Dankie Wessel
Dat jy speaiaal gaan kyk het. My wa se stelsel werk heel goed vir die bietjie meer as vyf jaar wat ek dit het. Die pyp bars gemiddeld een keer ‘n jaar sou ek sê, en ek ry ‘n lengte spaar pyp saam. Ook koppelstukke en pyp klampe.
Gister my Kavango se pype vervang
Ek hey gister, na ‘n soektog van ‘n uur en ‘n half (wat nie lank klink nie, maar Worcester is klein) en R1350 se aankope die Kavango se PVC pype en pneumatic koppelstukke vervang met reinforced silicone pype. Dit het hier en daar bietjie improvisasie (is dit ‘n woord?) gekos, maar alles werk en.niks lek nie. Nou behoort ons nie weer te sukkel met barspype nie.
So het dit voor die tyd gelyk tussen die pomp en geyser (sien die een stuk silicone pyp wat ek noodgedwonge moes inlas by Dwarswegstrand).

En so lyk dit nou.

Harde werk....
...en sweet in 'n beknopte spasie. Netjies gedoen.
Ek glo 'n goue koue het goed afgeglip toe laaste klamp vasgemaak was.
Amper vyf ure
Dit het my amper vyf ure gevat. Ek moes die stort oopmaak om daarin te werk, so daar was darem ‘n trek deur die wa (wat in die son gestaan het). Ek het eers Teflon band om al die koppelstukke gedraai en toe in die karavaan geklim en die toevoer van die pomp af gedoen. Van die braided hose wat daaraan gekoppel is, is ‘n T-stuk wat een kant stort toe gaan na die koue kant van die menger. Ek het die lyn vervang, en toe die ander kant van die T wat na die T toe gaan wat die koue water in die geyser in voer aan een kant en die koue water na die menger van die wasbak in die yskas se laai aan die ander kant.
Toe dit alles gedoen is was die koue water lyne almal vervang, en het ek aanbeweeg na die warmwater lyne. Toe alles vas is, het ek eers getoets. My moed het in my skoene gesak die water spuit waar die koppelstuk by die koue water se braided hose van die stort se menger ingedraai is. Ek het dit losgemaak en weer vasgedraai, toe lek dit glad nie meer nie. Daarna moes ek alles wat los was weer vasmaak en seker maak die menger van die wasbak in die yskas se laai se pype wat dit voer buig mooi sonder om te knak as ek die yskas se laai toemaak.
Dit was nogal ‘n werkie, maar ek is bly ek het dit gedoen. Ek hoop dit los my probleem met pype wat bars op. Ek dink nie ek het vertel dat die pyp wat die koue water na die stort se menger neem ook by Dwarswegstrand gebars het nie. Dit het gebeur nadat ek die koppelstuk by die geyser se warm water kant vervang het terwyl ons daar was. Dis toe dat ek besluit het om al die pype te vervang. Ek het al te veel tyd gemors terwyl ons kamp met die herstel van barspype.
Toe ek klaar was, moes ek eers die Prado uit die motorhuis trek en toe die drie karre rondskuif om die Kavango terug in die motorhuis te trek. Daarna het ek eers geswem en toe gestort, voordat ek ‘n skuimkop deur die kraag gejaag het. Nou moet ek ons volgende kamp reël!
Motorhuis ?????
Hoekom nie in die garage gewerk nie, sekerlik baie koeler as buite in Worcester son tans??
" Skuimkop deur die kraag…
" Skuimkop deur die kraag gejaag"....
Jou werk lyk sommer netjies. Mag dit vir baie jare probleemvry wees.
Battery kompartement
Môre Chris S, ek sien gister hoe ouens kla oor hulle elektriesestelsels in hulle Kavango's. So kontak ek toe vir Pieter Barnard, en lig hom in dat ek op die groep genoem het dat hy myne oorgebou het.
Onmiddellik kontak hy my en vra fotos van die stelsel wat hy vir my gebou het, hy het alles verloor, en hy wil dit vir kliente wys.
Ek stuur dit sommer vir jou, dat jy 'n gevoel kan kry hoe 'n batterykas lyk nadat PBE hulle goete ingebou het.
Nou het jy begrip waarom die kas 'n klomp lug in-en uit-late bygekry het.
Sit albei batterye dwars?
Dit lyk so op die eerste foto. In my wa sit hulle in ‘n T-formasie. Die trays waarin die batterye sit is so gemonteer.
Ek dink steeds dis ‘n ontwerpfout van die Kavango met die batterye, yskas en kombuis wat alles aan die linkerkant van die wa sit. Die gewig is nie eweredig oor die as se wydte versprei nie. Dalk werk jou onafhanklike vering beter, maar dit moet tog ook swaarder dra aan die een kant.
Dwars batterye
Chris, beide die batterye sit dwars in die kas. Pieter het al die vorige monteer plate afgehaal, wat elkgeval net gegom was, en nuwe monteerplate gemaak. Die is nou vasgebout deur die vloer.
Ons koskas is gewoonlik droë ligte proviand.
Omdat my uittrek kombinasie bestaan uit die 2-plaat stoof [buitekant] en dan die koel/vrieskas, is laasgenoemde se gewig amper in die middel van die wa [links na regs]. Die toilet gevul met water is darem aan regterkant van die wa.
Ek pak ook die swaar kos items eers in die "grot" regs by die wielboog, dan die agterste grot regs. Daarna sal ek in die linker agter grot begin pak.
Skuurgeluid remme
Die Kavango se remme het so 'n effense gekerm [fyn skuurgeluid] as ek rem trap. Dis nou teen lae spoed, soos in dorp en spoed verminder om by verkeerslig te stop.
My Mercedesse se remblokkies het so geskree, tot frustrasie van myself en almal om die kar. Daardie dae het MB so 'n groen sluimerige pasta aan die blokkies gesmeer, wat 'n ruk die gekerm gestop het.
In my Kavango se geval is Bundu trailers se eienaar/bouer my vrind en diensverskaffer, van mening dat die inlooprem/skokbreker net ghries kort. Daar is 2 "nipples" op die koppelstuk waarin die skokbreker is, vir daardie doel.
As dit gedoen is, bly nog net die wielsporing se nagaan oor, voordat my wa weer bedryfsgereed is.
Ek sien al drogbeelde van my Mokala-Namakwa-Swrtbergpas -KarooNP toer. Praat nie van ons 20 dae in Kruger nie.!!!
Wessel se wippende dak
Eintlik sy Kavango s‘n:
My probleem is dat sytent geheg is aan die opwipdak van die Kavango. Wind ruk die dak soms erg op en af.
Dalk is dit tyd vir nuwe/sterker gaslifts. Mens kry mos verskillende druk spesifikasies. Ek weet nie hoe oud die op my Kavango is nie, maar ons het al ‘n woeste wind gestaan met kwalik enige beweging van die opwipdak.
‘n Ander opsie is twee kort teleskopiese tentpaaltjies met ball fittings op die ente wat in socket fittings wat aan die wa se romp en opwipdak vas is indruk. Dan kan die dak glad nie beweeg nie. Onthou net om dit weer uit te haal voor jy die dak wil laat sak
.
Wat ‘n vlermuisvlerk dak vir die Kavango betref gaan dit nie werk vir lang mense nie. Ek het juis die raamwerk vir ons afdak laat maak zodat ek en Salomien nie gebukkend by die yskas en kombuis hoef te werk nie.
Teleskopiese paaltjies....
...is bleddie goeie idee. Ek moet juis die wa Bundu toe neem.
Skokbreker geghries
Vanoggend my wa na Bundu Trailers geneem vir skuur geluid as ek effens rem. Hulle het die inloopskokbreker se ghries aangevul en skoongemaak waar dit uitkom om op remstang te begin druk.
Ek het self 'n stuk gaspyp gesny en oor die stang gedruk waar dit deur 'n gidsoog beweeg, soos dit die T-stuk met kabels na die wiele laat beweeg.
Nou is alles stil, moet seker maar die ghries van inloopskokbreker wees.
Remme afgestel
My vriend en woonwa tegnikus het nounet my wa se linkerrem kom los stel.
Ek vra hom toe waarom begin hulle nie eers op die drom self stel nie, en dan op die T-stuk ensovoorts. Ek onthou my 95 Fleetline kon mens op drom met 'n platbek skroewedraaier op/afstel.
Feit of flater: hy beweer dat deesdae werk dit nie meer so nie. Blykbaar is dit selfstellend, met altyd 'n speling tussen skoen en drom in ongeremde toestand. Hy het net linkerwiel se kabeltjie effe laat skiet, tot wiel vry draai met die hand.
Ek sal sodra dit koel is, met ou klere inkruip en drom mooi bekyk, of die gleuf vir skroewedraaier verstelling nog daar is, of nie.
Dit is op my wa
of die gleuf vir skroewedraaier verstelling nog daar is, of nie.
My Kavango (2008 model) se remme stel nog met die klikwieletjie in die drom. Ek weet dit, want toe ek my inlooprem skokbreker vervang het moes ek die remme stel. Voor jy dit egter kan stel moet jy eers alles skiet gee op die stang en kabels as ek reg onthou. Conqueror het ‘n video wat beduie hoe mens dit doen. Ek sal dit soek en hier kom plaas.
Gaan lees gerus hier
Hier is die gesprekslyn oor inlooprem skokbrekers. Kyk op p 2 daarvan na my plasing van 28/04/2021 vir die skakel na die video wat wys hoe om remme te stel. Dan doen jy dit sommer self volgende keer. As ek reg onthou stel mens dit tot die wiel sluit, en dan klik vir klik los tot die wiel vry loop.
Chris S....
....dankie, dit lyk amper maklik. Ek moet nog gaan kyk vir daardie gleufie vir die 1ste instelling op die drom.
Die video maak logies sin. Begin met alles ontsluit, stel op drom en dan neem "slack" op met stang verstelling.
Die stoot lengte van die inlooprem is volgens jou video ook nie vreeslik baie nie. My tegnikus/vriend glo mens moet in ontspanne toestand net 'n vingerdikte speling agter inlooprem hê.
Regstelling !!!!
Ek wil net 'n regstelling maak, ten opsigte van my skrywe gedateer 8/03/25.
Ek het my dromme gaan beloer vanoggend. Daar is weliswaar steeds gaatjies waardeur 'n skroewedraaier kan gaan. Die drom is deur ALKO vervaardig en by die gaatjie is 2 pyltjies, en 'n afkorting;
"vorw" Ek aanvaar dis die afkorting vir duitse "vorward" of dan "voorwaarts" rigting. Die 2 pyltjies is egter verwarrend, maar ek kan nie kwaad doen nie, Marie het dadelik alle platbek skroewedraaiers weggesteek![]()
Ek het seker maar die tegnikus/vriend verkeerd verstaan. Of, hy het verkies om kortpad te vat, en afgestel op kabels, en nie die detail metode gevolg nie. Ek moet sê, die metode soos wat Chris S aangeheg het, hier bo, maak selfs vir my, meer tegnies sin.
.





Herman...
....dankie nou weet ek ook vir die toekoms. Ek is 'n "drup" as dit by loodgieterwerk kom.