6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -36 minutes ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -6 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -8 hours ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/01/2024 - 16:04

.....moet nou nie versoekings in pad rol nie.

Ek het nou eers al my insette hier gelees, waar ek myself probeer oortuig het om nie 'n ander wa te koop nie.

Indien ek egter voor die versoeking swig, sal dit 'n Gecko wees.

Worcester

Wildehont

Thu, 18/01/2024 - 18:18

Teen die prys (en gewig) sal ek nie ernstige oorweging skenk aan so opblaas sleepwa nie. Ek is nou eers klaar voertuie gekoop. As ek dit so ver maak koop ek oor agt jaar ‘n aftree ryding en dis dit. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 18/01/2024 - 18:59

Ek het my aftreevoertuie en my aftreekaravaan. Ek kan nie verder in my kapitaal delf om enige jonger modelle te koop nie. Die Hilux sowel as ma se Honda voldoen aan ons behoeftes - en so ook die ou 1993 Caravette 6B. Met die huidige Hilux se aankoop was daar 'n onnodige krieweling in die agterent, maar ek het myself belowe: "Nie weer nie". 'n Ander karavaan is lankal van my radarskerm af.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 18/01/2024 - 20:26

...........is ek ook klaar met voertuig en karavaan kopery.  Myne pas ons behoeftes honderd persent en dit is wat ek wou gehad het vir my aftrede waarvan ek nou al 16 jaar in die pad af is.

Worcester

Wildehont

Fri, 19/01/2024 - 10:24

Ek sien op die 4x4 forum adverteer iemand ‘n Eksklusief B wat net elke Desember gebruik is en die res van sy lewe onderdak geberg is. Daar word wel genoem dat die tent aandag benodig omdat dit sy ouderdom begin toon. Dit word verkoop vanwee aftrede en afskaal. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/01/2024 - 10:43

Sjoe dis 'n goeie koop vir jongmense wat wil begin kampeer. 

Len: Jy sal seker weet watter jaartal so 'n wa is. Het dit 4 wiele, want daar was eksklusiewe met 2 wiele. 

Jongmense wat lus het vir hier en daar iets regmaak, kan dalk 'n goeie kopie hier optel.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/07/2024 - 14:21

Sjoe, die vervaardigers en verskeidenheid produktwe raak al hoe meer. Ek kan kwalik glo dat daar vir almal 'n marksegment is. 

Ek het die afgelope vakansie in Kruger opgelet dat boswaens deesdae die gewildste, of die meeste voorkom in kampe. Dan is die Mobi Lodge, staandak die meeste daarvan. 

Padwaens is of die ouer modelle, of die heel nuwe Qwantums, Sensation, Octo waens. 

Bush Lapa en Conquerer was ook goed verteenwoordig, en nie juis Echo produkte gesien nie.   

Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/08/2024 - 20:04

.... na lang oorweging. Dit is gebaseer op binnebed, of uitskuif sonder seilwerk, stort en toilet binne, en iets binne om vanaf te eet.

Dit wil voorkom of die opsies verminder is na,

[1] BERG CX3, [2] Inkuhlu 2 van Infanta, [3] Gecko. Ek is natuurlik nog nie gemaklik met rangorde nie, maar nr 1 voldoen die beste aan die hoof kriteria.

Ongelukkig beteken dit dat die gedeelde stoorplek [skadunet] gelig sal moet word. Daarvoor het ek die ander eienaars se toestemming nodig, selfs al dra ek die totale koste.

Ek sê netnou vir neef Herman, die hoogte van  selfs boswaens is deesdae rondom 2.2m. Dit is hoofsaaklik weens die vlermuisvlerk sytent wat met pale en al, in 'n sak is. Die BERG se "awning" is in netjiese Aluminium boks, maar dit dra by tot die hoogte.

Ongelukkig het ek vanoggend 'n gebruikte Gecko gemis, maar dit is die sameloop van hunkepink op idees.   

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 18/08/2024 - 09:41

Hello Wessel......

As ek nader aan jou was, was dit net ń paar brannewyne, vir die sterk wees, en jou afdak staan hoog genoeg vir ń PAD wa !!!! Los nou die rowwe waens vir die jonges, en jy weet wat ek bedoel met opslaan, uitdruk, oortrek etc, etc. 

Lees weer ń slag wat Len nou net vertel het. Hoe gemaklik, gerieflik, en homely sy wa leef. Ons ou Jurgie is pophuis groot, maar sal dit regtig nie ruil vir die beste opslaan wa nie. Elke keer as ek inklim kom daar so groot verliefdgeid in my hart.

 

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 19/08/2024 - 09:28

Nadat Wessel..............................................die moeilikheid begin het en die Berg 4x4 waens genoem het, het my verstand oortyd gewerk hoe om Elmarie te oortuig om die Classique te verkoop. 

Selfs genoem dat ons dan meer die kinders in Namibië sal besoek en dan ook weer Botswana as ons die Berg het. Het mos toilet en stort vir haar!!! Toe ek die twyfel in haar oë begin sien het ek die voordele van die grondpad wa aangedik. 

Gelukkig het ek die Classique gister uitgetrek en gewas en toe ek inklim en al die veranderings wat ek aangebring het vir ons gerief waarneem het ek begin twyfel. 

Na 'n lekker nagrus word ek vanoggend wakker en sê vir Elmarie nee. Verbasend sê  sy  maar sy het "niks"  gevra nie toe noem ek dat die Classique bly en dat Wessel maar kan sweet oor 'n ander wa. 

Skielik voel ek vrylaugh

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/08/2024 - 09:40

...baie duidelik het jy op die internet gaan loer na die BERG. Ek dink die ouens het 'n wenner beet. Wat is jou mening van die CX3, sommer net vir gesels.

Een van my vriende het ook 'n Classique, en hy het ook 'n hunkering vir 'n boswa. Bloot om grondpaaie, Namibië en Botswana toe te gaan. Sy vriende het 'n Gecko gehad, en volgens hulle is dit 'n harde luukse boswa waarmee jy maar Khutse en Kwai toe kan gaan.

Ek soek egter sommer net iets klein, kompak waarmee ek Noord Wes teerpaaie kan sleep.laugh

 

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 19/08/2024 - 10:22

Wessel......................................................ons hou baie van die Berg en het die videos gekyk. Dit het alles wat ons soek en die gewig van die waens is 'n plus punt. Ons het so 8 jaar gelede saam met die Namibië kinders die Okavango, Victoria valle en ook deur die Caprivi na Etosha getoer met tente. Kinders hou aan ons moet dit weer doen. 

As ek lotto wen sal ek dadelik een koop. Sal hopelik so einde September in JHB wees en ons wil na die Berg gaan kyk. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 19/08/2024 - 11:33

Selfs ek het hierdie Berg-karavaan op die 'net gaan bekyk - nie omdat ek daarin belangstel nie, maar net om te sien wat vir Wessel en Jan so opgewonde maak. Moet sê dit lyk baie indrukwekkend. Iets waaroor ek net nog altyd wonder - hierdie waens met 'n uitskuifgedeelte. Gebeur dit soms dat die bed/badkamer of wat ookal soms vashaak? Miskien kan dit wees as gevolg van stof/roes? Indien dit wel die geval is, wat maak mens dan as jy ver van hulp af is?

Gelukkig is ek genees van karavaan sleep (of van enige iets wat gesleep moet word - selfs 'n Jimny to keep up with the Joneses, nee!) *Nie spesifiek op 'n ander forumlid gemik nielaugh. 'n Een en ander soos sonpanele installeer en 'n afdakkie laat maak (by Len afgekyk) vir my bussie en ons sal reg wees om die langpad aan te pak. Kan nie wag nie......

Vaalpark

Johann L

Mon, 19/08/2024 - 11:50

Maar wraggies, ek was so benoud in 2019 toe daar 'n moontlikheid was dat my Penta af geskryf kon word, dat ek genees is van enige idee om ooit weer iets anders te koop.

Het alles behalwe 'n stort, en my vrou stort nie, sy glo net in bad en 'n bad sal mos nooit in  'n karavaan werk niedevil

Worcester

Wildehont

Mon, 19/08/2024 - 11:50

Dit lyk na ‘n netjiese wa maar:

  • Omtrent R610k met alles in wat mens nodig het.
  • As ek reg kyk het die geyser geen insulasie om nie. Dalk is dit weggesteek binne in.
  • Bietjie min kassies vir klere binne, eintlik net die drie laaie. Die ruimtes onder die enkelbeddens is moeilik om uit te werk. 
  • Bietjie beknop met die twee enkelbeddens binne.
  • Die groot bed gaan koud wees in die winter, eintlik maar ‘n tent aan die twee lang kante.

 

Lg is maar meeste boswaens se probleem. As die wa R400k minder gekos het sou ek dit oorweeg het. Ek is egter nog nooit so kwaad gewees vir my Kavango soos Wessel soms vir syne raak nie. Inteendeel is ek heel tevrede daarmee. Dit sal maar moet aanhou diens doen. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/08/2024 - 12:41

Chris S, jy het na die "groot" CX6 [ 6 slaper]gekyk. Die CX3 3 slaper] is baie beter uitgelê, maar natuurlik met die dubbelbed wat na sykant uitstoot. In ons geval gaan die enkelbed wat na agter uitklap, nie gebruik word nie.

Die CX3 werk omtrent kR550 uit, dit sluit die 12V lugreeling in. 

Jan Meyer voel "vry" tot einde volgende maandlaugh, ek sweet nog met opsies. As ek van wa gaan verander, sal ek maar die huismoles soos man vat, en Gecko koop.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/08/2024 - 13:28

...ek is ook bekommerd oor die nuwe neiging om dak elektries te lig ensovoorts.  

Ek dink egter dat die handmodelle, waar beddens, koelkaste opc die roller/gly-stelsel beweeg, nie sommer probleme gee nie. Gelukkig maak my Kavango se badkamer en koelkaste met die hand op die glystelsel oop, en die voorste bed klap oop. Dus in my geval sal so 'n vashak net tot 'n vreeslike geswets lei, en spuit met Q20laugh

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/08/2024 - 13:32

....jy hoef nie jaloers te wees nie. Die omgekeerde is eintlik die geval. Ek mis my ou huis met 4 garages, my Palma wat gerieflik daarin gepas het. 

As ek nog die Palma gehad het, kon ek net 'n geiser laat insit het, en self 'n sonpaneel laaistelsel bygevoeg het. 

So loop die lewe maar met ons. Geniet jou Penta en jou gerieflike ruim stoorplekke daarvoor.smiley

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/08/2024 - 18:49

Net om die feite in die ope te plaas, my makelaar het vandag die mat onder my voete uitgepluk. Sy aanbeveling aan my was, om nie nou groot geld te onttrek nie. Die ekonomie is swak, en aandele groei is effe swak. Boonop kom kapitaalwins belasting ter sprake by sulke onttrekkings.

Dus, sal ek nou maar net die mark dophou en kyk en kwyl oor al die opsies wat op die mark is.crying Soos die storie van oorlede Tolla gegaan het----"pappie sal nie nou woonwa koop nie".sad

Ek sal boonop 'n osketting aanskaf om Grompie aan die naaste boom of paal te ketting, as ek met hom dorp toe gaan. smiley 

Dan staan daar ook in Heb13v5---julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het ...."

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus