6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -17 minutes ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -57 minutes ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 hour ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -7 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Swannie se Namakwaland Toer

Boksburg
Submitted by Swannie on
Forums

swannie

Dagsê Forumlede

Hoop dit gaan goed met julle!

Jong, 'n ander gogga het my gebyt!!!! Ek en vroulief se hart staan Namakwaland se kant toe!! Nie om te daar te gaan bly, MAAR, om dit te besoek!!!

Eks amper " pensioenaris" soos die forumlede, en is ons tyd "ons tyd". Ai, dis i voorreg om dit te kan beleef!!

Lang storie kort. Ek en Barbera beplan volgende jaar daai '93 Sprint agter die 2015 Corolla se gat te kry en blomme te gaan kyk! En dis hier waar ek jullke hulp vra......watter roete moet ons ry??? Waar oornag ons?? Watter plekke moet ons NIE vermy?

Ek weet.... Dis nog lank voor ons padvat!! Maar..... eks i man wat nie op 99.99 eers wakkerskrik nie!! 🤣🤣

Dit gee ons GENOEG tyd om alles te reël voor ons die langpad aanvat!!

Sal bly wees as julle kan help. 

Vriende in Christus

Chris & Barbera Swanepoel.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 08:14

Wat 'n lekker vooruitsig wag op julle, van die beplanning tot die toer. 

Ons het verlede jaar dit gedoen, soek op forum "Strydoms oppad Namakwaland toe-2023". Jy kan ook net Namakwaland soek, en jy gaan 'n magdom inligting kry.

Ons het onder begin en van Malmesbury net op N7 gebly, en bo uit by Springbok. So het ons met N14 oor Upington, Kimberley,Bloemfontein om terug huistoe gekom.

Dit alles hang af van wat julle alles wil dek. Mens kan ook van Kimberley die N12 ry en by Britstown wegdraai op R384 tot by Carnavon, dan oor Williston na Calvinia om Namakwaland by Nieuwoudville te begin. 

Nieuwoudville en Van rhynsdorp is mooi blomme omgewing. Ons was baie gelukkig by Kamieskroon omgewing. Dan natuurlik Springbok en Nababeep ook. Daar is ook 'n lieflike oord Goegap natuurreservaat by Springbok wat mens moet besoek.

Vra gerus, ons gaan jou toegooi met info

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 08:37

Ek moet noem, moenie te lank wag om planne te finaliseer en staanplekke te bespreek nie. Ek het Maart '23 bespreek vir Kroon Lodge in Kammieskroon, en was amper te laat vir bespreking in September '23.

Jy moet ook besluit hoe groot jy jou spronge tussen oorslaapplekke wil maak, ons grootmense sleep so ongeveer 450km/sleep op 'n dag.

Julle kan sommer 'n besoek aan Augrabies inwerk by julle toer. smiley.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 05/09/2024 - 15:49

Kameeldoing https://www.kameeldoring… plekkie is baie mooi en reg langs SANPARKE se plek.  Jy het jou eie private ablusie blok en stook n ROKET vir warm water.

Bly weg van Van Rhynsdorp se ZAR karavaan park.  Hulle het my rot en kaal gesteel.

Letsatsi het nou nuwe karavaan staanplekke.  Dis reg langs die N7.

Lekker toer.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 16:04

...dankie vir die twee verwysings. Ek het dit klaar op my kaart aangeteken. Kameeldoring lyk baie mooi, maar is dit rerig op 'n klein eilandjie in Oranje???

Ek sal nie in Oranje se hooggety daar wil kamp nie, ook nie by Oranjerus by Upington nie.laugh

Kaap

Goeie Hout

Thu, 05/09/2024 - 18:08

Dit lyk so, want toe ons in 2023 daar was moes die boer paaie oopstoot.

Maar dit is baie mooi daar.

Durbanville

Jeanne Jones

Fri, 06/09/2024 - 12:50

Hallo almal. Ja ons is terug van Namibie toer, later daaroor, duisende fotos sorteer. Swannie, vat N7. Clanwilliam is n moet, die dorp self het n pragtige natuurtuin teen die dam. Dan kan jy oor die pas ry in die Biedouwvallei. Miljoene blomme. Gewone plat voertuie ry daar. Vanrhynsdorp, berg op, Gifberge, baie mooi en natuurlik Nieuwoudtville,  ons kom nou daarvandaan. Baie reen gehad, reeds blomme maar hulle reken die mooi kom nog, grond te nat en effens n koue lug. Blomme soek warmte en geen wind. Dan natuurlik Langebaan, ry daai sirkel roete in reservaat, baie mooi. Eintlik is daar te veel plekke om te noem.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus