6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -42 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Smitjies se Oos- en Suid Kaap toer (sonder karavaan)

Pretoria - Oos
Submitted by Andre Smit on
Forums

Goeiedag al diegene wat nog wa sleep (en andere)

Soos meeste reeds sou agterkom - die Smitjies is karavaanloos deesdae crying

Beplan egter 'n toer soos volg:

Bloemfontein 13/14 Apr - Swarie en ou Weermag kollegas.

Aliwal Noord 15 Apr.

Rhodes 16 Apr.

Dordrecht 17 Apr.

Stutterheim 18 Apr.

PE omgewing 19 Apr

Groot Brakrivier 20 Apr tot 10 Mei

11 Mei Colesberg.

12 Mei - By onse huis.

Lewer asseblief bietjie kommentaar veral oor moontlike goor paaie, MOET sien langs die pad ensovoorts.

Ons het die dagroetes redelik kort (250 tot 320km per dag probeer hou)

Enige insette sal hoog op prys gestel word.

Ons ry met die Tippertjie (2012 Amarok) met ingeboude poepketel as gevolg van vorige k@kkerige ervarings met publieke toiletfasiliteite.

Groete

Andre

 

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/02/2024 - 12:44

Middag Andre

weet nie of jy Penhoekpas gaan ry na Queenstown nie, oppad na Stutterheim. Onder die pas is 'n lieflike oorslaapplek, soos jy afkom aan regterkant. Pieter en familie het die plek daar, lekker chalets vir slaap en heerlike aansit ete, as julle so wil.

Ek sal moet soek vir die plaasnaam, en gekry---Valschfontein!!! 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/02/2024 - 19:09

...kan dalk 'n besoek werd wees, veral as jy 'n sagte kantjie vir die kunssinniges het.laugh

Ek vermoed jy gaan redelike vrot paaie in Oos Kaap teëkom. Hopenlik is die N6 darem in redelike toestand. Ek skat die R72 van oos London na PE gaan mooier op die oog wees, as die N2 wat binneland deur die Ciskei loop. ek verkies steeds om my roetes te beplan met ou padatlaste wat al die vorige tuislande aantoon.

Gee asb lekker toerverslag, veral wat die paaie aanbetref.  

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 11/02/2024 - 21:06

... jy en Martie het mos in sommige van daai dele getoer? Kan jy bietjie terugvoering gee vir André?

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 13/02/2024 - 12:27

Baie dankie vir die insette, raad en goeie wense sover.

Chris - ja dit is maar steeds moeilik om die 42 jaar se Army taalgebruik af te skuur.

Ek glo in jou beroep was daar ook spesifieke "vaktaal" wat aan julle bekend, maar vir ons NIE Giftiges vreemd op die oor sal wees.

Dankie Wessel vir die voorstel oor blyplek, maar ek het 'n paar dae spandeer op Lekkeslaap en die mense se resensies vir ons besprekings wat ek reeds moes doen om plek te verseker. Ongelooflik HOE besig sommige plekke steeds is, selfs buite seisoen

Ons staan by vir verdere kommentaar, humor en voorstelle

Groete

Andre

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 13/02/2024 - 13:28

... ek het my weerhou van kommentaar oor dit wat jy vra, want dit is grootliks onbekende wêreld vir my.

Dit klink vir my julle is geholpe t.o.v. verblyfplekke. Ekself gebruik Lekkeslaap gereeld. Ek slaap o.a. in Lekkeslaap selfsorgplekke in onderskeidelik Middelburg (Mpumalanga) en met die terugkomslag in Kroonstad.

Met ons kort Noord-Kaap/Namibiese toertjie gedurende Apr slaap ons in Calvinia, naby Gochas, Windhoek, Swakopmund, Maltahöhe, Lüderitz en Vanrhynsdorp almal in Lekkeslaap-plekke oor.

Dit is na my mening 'n skitterende webblad om te soek vir akkommodasie - selfs kampeerplek.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Thu, 15/02/2024 - 10:19

More Vriende,

Ek het die draad begin vir geen rede meer as om uit voorstelle/ervarings van ander maters te leer. 

Ek het nie regtig gedink dat ons oorval sou word deur kommentare nie want dit is maar oor die jare heen die agterkwart van die RSA gewees maar ek het 'n wurm in die kop gekry om daar te gaan draai vir oulaas.

Die ou mense het gesê "Jy moet LEER uit jou foute" -

Ek is egter van mening dat dit totaal onnodig is om SELF die foute te maak. 

Leer uit 'n ANDER ou se foute. Dis baie goedkoper, veiliger en meestal minder pynvol. He He.

Planne begin nou in plek kom en moet nog net oorslaap plek kry op Colesberg oppad terug TENG toe. Roep hom maar TENG want niks is meer GOU nie.

Probleem op Colesberg is die dag-en-nag verkeerslawaai in en om die dorp wat mens nie nodig het na 'n dag agter die stuur nie.

Groete en gesels maar 'n versie twak saam om die akoestiek te verbeter. smiley

Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/02/2024 - 10:32

....hoekom slaap julle nie in Adventura Gariep oor nie?? Die naggeluide behoort aansienlik minder te wees as in Colesberg.

 

Worcester

Wildehont

Thu, 15/02/2024 - 10:50

Ek ken dit maar sleg. Het na ons gradeplegtigheid in ‘93 ‘n draai in Lesotho se hooglande gemaak saam met ‘n vriend. Ons het ons kar in Matatiele gelos en is by Qachas Nek in en uit. Ek sonder dat my paspoort gestempel is. Van daar is ons onder om Lesotho PE toe. Ek kan net onthou dit was ‘n baie lang dag.
 

Ons het begroot vir bier, maar nie vir kampering nie. Ons het dus sommer op ‘n oop erf in my maat se Opel Kadet geslaap. Dit nadat ons die aand ‘n paar biere gaan nuttig het in ‘n raserige plek vol jongmense. Terwyl ons daar is maak ek en ‘n meisie oogkontak wat bietjie te lank aanhou en mens se maag so laat kriewel. Kom sy wraggies oorgestap en probeer met my gesels. Ongelukkig was die musiek hard, en nie net het sy Brits gepraat nie maar ek het larangitis gehad so sy kon my nie hoor nie. My vriend het probeer tolk, maar sy het haar vererg en geloop. So die eerste en enigste keer in my lewe wat ‘n nooi my probeer opchat slaan ek toe die bal aan. 
 

Die storie hoort eintlik by die Impulsiewe besluit gesprekslyn. Dalk moet ek dit later daar voortsit voor en verder hier besoedel. As mens jonk is doen jy simpel goed. 

Pretoria - Oos

Andre Smit

Fri, 16/02/2024 - 09:19

Môre Almal,

Baie dankie Wessel - gaan dit beslis oorweeg.

Ek moet net onthou - duurste diesel in my lewe daar naby die dam ingegooi. He He

"Wildehont" ja makker, die dae van jonk en jeukerig en to raak jou jeuk nie eers gekrap nie.

Groete

André

Pretoria - Oos

Andre Smit

Sat, 17/02/2024 - 12:40

Môre Makker,

Nou boul jy my met 'n draaibal soos min.

Onthou asb - bo en behalwe die hardeskyf wat begin stadig raak, is daar van 1978 tot 1991 tussen 1500 en 2000 Dienspligtiges deur 4 SAI Bn en 1 SAI Bn waar  ek gedien het.

Herrinner asb weer die Ou Soldaat waar ons paaie gekruis het. Ons kan dan saam besluit watter skandes ons met die res van die bende wil/mag deel He He

Groete en weereens verskoning as die klokkie nie dadelik by my lui nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 17/02/2024 - 16:09

Ken 4SAI. Basies daar gedoen in 1976. Ksm was Stafsersant Westraat. Hy kon nie lekker dril nie. As hy skreeu LIIIINKS...FORM dan spoeg hy sy valstande uit met die FORM dat hy agter hulle moet agternasit. Dan raak hy vir ons die moer in....

Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/02/2024 - 07:40

Môre Johan

Dankie vir die herriner aan Waschbank. Ek gaan hulle probeer vir ons oorslaap, terug van Bergkwagga af.

Gou op hulle webblad gaan loer, nie besef dat hulle kamers en chalets ook beskikbaar het nie.

O ja, Sandgat is lieflike kampplek, ongelukkig het ons 'n paar vasbytes getref, na 'n "konsert" daar. Effe vasgesuig aan 'n bottel

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus