Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Messe wanneer jy kamp

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Kyk 'n bietjie na my messestel wat net tydens ons kampering gebruik word.  Ek het dit jare gelede as 'n geskenk gekry en dit bly in die Exclusive. Die materiaal-houer sê dit is 'n CampQuip produk, maar die messe self het nie 'n fabrikaatnaam op nie. Die inskripsie is in Duits en sê net waarvoor dit gebruik moet word, byvoorbeeld "Küchen Messer" wat ek aanvaar beteken kombuis-mes.

Het jy 'n spesiale mes vir kampkos-voorbereiding ?

.

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 23/01/2024 - 09:08

Dit is nou hier waar die gogga gaan byt om te begin om messe te maak. Dit lyk altyd lekker as die manne so spook en spartel met 'n warm stuk yster en siedaar, 'n mes is gevorm en mooi gemaak. Ek probeer maar om so hier en daar 'n ou kombuis 'n nuwe handvatsel aan te sit en hom polish dan lyk hy soos 'n nuwe ene. Nou gaan Herman ook probeer, klaar begin met sy ou skaapskêr. Daai wilde olyf stomp uit die Karoo lyk mooi so op 'n mes se hanvatsel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/01/2024 - 10:55

....maak nou so 'n paar van daai moordwapens, en dan smous jy dit op 'n Saterdagoggend aan die tikkoppe in Oudshoorn.laugh

Jou kreatiwiteit ken weer nie sy perke nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus