Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 minutes ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -5 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -5 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Pretoria

Slowstrike

Thu, 04/01/2024 - 07:00

Anton

Dis hoe jy dit moet benader mater een dag op `n slag en elke nuwe dag hopelik beter as die vorige.

Sterkte hulle sal ok wees.

Groetnis

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 04/01/2024 - 07:07

Gister was Jonika lekker deurmekaar en in baie pyn.    Sy het my vanoggend 6am wakker gebel nadat ek vas geslaap het vir 9 ure!   Sy is op en wakker en was vanoggend 3 am by babatjies om vir hulle elkeen 'n paar druppels melkies te gee.  6 am het sy weer 'n paar ml's uitgepomp en weer oppad neonataal toe om weer vir hulle te gaan voed.  So ons is bly dat Jonika weer op die been is.

Met babas gaan dit ook goed.  Anja, die kleintjie wat op 1.1kg gebore was, was gister van die cpap masjien afgehaal en het nou slegs 'n suurstof lyntjie by haar neusie.  Anja, 1.5kg het nog die cpap en ons glo sy sal ook binnkort ge-upgrade word na slegs 'n suurstog lyntjie.

Hulle word behandel vir infeksies , geelsig asook voedingslyntjies tot in hulle magies om te help om dit skoon te maak en reg te kry vir mamma se kos en goeie metabolisme.  Verder is daar geen issues nie.

HULLE IS PIEPKLEIN!

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 04/01/2024 - 07:13

Neef Herman die storie met die medies is heel eenvoudig, want dit is mediese versekering en hulle dek net sekere bedrae volgens die kontrak.    Omdat die versekering glad nie die miljoene sal dek vir weke of maande se ICU nie (hulle dek slegs eerste paar dae)  beveel hulle aan dat premature bevallings na staatshospitale verwys word asgevolg van die hoë kostes waarmee die ouers belas kan word.     Daarom dek hulle glad nie bevallings voor 35 weke nie.   Hierdie terme staan duidelik op die kontrak, maar ons het nie belang gestel aan die maternity voordele nie want die dekking was voldiende vir dag tot dag en noodgevalle.   Jovan se een dag arm breek prosedure en hospitaal kostes wat so R85 000 was in Desember 2021 was 100% betaal binne 'n uur - so hulle doen wat hulle belowe, solank dit volgens die kontrak is.   Ek hoop dit verduidelik die mediese versekering geval.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 04/01/2024 - 07:50

Môre Anton, baie sterkte vir julle, baie mense bid vir die julle.

Die backabuddy is 'n goeie hulp middel. Kom ons glo en vertrou dat dit groot verligting gaan bring🙏

Daai handjie op jou vinger is darem kosbaar, dankie dat jy dit met ons deelyes

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 04/01/2024 - 08:42

Boeties is by hulle oom en tannie op Zaagkuilsdrift, maar hulle sal nog nie  babatjies kan sien nie.  Ouma was gister toegaal om te gaan kyk, maar sy moet haar hande agter haar rug en nie vat nie.  Ek mag aan hulle handjies en voetjies vat.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 04/01/2024 - 08:54

Ek mag aan hulle handjies en voetjies vat.

Baie kosbaar. Ons downs dogter was ook in NICU vir omtrent 'n week en 'n half na geboorte. Daar het 'n seuntjie langs haar gelê wat maar 500g met geboorte was. Ou Gertjie was PIEP KLEIN.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 07/01/2024 - 13:47

Hi Anton, doen 'n bietjie verslag hoe dit met die Girls en met Mamma gaan daar in die hospitaal. Jy hou ook alles vir jouself. Wag tot die 2 Girls saam begin gesels, dan gaan jy lekker les opsê. wink

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/01/2024 - 15:01

....Lapskag sê, "lekker les opsê" Dis 2 van alles, 2 doeke, twee se windjies,  twee gelyk honger en en....

Onhou tog, dip die fopspeen in brandewyn, dan slaap hulle stroopsoetdevil

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 08/01/2024 - 07:15

Goeiemôre.   Ek sit vanoggend half gebroke en met 'n swaar gemoed.    Dinge wou nie regkom met Jonika nie en na 3 dae van erg pyn het sy Vrydag vir 'n CT scan gegaan.  Dit het gewys dat daar lug en vog in haar buik is.   Sy was toe behandel vir moontlike kolon ontsteking.    Die pyn het egter vererger en gisteraand moes sy ingaan vir 'n 2de nood scan en daarna was sy onmiddelik opgeneem vir 'n buik operasie.  Die bevinding was dat haar kolon op 'n paar plekke gebars het.  Sy het so teen 1am uit teater gekom en lê tans in ICU om te herstel van die operasie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 08/01/2024 - 07:23

Môre Anton..............................................jammer om te hoor van die terugslag. Sterkte en hoop dit sal van nou af beter gaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/01/2024 - 07:26

....baie sterkte my vriend. Gelukkig was sy reeds in die hospitaal, en kon dadelik ondersoek en opereer word. 

Julle weet waar om bemoediging te gaan soek!!!  

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 08/01/2024 - 10:02

Ons almal vertrou dit sal draai en dat Jonika binne kort ontslaan sal word en weer reg sal wees 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus