Forums
Kyk 'n bietjie na my messestel wat net tydens ons kampering gebruik word. Ek het dit jare gelede as 'n geskenk gekry en dit bly in die Exclusive. Die materiaal-houer sê dit is 'n CampQuip produk, maar die messe self het nie 'n fabrikaatnaam op nie. Die inskripsie is in Duits en sê net waarvoor dit gebruik moet word, byvoorbeeld "Küchen Messer" wat ek aanvaar beteken kombuis-mes.
Het jy 'n spesiale mes vir kampkos-voorbereiding ?






Dit is nou hier waar die…
Dit is nou hier waar die gogga gaan byt om te begin om messe te maak. Dit lyk altyd lekker as die manne so spook en spartel met 'n warm stuk yster en siedaar, 'n mes is gevorm en mooi gemaak. Ek probeer maar om so hier en daar 'n ou kombuis 'n nuwe handvatsel aan te sit en hom polish dan lyk hy soos 'n nuwe ene. Nou gaan Herman ook probeer, klaar begin met sy ou skaapskêr. Daai wilde olyf stomp uit die Karoo lyk mooi so op 'n mes se hanvatsel.