6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Weskus roete

LIME ACRES
Submitted by antwa123 on
Forums

Goeie naand. Ek is nuut op julle groep. Sê maar as ek iets verkeerd doen. 

Ons wil vanaf 15 April 2024 die Weskus roete doen. Ons het n GT camper en sal elke 2de aand op n ander plek oornag. Ons beplan om vir 14 dae te toer. 

Vanaf Lime Acres (Noord Kaap) watter dorpies kan ons besoek...begin tot einde en terug. 

Enige hulp sal baie welkom wees

Antoinette vd Me

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/01/2024 - 23:45

Baie welkom in ons geledere, ons sien daarna uit om lekker met jou te gesels. Sover doen jy absoluut niks verkeerd nie.

Verskoon tog my onkunde, maar presies waar is Lime Acres, naby watter meer bekende dorp ? Dit sal help om 'n roete voor te stel.  Ekself is nie 'n kenner van die Weskus nie (ek neuk alewig Kruger Wildtuin toe), maar hier is baie ouens wat behoort te kan help.

Nog onkunde van my kant af : GT Camper, ek aanvaar dis 'n voertuig wat omgebou is in 'n ryhuis of is ek verkeerd ?  Is julle net twee persone of is daar kinders ook ?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/01/2024 - 06:04

Môre, ek wil aansluit by Len hierbo;

Jy sal moet besluit en uitbrei oor;

1]wat presies jy met 'n Weskus roete wil aandoen en bereik. Uiteraard wens besoektyd, is dit nie om blomme te gaan kyk nie.

2] is die 14 dae die tyd in Namakwaland/Weskus of totale reistyd uit en tuis?

3] Wil julle die Weskus, soos omgewing van Lambersbaai al suid tot in Kaapstad verken

4] of is dit alles van Springbok en Kleinsee al suid tot onder by Yzerfontein en Weskus Nasionale park.

5] Wil en kan julle 4x4, ek vermoed 'n GT camper is is boswaentjie wat 4x4-grondpaaie kan hanteer.

As jy links bo op die hoofblad die soek enjin gebruik, en net Weskus intik, gaan dit jou na klomp leesstof vat.

Gesels asb verder saam, jy gaan goeie raad kry. ek het laasjaar die blomme toer gedoen en jy sal oorslaapplekke en info kry onder die gesprek " Strydoms oppad Namakwaland toe -2023"    

Vaalpark

Johann L

Mon, 22/01/2024 - 07:00

Goeie môre Antoinette, baie welkom op Kampforum, hoop jy geniet dit om saam te gesêls.

Ek ken ongelukkig nie die weskus goed genoeg om advies te gee nie, maar Wessel het jou reeds rigting gegee.

Len

Lime Acres is in die noord kaap.

Lime Acres

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/01/2024 - 07:09

Soos jy daar sê, ok gaan soek, daar neffens Daniëlskuil, so onder Kuruman, Kathu en Olifantshoek.

Laat ons nou nie ons gevoelens oor Kuruman, ons laat keer nie.laughKom ons help die mense om koeligheid langs Weskus te verken en te geniet.

Secunda

Sleep nou

Mon, 22/01/2024 - 08:01

Welkom oppie forum daai wa is reg vir bos see berge wat se raad soek jy is dit tegnies of roete ek kan ook help met roete geniet die forum

Worcester

Wildehont

Mon, 22/01/2024 - 10:23

Ons weet nou nie of Antoinette ‘n 4x4 het nie, maar van die gedeeltes van die Weskus wat net met 4x4 bereik kan word is dit waarskynlik beter om meer as een voertuig te wees. Tussen Strandfontein en Kaapstad is ‘n 4x4 nie eers nodig nie. Dis egter bietjie verder van Lime Acres af. Kyk dalk na Namaqua Nasionale Park, ek dink dis redelik maklik en veilig bereikbaar met ‘n 4x4. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus