Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Maurits se Suid- & Oos-Kaaptoer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin hierdie gesprekslyn namens Maurits. Hy't intussen vir my foto's gestuur en gevra dat ek dit namens hom plaas. Hy sal self kommentaar op die foto's lewer.

Maurits

Maurits

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 24/09/2024 - 18:15

Maurits het weer 'n paar foto's gestuur. Dit lyk of hulle met 'n bietjie hael in die park verwelkom is - dit is nou afgesien van papwiel. Weereens moet hyself kommentaar lewer - ek plaas net die foto's namens hom.

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/09/2024 - 19:59

Sjoe, ek hoop nie hulle het skade nie. As ek so na die fotos kyk, is dit omtrent 'n bedremelde nat modder spul. 

Ek kyk elke aand die weer in daai omgewing, en daar was niks voorspel nie, maar dis seker ook te wagte.

Lyk of die kamp nogal vol is, maar dis langnaweek en skoolvakansie.

0
Sandbaai

maurits

Tue, 24/09/2024 - 20:14

Mense dit was lekker. Dit het so 20 min. geduur. Dit is soos ek die Oos Kaap ken. Daarna het dit oopgetrek toe word vure aangesteek. Ons het nou eers klaar gebraai. Lekker atmosfeer in die kamp. Die ablusie is opgradeer en baie netjies. Die pad hiernatoe is regtig in n baie goeie toestand

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 25/09/2024 - 06:48

....ek moet noem, jou intree sin verbaas my!! Om na hael tydens kampering te verwys as "  mense dit was lekker". 

Hael is die hoofrede waarom ek nie om Brits en omgewing kamp in die somermaande nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 25/09/2024 - 07:43

Maurits...................................................julle moet dit geniet en dankie vir die terugvoering. 

Die volgende paar maande wil ons ook daardie deel van die land besoek. 

0
Sandbaai

maurits

Wed, 25/09/2024 - 13:31

Ek moet noem dat geriewe baie netjies in die kamp. Hulle het vanoggend reeds alle dromme skoongemaak. Daar is ongelukkig net 3 storte in die mansafdeling wat te min is as die kamp so vol is. Swak vakmanskap slaan ook al deur. Wessel ons het die fyn hael.en donderweer.baie geniet Ek em my vrou het 14 jr. Lank onderwys gegee in n plekkie Adelaide so 70 km. hiervandaan, dus het.ons baie in die geweste gekom. Hierdie deel van ons land het dus n sagte plek in ons harte. Ek wil ook net noem dat die park se paaie in goeie toestand is

 

 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/09/2024 - 12:29

....hoe ervaar julle Bergkwagga ?? 

Wanneer en waar draai julle terug huis toe?

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 29/09/2024 - 12:52

Ek kan nie onthou wat Maurits gesê het t.o.v. hoe lank hulle oral gaan kamp nie, maar ek weet dat hulle na Bergkwagga nog Green Fountain (naby Port Alfred), Yellow Sands en Addo gaan besoek. Hy moet maar 'n slag weer kom inloer en vertel van hul verdere planne.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/09/2024 - 13:00

Chris B, jy is reg, ek het vergeet van sy laaste deel. 

Ek onthou wel dat hulle 6 aande by Bergkwagga bespreek is.

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 29/09/2024 - 13:44

Ek dink hulle ry môre van uit Nelspruit, gister daar die game gaan kyk?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/10/2024 - 17:20

.... hoe gaan dit by Addo? Kampeer julle nog, of het julle al gedraai vir huis toe gaan?

Hoe gaan dit met die tandpyn, jy is so stil, mens sal dink jy sit met bek vol tande.laugh

0
Sandbaai

maurits

Mon, 07/10/2024 - 18:15

Wessel ons het Zebra park baie geniet. Aangename mense en die geriewe is in baie goeie toestand. Lekker die toets bo in die saal gekyk. Green Fountain park sal ek 100% aanbeveel. Eie badkamer, veilig en baie netjiese kamp vir R290 per nag. Ek het genoem dat die tandarts 2 absesse reggemaak het. Toe ek wil betaal toe wil hy niks vat nie. Ek val byna op my rug. Toe gee ek maar 2 bottels KWV wyn as betaling. Vanaf Port Alfred Addo toe is n pragtige pad met duisende beeste. Addo is natuurlik vir my n lekkerde atmosfeer as Zebra park. Dit was egter vrek warm. Ons het vanmiddag op Hartenbos aangekom. Die wind waai sommer lekker hier. More gaan ons Jongensfontein toe en dan terug huistoe. Ek sal vir Chris n paar kiekies stuur om op te sit. Die pad van PE na Mosselbaai bly een van my gunsteling paaie. Maurits

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 08/10/2024 - 11:22

Maurits het gister weer 'n klompie foto's gestuur wat ek namens hom plaas. Hy sal self kommentaar lewer.

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

Maurits

 

0
Sandbaai

maurits

Tue, 08/10/2024 - 11:29

Die fotos op die rivier is by Port Alfred. Chris het so gespog met sy hoender dat ek my foto van n gesonde pot plaas. Die foto waar ons bakkie voor die rietdak staan is by Green fountain farm. Dit is elkeen se privaat ablusie Die ander is in Addo. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/10/2024 - 11:59

...ek sal nie daar aard nie. Ek sien dan geen ander wild as my aarts ongewilde soogdiere nie. laugh 

Ek kyk daai fotos van Port Alfred [?] se huise so, en besef net, daai deel tussen PE en Oos London trek my, maar ek dink huispryse is styf veral in genoemde dorp. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 08/10/2024 - 14:03

En toe moes Martie net met 'n pot groente tevrede wees, want ek sien niks vleis nie (arme vrou wink) Of aard sy ook na Ralie wat net op groente sal leef?

Daardie hoender van my (en gisteraand se Chicken Espetadas) was my groente-etes vir die week. Ek sal weer by die huis gaan regte groente eet. Vir nou is Baked Beans en Sweet Corn eers voldoende.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus