Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -6 minutes ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago

Kavango raad

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/04/2024 - 06:13

My wa se remligte is reeds LED. Die flikkerligte is nog die ou soort. Ek sal by my vriend by Diesel Electric ‘n afslagprys kry vir LED flikkerligte. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/04/2024 - 17:25

Middag Chris S

Gaan kyk asb na 'n webblad DueNorth. Onder die gallery gaan jy paar foto's kry van die ombouing wat hulle op ons waens doen.

Die hele dak tel elektries op,

die inklim opening na die voorste tent word oopgemaak, deur die struktuur weg te sny.

Dan word hele seilwerk verander/aangepas om daarby aan te pas. Jy sal sien die sytentdak word nou met vlermuisvlerk vervang.

Wat dink jy daarvan, ek is bekommerd oor verswakking van struktuur.

Ek gaan 'n patrollie ry om te gaan kyk hoe dit lyk. Ek vermoed dit gaan halwe nuwe woonwa kos. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/04/2024 - 18:26

Ek is tevrede met ons wa nes dit is. Ek stem saam dat strukturele veranderinge nie ‘n goeie idee is nie. Die dak wat net voor opslaan pla my glad nie, want ons slaap net op die agterste bed - gebruik nie die tafel en bankies opset nie. Ek verkies dit in elk geval om buite te wees as ek kampeer. As dit stormweer is vir ‘n paar dae aaneen en baie koud kan binne sit ‘n beter opsie wees, maar mens moenie in die Kaapse winter gaan kampeer nie. Boonop gaan dit waarskynlik ‘n arm en ‘n been kos, en ek benodig nog beide stelle van myne. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/04/2024 - 09:36

Voor Wessel kommentaar lewer op die opskrif; hierdie gaan oor agteruit stoot van ‘n sleep kombinasie terwyl jou vrou agter staan en aanwysings gee. Ek kan dink dis nie maklik met ‘n Eksklusief of selfs ‘n Penta nie, want mens kan nie verby die wa sien nie. Met die Kavango sukkel ons gelukkig nie te veel nie.
 

Om die wa in ons enkel motorhuis in te kry moet dit van die straat af eers deur ‘n hek gaan, wat net so halfmeter speling aan elke kant laat. Dan moet dit tussen ‘n paar kaste en rakke aan weerskante in die motorhuis in teen ‘n hoek (dis teen die erfgrens wat nie haaks is met die pad aan die voorkant van die erf nie). Boonop moet Salomien op ‘n gereedskapskas staan en die motorhuisdeur (wat horisontaal hang as dit oop is) effens heen en weer beweeg soos nodig om te voorkom dat die Kavango se dak (met ‘n sonpaneel op) daarteen skraap. Vandat ek met die Ranger sleep is dit gelukkig nie meer ‘n probleem nie. Die hoër agterkant van die Ranger verander die hoek waarteen die wa afgaan in die motorhuis in (daar is ‘n effense helling van die deur af). 
 

As die wa deur die hek is beduie Salomien dit in die motorhuis in met instruksies soos; “sy boude moet baie meer huis se kant toe”. Sy kyk aan die kant waar sy staan, en die anderkant kan ek in die kantspieël sien want die wa knak na daar die kant toe. Ek hoef nie agter die wa te sien nie, want daar staan stopblokke waarteen die wa se wiele vasry en dan weet ons dis op sy plek. Ek kan eerlikwaar nie dink dat ‘n kamera aan die wa se agterkant my sal help nie. Dit gaan my nie wys watter kant toe die boude moet draai nie. Maar ek sleep nie ‘n Eksklusief nie…

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/04/2024 - 11:58

beskrywing!!! Agteruit stoot met boude wat alle kante toe moet gaan, kan net bitter moeilik wees. Geen verdere opmerkings niedevil

Lank gelede toe ek nog 'n paleis met 4 motorhuise gehad het, het ek die Palma ook agteruit op sy plek ingewikkel. Ek kon gelukkig 'n L vorm maak in my voortuin/sypaadjie, en dan omtrent net reguit agteruit stoot.

Ek het weerskante van Palma so 300mm speling gehad, want ek het nie na my buurman se raad geluister nie. Dit was geen probleem om deur die opening te kom nie, maar gewoonlik het die wa aan binnekant skeef gestaan.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 27/05/2024 - 08:23

Ek het onlangs die Kavango se batterye getoets met ‘n vriend wat by Diesel Electric werk se battery toetser. Hulle het albei reg getoets. Toe ek egter Saterdag die wa uit die motorhuis getrek het om dit deur te gaan het die battery monitor gewys dat die Kavango se batterye na bietjie meer as ‘n uur gesak het tot 12,72V as die Snomaster se kompressor af is. Wanneer die kompressor geloop het het dit 12,43V gewys. 
 

Nou is ek bekommerd oor ons vier aande by Tsendze. Daar gaan die yskas, ligte en waterpompie gebruik word en die yskas gaan oop en toe gemaak word. Ek gaan soek toe op die www en kry die LifePo4 drop-in replacement battery. Twee van hulle gaan my R7800 kos met verskeping. Nou wonder ek of dit gaan werk in die Kavango. Die spesifikasies toon dat dit ‘n ingeboude afsny het vir te hoë en te lae spanning. Ek is nie bekommerd oor te hoog nie, die Kavango se laaier laai teen 13,7V en float teen 13,3V. Ek wonder egter of dit hoog genoeg is en of dit die batterye gaan vol laai.
 

Ek gaan later die verskaffer bel en vra. Blykbaar eerbiedig verskaffers nie die waarborg as die regte laaier nie gebruik word nie. Ek gaan vir Willie Grobler van Echo ook ‘n WhatsApp stuur en sy mening vra. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/05/2024 - 07:57

Alhoewel Willie Grobler van Echo sê die drop-in replacement LifePo4 battery sal werk in die Kavango is ek nie oortuig nie. Ek het gisteraand opgelees, en LifePo4 batterye benodig bulk charge om 100% vol te laai. Dit beteken ‘n 12V battery moet laai teen 14,6V en dan float as dit volgelaai is teen 13,7V.
 

Die Kavango se laaier laai teen 13,7V en float teen 13,3V. Dit is OK vir loodsuur batterye, maar ‘n LifePo4 gaan nooit heeltemal vol laai nie, en dit gaan die kapasiteit en lewensduur negatief beïnvloed. Ek gaan nie R7800 in die water gooi vir vier aande by Tsendze nie. Ek het reeds ‘n ander plan beraam. Later meer daaroor. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/05/2024 - 17:18

...my raad is, bly weg van Li tipe batterye. My elektriese guru genaamd Pieter Barnard het my prontuit aanbeveel dat dit geld mors is in woonwaens. Dit nadat hy vir my 'n superdoeper laaistelsel ingesit het. Myne laai tot "boast" op 14.4V, "float" rondom 13.6V. Dit is selfs met my 320 Watt panele.

Ek twyfel regtig of jou Kavango se stelsel 'n Li-battery gaan baasraak. Dit was die groot rede waarom ek my 2016 model se stelsel laat oorbou het, dit het gesukkel om batterye te laai.

Onthou die russpanning van 'n gelaaide gewone diepsiklus battery is ongeveer 12.7V. Jou gemete 12.4V onder kompressor lading klink vir my heel aanvaarbaar. Ek dink jy is onnodig bekommerd. As jy sien dat battery en panele nie kan byhou nie, sit die vrieskas af in die aand.  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 28/05/2024 - 18:25

Met Wessel, ek hou my battery ook mooi dop en het gister vir die eerste keer gesien die lading het na 11.8 volt geval dit was 'n eerste. By nadere ondersoek (Vanoggend) het ek gesien die yskas was nog op die inverter gekoppel.

Vanoggend vroeg die solar in gespan en die laai stroom het gou terug na 13.7 volt op gegaan, nadat ek die yskas terug gesit het op 220 toevoer. Dit het later na 14.7 gegaan, en vannaand op 13.7 gesettel.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/05/2024 - 20:13

Ek is dalk onnodig bekommerd, maar wil graag die happy wife, happy life beginsel handhaaf. 
 

Ek het ‘n gesonde AGM battery in die huis wat vervang is met ‘n LifePo4 vir die huis se omsetter (die LifePo4 werk puik). Ek gaan die AGM parallel koppel aan die DC/DC laaier vir die Engel in die Ranger se battery. Dit sal dan bedags laai tydens wildritte, en snags prop ek dit by die wa se A-raam in. Dit voer direk na die wa se batterye vir ekstra sous terwyl die son nie skyn nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/05/2024 - 11:58

Ek kom by Aldam agter dat die wa se remme 'n onaardige skuur geluid maak, as ek rem trap. So dog ek dit is maar net stof wat dit veroorsaak.

Kyk gister in my boekie, en met 'n skok besef ek dat ek nog nooit remskoene laat vervang het nie. Ek het die afgelope 6 jaar 23 337km gesleep, en ek het geen idee hoeveel die 1ste eienaar daarmee gery het nie.

Komende week sal die wa dan gaan vir hopenlik remskoene en verstelling, asook die deurskanier wat vervang moet word.

Nou wonder ek, wat is die tipiese kilometers wat 'n wa se remskoene kan doen?? Ek weet wel dat 'n rekord van dienste en wat gedoen is, belangrik is. Gelukkig rem ek mos nie baie op 'n snelweg nie.laugh

Mens moet dus baie duidelike opdragte gee. Soos---inspekteer die remskoene en verstel. Nie net---stel remme nie. Nogal kommerwkkend

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 29/05/2024 - 12:31

Ek kan nie dink dat remskoene so vinnig afgeslyt kan raak nie. As die remme te styf gestel was sou dit afgesien van hoër brandstofverbruik onnodige slytasie veroorsaak het. Maar dan sou die vellings warm gevoel het na ‘n ent se ry. Ek voel elke keer wat ek stop aan al ses my kombinasie s‘n en ook aan al ses bande. As lg warm is beteken dit hulle is te pap. Maar julle almal weet dit alles. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/05/2024 - 14:02

...gestel. Ek verkies my remme om heeltemal los te wees. Die stang moet so'n speling van voorvinger en naaste,  teen mekaar hê. Ek sal vertel wat gevind is na inspeksie en diens.

My buurman moes sy Amarok se voorste remblokkies op 22 000km vervang. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 29/05/2024 - 14:25

My buurman moes sy Amarok se voorste remblokkies op 22 000km vervang. 

Seker van te gereeld rem vir slaggate.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/06/2024 - 14:07

...om te hoor wat is die rede vir skree/lawaai remme. Vanoggend wa oor die berg gevat, nie Echo toe nie. 

Die man wil natuurlik my oortuig om eerder sy boswa wat hy bou en bemark, te koop. Marie wil nie byt nie, tog dink ek daar is baie voordele in om 'n produk te koop waar naverkope diens sommer om die draai beskikbaar is. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/06/2024 - 20:06

My Exclusive het 85 000km afgelê oor sy 19 jaar ouderdom en sit nog met die oorspronklike remskoene. Pine Joubert WC Caravan Fitment Centre) wat my wa se onderstel gediens het voor ek Wildtuin toe is, het spesifiek gesê die remme het geen verstelling nodig nie en is nog perfek.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/06/2024 - 20:11

...naand mater. Help my gou reg, het al 4 wiele van jou wa, remme op , of net twee??  

Ek sal wil glo dat die aantal geremde wiele 'n rol speel. Hoe meer wiele rem, hoe minder slytasie op die remskoene.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/06/2024 - 08:42

Hoeveel kilometers kry julle uit inloopskokbrekers uit.?

Ek moet alweer die Kavango s'n vervang, slegs 14500km gedoen. Mens druk dit sommer met hand in, en dan kom dit baie stadig terug. 

Ek het my stem dik gemaak en gesê dat hy seker moet maak om wel die swaardiens ene in te sit. Die Kruger toer is om die draai, en ek wil nie sukkel teen die berge af nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus