Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -5 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -6 hours ago

November gesels

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.

Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 13/11/2024 - 18:14

Ek is maar alte bewus van die standpunte in die artikel wat Wildehont aangeheg het. Ek deel inderwaarheid dié sentimente 100%. Destyds (28 jaar gelede) het ek egter anders gedink. Ek ontmoedig enigeen om 'n African Grey as troeteldier aan te hou - gegrond op die feite in genoemde artikel, maar ook gemik op die realiteit dat alle mense nie besef watter aandag en versorging só 'n troetelvoël benodig nie.

Ons het al baie spyt gekry dat ons ooit vir Stoffel aangeskaf het. Maar nou is die koeël deur die kerk. Ons hét haar nou en kan onder geen omstandighede die voël ontslae raam - of dan liewer "vrylaat" by 'n instansie wat sulke voëls onder meer aanvaarbare toestande aanhou nie. Sy is nou so kranklik dat sy voltydse spesiale sorg benodig. En dit sal ons doen solank sy nog bly leef - wat na my mening nie meer lank sal wees nie.

In aanhouding kan hulle tot 70+ jaar leef, maar die veearts (wat na my mening die voël opgeneuk het) het genoem dat die gemiddelde leeftyd vir African Greys in Suid-Afrika is nader aan 30 jaar.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/11/2024 - 18:36

Ek het nie die artikel geplaas ter oordeel van mense wat African Grey papegaaie as troeteldiere het nie. My siening het verander toe ek in 2007 in Sentraal-Afrika Republiek by Dzanga bai (‘n natuurlike opening in die reenwoud waar woud olifante, sitatungas, bongos, reuse woud varke, woud buffels en ander diere kom eet en drink - sien foto hier onder en lees hier meer indien jy belangstel) vir twee dae in ‘n skuiling gesit het en onder andere swerms van die papegaaie in hulle natuurlike habitat gesien het.
 

Baie van wat in die artikel wat ek vroeër vandag geplaas het staan het ek nie geweet nie. Ek het meer gedink die instansie kan dalk help met Stoffel se situasie. 
 

A

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 13/11/2024 - 18:42

Ek wonder of sy moontlik 'n beroerte gekry het en sodoende haar spraak verloor het? Arme ou sy'tjie. Baie sterkte met die versorging.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 14/11/2024 - 07:14

Dit kan dalk wees Rona, alhoewel "seizures" nogal redelik algemeen by African Greys voorkom. En Sondag het sy etlike (op die oog af) "seizures" gehad.

Nietemin, ons sit nou met 'n voël wat glad nie lekker is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/11/2024 - 07:27

Môre Chris, jy gaan nie van my raad hou nie.

Neem Stoffel vir oornag waarneming by 'n veearts, en vra die ou om Stoffel maar die genade dood te gee. Ralie kan maar net vermoed dat Stoffel weer 'n aanval gekry het, en dit nie gemaak het nie.

In Stoffel se huidige toestand, is sy nie vir julle 'n genot nie, en binnekort wil julle met vakansie gaan, en wie gaan wil sukkel met haar?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 14/11/2024 - 09:57

... ek hoor wat jy sê. Maar het jy al van skeisake gehoor? Dit is mamma se 28-jarige kind.

As ek terugdink aan my eie tranedal toe ek my dowe, halfblinde en met artritis 16-jarige foxterrier laat uitsit het, wil ek nie eens dink aan die trane as ons die besluit neem om Stoffel te laat uitsit nie.

Neewat - ons het nou nie meer die plesier uit haar wat ons eens gehad het nie, maar sy eet weer gesond en lê nog steeds op haar ma se skoot saans en slaap totdat ons bed toe gaan.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 14/11/2024 - 14:01

... vir Montagu se somerhitte. Alhoewel ons 'n lekker skaduryke staanplek vir die 10 aande bekom het, is ek tog maar lugtig vir die Klein Karoo se somerhitte. Die mobiele lugreëlaar gaan wel saam, maar my silwer seil is vanoggend afgelewer. Ek wou 'n 5 x 5 meter seil gehad het - ek kon dit volgens my voorkeurmate laat maak - maar het 'n klaar-vervaardigde een van 6 x 4.8 meter gekoop (SA Shade).

Dit sal 'n eerste keer wees dat ek 'n silwer seil gebruik. Gevolglik lê daar seker ook 'n bietjie kopkrap voor. Ek voorsien dat dit ook handig te pas sal kom by Dwarswegstrand in Januarie - en dalk selfs volgende Mei by Krokodilbrug (waar ons in 2021 in die blote son moes kamp opslaan).

Ek vertrou maar dit is "geld goed belê".

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/11/2024 - 15:28

.....bly 'n goeie belegging vir somerson.

Hoe beplan jy om dit te benut. Oor die sytent en woonwa, of net oor voltent met stoeptent voor.

Ek het sommer van daardie dun nylon toue gekoop en van elke eyelid 'n tou getrek na die nr7 penne toe.  Ek dink dit kom in 5m lengte, wat ek dan halveer het vir 2 toue.

Die nadeel van bo-oor woonwa se dak is dat mens die boonste seil vensters toemaak.

Lekker eksperimenteer

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 14/11/2024 - 17:12

Op Gourikwa se strande, het daar heelwat van die vraghouers wat onlangs afgeval het in die rowwe weer, se inhoud uitgespoel.

Skoene, pille, energiedrankies, Pritt in ń dosyn verpakking en die houertjie. Voel soos silikoon rubber, maw sag. Die kleure rn pienk dekseltjie sê kinder speelgoed, maar dit voel nie reg om hulle met so mondvol rubber te laat speel nie. Daar is so klein pyltjie op wat na die bokant wys, rigting van gebruik aandui glo ek. 

Die ou stuk vel links, is daar om ń skaal te gee. Wat op aarde kan dit wees.

Goete.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 14/11/2024 - 17:32

... ek slaan eintlik nooit my voltent op nie - slegs stoeptent (selfs al kamp ons lank). Die afmetings wat ek gedoen het (eintlik afgetree het) was toe ons onlangs in Montagu gekamp het. My gedagte is om dit oor die stoeptent en karavaan te trek.

Die seil (het volgens die verpakking) elke meter 'n ogie. Ek sal sommer 'n lang rol nylontou koop en ook 'n groot klomp aluminium "dog bones".

Ek het gister begin om my gewysigde inpaklys op te stel. Ek sal o.a. 'n paar "pool noodles" by Crazy Store gaan koop. Dus kom daar 'n paar nuwe items by.

Gelukkig hoef ek nie 'n aparte braai in te pak nie (behalwe natuurlik die Smokey Joe - wat 'n standaard item is). Montagu beskik oor netjies geboude braaiplekke by elke staanplek. So-ook Dwarswegstrand waar ons Januarie sal wees.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 15/11/2024 - 08:15

Ek het die voorwerpe wat Oom Neef gekry het met reverse image search probeer identifiseer maar die www kon dit nie kry nie. Lyk of dit dalk oor ‘n potlood kan pas, maar wat sou die doel van die ribbes dan wees?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 15/11/2024 - 09:45

Die goedjies het by my ook gespook. Het gesoek en presies daardie gekry: "Children writing pen holder. Kids learning practice silicone pen aid. Grip posture. Correction device for students."

Dit kom aan die voorpunt van 'n pen/potlood en die ringetjies gee dan die vingers 'n beter greep op die pen.

Waarde Neef Herman: dink dit was $2.27 - 2.48 (nie seker of dit per item is nielaugh)

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/11/2024 - 09:53

....jy het nie dalk 'n ekstra paar nr 11 velskoene opgetel nie??? Myne is klaar en Krismis is vêr!!!

As mens nou in Brits velskoene koop, kry mens 'n nuwe Foton tunland saam. laugh

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 15/11/2024 - 09:54

Dankie Rona...............................................nou hoef ek nie meer te dink wat dit is as ek in die nag wakker lê nie. 

Nogal 'n oulike idee. Kan ook werk vir arthritis vingerswink

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/11/2024 - 12:01

....by die Forum. Jou naam het bloot my oog gevang vanweë jou vanlaugh

Ek en die ander, sien uit na jou deelname hier.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/11/2024 - 12:04

...hoe vorder julle met die skoonskrif lesse. Julle het nou daardie hulpmiddel ontvang, so ek verwag om resultate te sien hier aan jou tikwerk.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/11/2024 - 09:02

....werk beslis op die rook beginsel!!!! As die rook geruik of sigbaar word, stop die komponent om te werk.

LG-mikrogolf se rook is uit, nou gaan ingee vir kwotasie om te herstel. Dis dalk goedkoper om gebruikte 4x4 te koop as nuwe mikrogolfsad

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/11/2024 - 09:04

Hoe vorder die herstelwerk?? Seker beter vir die hart, bloeddruk en gemoed om nie te gaan loer wat hulle doen nie, of hoe???

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus