlerk toevoeging. Ten minste is dit nie aan die opwipdak vas nie.
Vlermuisvlerk
Is die vlerk dan aan die bokant van die wa, onder die opwipdak se hoogte as dit gesak is vas? Dan sal ek nie onder die dak kan staan nie. Dis ‘n ander rede waarom ek myne se afdak laat verander het, ek en Salomien moes gebukkend staan by die kombuis omdat die seil gehang het en nie styf gespan was nie.
Die vlerk...
...se sak is so gemonteer dat sy onderkant bokant die deur opening is. Ek het nie opgelet hoeveel kop spasie die struktuur gee nie. Ek het net ingeloop onder dit.
Dit gaan nie werk vir ons nie
so gemonteer dat sy onderkant bokant die deur opening is.
Ons tent se laagste punt is aan die twee kort sye, en selfs dit is net-net hoër as bo die deur. As die hele dak so laag is gaan ek heeltyd vir my voete kyk.
Dit lyk vir my.................
............ dis nie noodwendig nadelig om 'n kortgat te wees nie. Aan die anderkant, as ek ons Exclusive se tent of stoepdak wil inreig, moet ek op 'n trappie staan. Gelukkig staan ek eers weer op die trappie die dag as ons die spulletjie moet afbreek. (As deel van die oumens-brigade moet ek uiters versigtig wees want ons klas van ouens neuk mos maklik af van lere en trapies).
Herman...
....die herstelwerk aan die vering is ook vir my rekening. Ek het al geleer dat mens nerens kom om in 'n woordewisseling te verval nie.
Dit is seker elke vervaardiger se reg om ontwerpe te verbeter[?], soos produkverfyning aangaan. Ten minste het hulle 'n oplossing vir die probleem, anders kon mens seker ombudsman toe gegaan het.
Vordering...
...is maar stadig vir 'n ongeduldige man. My wa het darem al gevorder tot binne in die werkswinkel. Ek het vanmiddag gebel met die hoop om te hoor dat dit al klaar is, maar o weë, dit hang in die lug, of staan op bokkies. Nog besig om die verbeterde komponent van die suspensie in te bou.
Ten minste staan dit nou nie meer buite in die son nie.
Goeie nuus
Vanmiddag gehoor dat ek komende Vrydag die wa kan gaan haal.
Ek sal dan die spaarwiel [ongebruik] laat herbalanseer en in gebruik neem. Die skewe wiel kan dan diens doen as spaarwiel. Ten minste, soos Herman genoem het, behoort ek so 20oookm vêrder te kan sien of alles reg is. Hopenlik nie binne 5000km nie.
Tipies beterhelfte, al wat belangrik is, is of die nuwe binnelig teen die dak meer lig gaan gee op die tafel.
Sonder om te weet wat die skade is, het ek al te veel aan die wa spandeer, en sal dit nou maar maar instandhou en opgebruik. Ek hou maar 'n draadborsel byderhand in die stort
Goeie nuus voorwaar. Al kos…
Goeie nuus voorwaar. Al kos dit dalk `n aardige bedrag is dit nog steeds veel goedkoper as `n ander wa.
Hoop alles is hierna 100%
Wa is reggemaak
Ons het vanoggend na 'n maand die Kavango gaan haal. Nou moet ek dit net ordentlik was en poleer, en dan toemaak tot volgende jaar.
Die volgende is gedoen;
suspensie balk vervang en sporing gestel
Nuwe dakknippe buite laat aansit
Rollerstelsel van koelkas/kombuis laat stel en skoonmaak
Geiser watervloei gestel
Daklig vervang met nuwe LED tipe.
Totale rekening R10200 waarvan R4900 vir die suspensie balk was. Totale arbeid R3360, die res is vir knippe en lig.
Nie sleg nie
Vandat ek die Prado gekoop het meet ek die koste van alles relatief tot hoeveel brandstof ek met die bedrag kan koop. Die Kavango se herstel het net sowat 400l se brandstof gekos.
Dak binnelig
Môre Chris S
Moet nie dieselfde fout as ek maak nie. Ek laat toe 'n ander lig insit, want die oorspronklike lig was te flou.
Ek skroef vanoggend die ou lig samestel [basis en skerm] oop en vind 'n national luna LED lig binne in. Dit het toe wraggies 'n aparte skakelaar waar mens 2 ligintensiteite kan kies, maar op die buite skerm, was net 'n aan/af skakelaar. Ek vermoed dit was op lae intensiteit gestel.
Die ou foutjie kos my nou R600 vir 'n LEd lig wat dalk flouer gaan wees. Sal maar dit hou vir 'n spaar, of êrens buite monteer.
Ai
Dit het toe wraggies 'n aparte skakelaar waar mens 2 ligintensiteite kan kies, maar op die buite skerm, was net 'n aan/af skakelaar. Ek vermoed dit was op lae intensiteit gestel.
Mens sou verwag Echo moet dit weet en eers daarna kyk. Hulle het tog die oorspronklike lig ingesit.
Aan die anderkant
Die ou foutjie kos my nou R600 vir 'n LEd lig wat dalk flouer gaan wees.
Dis darem nie eers 24l diesel nie. Ek weet nie wat betaal julle daar per liter nie.





Daai tent....
....is 'n GROOt jakkals.
Die beterhelfte het nie meer lus vir nog meer pale en werk nie.
Solank mens net met die dak en 2 sykante kampeer, waar die wind nie erg waai nie
kom ons reg.
Dalk moet ek net eers al die velgro met ritse vervang.