Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -2 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -3 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -4 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/09/2023 - 08:17

....is 'n GROOt jakkals. 

Die beterhelfte het nie meer lus vir nog meer pale en werk nie. 

Solank mens net met die dak en 2 sykante kampeer, waar die wind nie erg waai nielaugh kom ons reg.

Dalk moet ek net eers al die velgro met ritse vervang.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/09/2023 - 08:31

Die beterhelfte het nie meer lus vir nog meer pale en werk nie. 

As jou tent eers aangepas is met slopies vir die horisontale pale wat bykom en lekker styf staan kyk jy nie weer terug nie. Dit mag ‘n bietjie ekstra werk wees, maar dit slaan eintlik makliker op. Myne begin ek van die agterste hoek van die wa af, en wanneer ek in die middel van die buitekant van die afdak trek staan die helfte wat klaar opgeslaan is reeds self. Die hele tent staan ook sonder ‘n enkele tou. Die sit ek net op die drie pale op die sy wat nie aan die wa vas is nie vir gemoedsrus want ons kampeer meestal in die Wes-Kaap. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/09/2023 - 16:28

Middag Chris S

Jy moet klou aan jou wa, ons het nou versamelaars items. Gister se besoek aan Echo was baie insiggewend. Hulle boswoonwa model reeks bestaan nou net uit die volgende;

Kunene----4 slaper 

Kavango Legend KA2--- 4 slaper

Kavango HQ KA1----2 slaper. Sy neusbed is weg, en neus permanent toe.

die Kavango Standaard, Extreme, Tec en vorige Legend word nie meer aangehou nie. Blykbaar kan hulle dit op versoek nog bou en lewer.

Dan ook nog die Chobe waens, ook 4-slapers maar 1m korter as ons Kavangos..

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/09/2023 - 18:02

Ek kan in elk geval nie bekostig om my museumstuk te vervang nie, al wou ek. 
 

Hulle pryse hou seker ook tred met ander vervaardigers. So nuwe wa kos seker ‘n 2.4 Hikux dubbelkajuit se prys. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/09/2023 - 19:13

Naand Chris S

Ek het nie gevra nie, want die genoemde waens trek my nie. 'n voordeel bo myne is na my mening die vlermuisvlerk tent konsep.

Die Kunene en Legend KA2 is te swaar vir my 2.4 Hilux, en ek is vreeslik wetsgehoorsaam.wink

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/09/2023 - 19:46

Die Kunene en Legend KA2 is te swaar vir my 2.4 Hilux

Ek dog my ou Kavango is swaar. Hoeveel weeg daardie waens dan? Ons neig ook tot al hoe groter voertuie. Dis nou nie so erg soos die Yanks nie, maar vanoggend sit ek en wag by ‘n verkeerslig toe ry ‘n ou vierkantige Jetta voor my verby. Toe kon ek dit mooi vergelyk met nuwe motors. Dit het piepklein gelyk selfs teen wat vandag as klein motors gereken word, om nie eers te praat van die nuwe bakkies en SNV’e nie. Destyds was daar glad nie sulke voertuie nie. Daar was stasiewaens en Kombi’s. Selfs as jy bv ‘n Passat stasiewa vergelyk met iets soos ‘n nuwe Everest lyk dit baie klein. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/09/2023 - 06:00

Môre Chris 

Die spesifikasies is as volg;

Model      Lengte       Breedte       Hoogte      Lisensie         BVM

Kunene     6140         2300             2280         1400              2000

Legend      6000        2100              2280        1280              2000

HQ KA1     5150         1980              2000       1050               1500

Mates in mm en gewigte in kilogram.

Ek vermoed die hoogte is hoofsaaklik 'n funksie van die vlermuisvlerk toevoeging. Ten minste is dit nie aan die opwipdak vas nie. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/09/2023 - 08:18

Is die vlerk dan aan die bokant van die wa, onder die opwipdak se hoogte as dit gesak is vas? Dan sal ek nie onder die dak kan staan nie. Dis ‘n ander rede waarom ek myne se afdak laat verander het, ek en Salomien moes gebukkend staan by die kombuis omdat die seil gehang het en nie styf gespan was nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/09/2023 - 08:55

...se sak is so gemonteer dat sy onderkant bokant die deur opening is. Ek het nie opgelet hoeveel kop spasie die struktuur gee nie. Ek het net ingeloop onder dit. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/09/2023 - 10:37

so gemonteer dat sy onderkant bokant die deur opening is.

Ons tent se laagste punt is aan die twee kort sye, en selfs dit is net-net hoër as bo die deur. As die hele dak so laag is gaan ek heeltyd vir my voete kyk. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/09/2023 - 11:01

............ dis nie noodwendig nadelig om 'n kortgat te wees nie.  Aan die anderkant, as ek ons Exclusive se tent of stoepdak wil inreig, moet ek op 'n trappie staan.  Gelukkig staan ek eers weer op die trappie die dag as ons die spulletjie moet afbreek. (As deel van die oumens-brigade moet ek uiters versigtig wees want ons klas van ouens neuk mos maklik af van lere en trapies).

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/09/2023 - 16:22

....die herstelwerk aan die vering is ook vir my rekening. Ek het al geleer dat mens nerens kom om in 'n woordewisseling te verval nie.

Dit is seker elke vervaardiger se reg om ontwerpe te verbeter[?], soos produkverfyning aangaan. Ten minste het hulle 'n oplossing vir die probleem, anders kon mens seker ombudsman toe gegaan het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/10/2023 - 15:48

...is maar stadig vir 'n ongeduldige man. My wa het darem al gevorder tot binne in die werkswinkel. Ek het vanmiddag gebel met die hoop om te hoor dat dit al klaar is, maar o weë, dit hang in die lug, of staan op bokkies. Nog besig om die verbeterde komponent van die suspensie in te bou.

Ten minste staan dit nou nie meer buite in die son nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/10/2023 - 16:15

Vanmiddag gehoor dat ek komende Vrydag die wa kan gaan haal. 

Ek sal dan die spaarwiel [ongebruik] laat herbalanseer en in gebruik neem. Die skewe wiel kan dan diens doen as spaarwiel. Ten minste, soos Herman genoem het, behoort ek so 20oookm vêrder te kan sien of alles reg is. Hopenlik nie binne 5000km nie.

Tipies beterhelfte, al wat belangrik is, is of die nuwe binnelig teen die dak meer lig gaan gee op die tafel.laugh 

Sonder om te weet wat die skade is, het ek al te veel aan die wa spandeer, en sal dit nou maar maar instandhou en opgebruik. Ek hou maar 'n draadborsel byderhand in die stortlaugh  

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/10/2023 - 17:19

Ons het vanoggend na 'n maand die Kavango gaan haal. Nou moet ek dit net ordentlik was en poleer, en dan toemaak tot volgende jaar. 

Die volgende is gedoen;

suspensie balk vervang en sporing gestel

Nuwe dakknippe buite laat aansit

Rollerstelsel van koelkas/kombuis laat stel en skoonmaak

Geiser watervloei gestel

Daklig vervang met nuwe LED tipe.

Totale rekening R10200 waarvan R4900 vir die suspensie balk was. Totale arbeid R3360, die res is vir knippe en lig.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 20/10/2023 - 21:00

Vandat ek die Prado gekoop het meet ek die koste van alles relatief tot hoeveel brandstof ek met die bedrag kan koop. Die Kavango se herstel het net sowat 400l se brandstof gekos. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/10/2023 - 09:34

Môre Chris S

Moet nie dieselfde fout as ek maak nie. Ek laat toe 'n ander lig insit, want die oorspronklike lig was te flou. 

Ek skroef vanoggend die ou lig samestel [basis en skerm] oop en vind 'n national luna LED lig binne in. Dit het toe wraggies 'n aparte skakelaar waar mens 2 ligintensiteite kan kies, maar op die buite skerm, was net 'n aan/af skakelaar. Ek vermoed dit was op lae intensiteit gestel.

Die ou foutjie kos my nou R600 vir 'n LEd lig wat dalk flouer gaan wees. Sal maar dit hou vir 'n spaar, of êrens buite monteer.

  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/10/2023 - 09:58

Dit het toe wraggies 'n aparte skakelaar waar mens 2 ligintensiteite kan kies, maar op die buite skerm, was net 'n aan/af skakelaar. Ek vermoed dit was op lae intensiteit gestel.

Mens sou verwag Echo moet dit weet en eers daarna kyk. Hulle het tog die oorspronklike lig ingesit. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/10/2023 - 09:59

Die ou foutjie kos my nou R600 vir 'n LEd lig wat dalk flouer gaan wees.

Dis darem nie eers 24l diesel nie. Ek weet nie wat betaal julle daar per liter nie.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus