Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -59 minutes ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -10 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -10 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -14 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -18 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -19 hours ago

Morsjorse in die Kruger Wildtuin

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek lees op sosiale media en in koerante van die absolute skandalige toestande by piekniekplekke en dagbesoekers-areas die afgelope langnaweek in die Kruger Wildtuin.  Behalwe die vermorsing van alles, is geen van die geriewe oor die langnaweek skoongemaak en vullisdromme leeggemaak nie.

Ek is nog altyd 'n voorstaander daarvan dat die Wildtuin se bure blootgestel moet word aan die wonderlikhede van die Wildtuin.  Ek het ook al by meer as een geleentheid kindergroepe van die omliggende skole gekry wat by Satara gekamp het en onberispelik opgetree het (veral in die ablusie) onder toesig van 'n onderwyser en SANParke-personeellid. Dis hoe dit gedoen behoort te word.

Dit is egter duidelik dat die gratis-toegang periode in Septembermaand nie naby hierdie doel bereik nie en dit is die langnaweek-gratis-besoekers wat alles so opmors.

Dis net jammer dat SANParke se personeel by hierdie plekke ook langnaweek gehou het.

Ek maak 'n knoop in my oor om nooit tydens hierdie gratis-toegangtyd in Septembermaand die Wildtuin te besoek nie.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 07/10/2023 - 16:24

Middag alle mede kampers.

Dit gaan mooilik in die park oor lang naweeke en oor die oop tyd. Die park personeel is ook op n' minimum en die besoekers is op n' maximum. Die Eeere Wagters word ook dan gekomandeer om te help. Hulle kan net nie voorbly as die meeste besoekers nie hulle rommel opruim, of verkieslik, saamvat nie. Dit word blits vinnig na die naweek, waneer die volle kompliment personeel terug is, opgeruim want, behalwe dat dit on ooglik is, hou dit n' gevaar in vir die besoekers en die diere.

Ons vat all ons drank saam. Dit is net te duur om vooraad in die Park Shop winkels te koop. Die enkele keere wat ek bietjie bier gekoop het het hulle my party keer gevra. Hulle ken seeker al ons gesigte. Ek dink ook dit is n' mooilike een vir die winkels. Hulle will verkoop en geld maak. Ons het ook al n' paar keer die park securiteit personeel gesien mense deurkyk by die picnic plekke. Op een stadium het Shingwedzi besoekers wat seeker getrek lyk by die terugkeer van hulle dag rit by die hek voor gekeer (dronkbestuur?).

Ons is weer die 27 Oct op pad Wildtuin toe. Tot so mid December..... of langer?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/10/2023 - 16:36

....julle sien vir baie kans. Ek verwys hoofsaaklik na die temperature in Kruger gedurende daardie maande.

Ek sal dit nie oorleef nie.

0
Pretoria

Geert

Sat, 07/10/2023 - 19:48

Ek dink dis n mengsel van morsjorse wat bydra tot vuil goed by picnic plekke. Toe ons Julie by Nkuhlu picnic gaan hou het, was daar n "grand tannie " met lang naels en vol make-up wat haar skuldig gemaak het aan mors. Hulle het hul asblikke daar in cages toegebou wat met n spring hefboom oopgemaak word en dan gooi jy jou vullis in asblik om sodoende nie ape te kry wat in asblikke krap nie. Hierdie auntie het gedink sy is te grand om daai staalhok oop te maak.....jy kan sien sy gril sommer om aan n handvastel te vat waar ander mense aan vat....gevolglik gooi sy al haar gemors sommer net buite langs die hok. Sulke "mense" walg my..... Ek twyfel of daai asblikke wat so oorloop en gemors oral langs dit lê net van onbedagsame dagbesoekers kom....daar is hordes "fancy mense" wat baie egoisties is wat nie worry oor ander of nagevolge nie. Eenvoudige voorbeeld in kampe....hoeveel gooi hul gryswater net op staanplek uit....worry nie oor volgende ou wat môre daar bo op moet sit en eet nie. Toe ons Julie by Berg en Dal kom moes ons eers n hoop as optel en weggooi wat vorige kampeerders net daar op die grond gelos het....baie mense dink net aan hulself. 

Soos ons altyd sê...los staanplek en ablusie agter soos jy dit graag sou wou ontvang, doen so ook met picnic plek....as asblik vol is, neem saam en gooi in kamp of elders weg....maar hierdie kampeer morsjorse sal seker geneig wees om hul gewoontes by picnic spots ook uit te haal

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sat, 07/10/2023 - 19:57

Ons het all 4 jaar in n' ry November in Kruger spandeer. Laas jaar was dit koel want dit het gereeld gereën. Die jaar daarvoor was n' stinker. Vir twee weeke lank was dit 46C elke dag. Party mense kom dan nooit weer in November terug nie.

Ja dit is baia warm en dus is daar min besoekers. Lekker! Die woonwa en car het beide aircons en ons vat n' klein opblaas swembadjie saam. Ons kan partyplekke swemtyd uit huur. Jy aklimateseer ook redelik gou. Waneer ons terug kom Pretoria toe is dit eintelik koud.

Ja dit kan vrek warm word.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/10/2023 - 06:48

Môre Paul

Ek het al mense ontmoet wat verkies om gedurende Desember Punda Maria toe te gaan. 

Daar is wel staanplekke wat sekerlik heldag in die koelte is, maar mens is nie gewaarborg om dit te kry nie.

'n Foto van julle swembadjie in die wildetuin sal gaaf weeslaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/10/2023 - 07:52

....dit was nie ekke nie, ons was middel Junie in Berg&Dallaugh

Ek het al gewonder, wie maak skoon en tel die as op waar mense op die grond letterlik, of in plat panne vuur maak vir kole? Ek het al beleef dat wildtuinpersoneel nie my persoonlike braaier of plek s'n skoonmaak, as ek die vorige aand die kole doodgegooi het nie.

 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 09:50

Dit is hoe hy lyk.

Hy is 1.8 meter wyd en so 500mm diep. Splash pool for kids.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 09:54

Ons is weer daar vir 8 nagte mid November. Die fotos is laas jaar Februarie 2022 en dan weer November 2022. Dit is net hemel op aarde daar.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 10:01

Ek sien op meste still grond paaie baia toilet papier langs die pad. Dit is seeker vrouens wat daar geurineer het (mans veeg mos nie aff nie?). Dit is volop en nie mooi nie. Ek verstaan die toilete in die park is maar ver uit mekaar en mense kry n' nood. Maar vat dan jou toilet papier saam met jou in n' plastiek sak. Dit is nie n' risiko vir enigiets nie net onooglik en met die volgend brand sal dit heerwaarskynlik weg brand.

Daar is net toilete by kampe en by picnic plekke. Daar is rerig te min toilete tussen die kampe.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 10:09

Hoe kry hulle dit reg sonder om uit hulle kar uit te klim?

Een kampeerder wat ek ontmoet het het n' porta pottie op die agterste sitplek. Dit maak sin. Dit is vir sy vrou. Vir sy nood stop hy en klim uit (tëen die reels). Nie almal kan ook na agter toe oorklim nie (........'''........)

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 10:14

Om vuur direk op die grond te maak is absolut tëen die rëels. En uiters selfsugtig. Ek sien dit baia min.

Ons gebruik "bum warmers". n' Paar kole in n' aluminium foil bakkie onder die sitplek. Try dit!

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/10/2023 - 11:28

....nou het ek alles gesien!!!

Waar in Satara is daai KOELTE staanplek. Dit is seker blaarloos in die winter, want ek kon nog nie so 'n digte koelte kol daar kry nie.

Noudat jy dit noem---toiletpapier is deesdae volop langs die paaie te siene. Ons beplan maar ons ritte  sodanig dat ons binne 'n uur of bietjie meer by 'n kamp of piekniekplek is. Ongelukke kan sekerlik gebeur, maar die papier reste gee indruk dat die "veltie" die norm raak.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 11:42

Ons was nou weer eind Augustus begin September so gelukig om op daai staanplek te kan staan.

Ja dit is n' wonderlike staanplek. Ons is so nou en dan gelukig om hom oop te kry. In begin Augustus het daar kampeerders vir 6 weeke op hom gestaan. So ons het met daai besoek (begin Aug) op n' ander staanplek gestaan.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Sun, 08/10/2023 - 11:44

Ja in Aug / Sept was hy blaarloos en warm. Lyk baia anders in Februarie en November.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus