Op Wessel se versoek begin ek die gesprekslyn om alles oor ons kuier bymekaar te hou.
Almal weet al ons vertrek DV 26 Desember en keer weer 11 Januarie terug. Ons staan vir die eerste keer op nr 33 tydens die besoek. Ons is baie opgewonde oor die vakansie!

Chris S....
....jy is 'n beter persoon as ek. Die 1ste keer wat apie se kind op my klim, sal ek my ry gekry het.
Gaan julle Paasnaweek weer DWS toe??
Verkeerd getel
Dis minder as drie maande. Ons is op 17 bespreek van 28 Maart tot 6 April.
Ek staan lekker op 33. Die privaatheid geniet ek baie, en die natuurlewe op en om die staanplek geniet ek ook. Dit is egter baie bedompig omdat die wind nie regtig hier kan uitkom nie. Dit is ook stowwerig, maar ek vee die plaveisel en grondseil met ‘n besem wat altyd in die Kavango is skoon. 33 se tarief is ook goedkoper as die seefront staanplekke.
In Maart/April sal dit nie hier so warm wees nie. Salomien wil egter nie weer hier staan nie, so ons sal nie. Maart/April is seefront eintlik beter want die weer is gewoonlik dan heel aangenaam. Maar ons kon net op 17 plek kry toe ons Maart verlede jaar gaan vra het. Ek beter nou al kyk of ek vir volgende jaar se eerste kwartaal skoolvakansie kan plek kry.
Nog diere
Gister het ons ‘n paar uur voor laagwater gaan swem. Toe swem ‘n rob voor my en Junior verby, skaars 5m van ons af. Toe ons die handdoeke optel nadat ons geswem het lê die out nie op die foto onder een. Dit moes seker saam met ons gegaan het strand toe. Ek het dit maar weer agter die Ranger vrygelaat.

Die middag is ons Diaz waterpark toe en het heerlik baljaar. Terug by die oord het ons ‘n paar knertse gemaak, 30 Seconds gespeel saam met die kinders en gebraai. Vandag is die son weer uit na twee koeler dae. Ons het werklik goeie weer hierdie jaar.

Joe - daai sons-opkoms ...
... is pragtig. Hopelik kry ek iets soortgelyks gesien oor twee weke. My agterent kriewel om daar te kom.
Ondergang
Ons staan nie vroeg genoeg op om die son te sien opkom nie. Maar sulke sonsondergange gebeur redelik algemeen hier. As mens nie voor op die seefront staan nie is die bankie op die gras voor die eerste huur huisie langs die woonwapark ‘n goeie plek om dit gade te slaan met iets kouds in die vuis.
Baie mooi foto's...
van die sons-opkoms (soos wat Chris dit noem, maar het die son nie anderdag daar onder gegaan nie?). Minder mooi diere
. Ek wou die ander dag sê hoe besonders die foto van die Bas spinnekop se web is, en dankie vir die inligting t.o.v. die web wat slegs vir een nag gebruik word - dis baie interessant.
Kuier lekker verder en wees maar versigtig vir die agt-potiges.
Verskoning....ek het een skrywe gemis. Dit is inderdaad 'n sonsondergang, terwyl Chris waarskynlik vroeg uit die vere is en uitsien na die opkomste (van die son, nie 'n skare mense nie
)
Jammer
My rigtings is so 'n bietjie deurmekaar met Mosselbaai daar in die verre agtergrond wat mos noord kyk. Een van die min kusdorpe in SA wat noord oor die see kyk. Ek het dieselfde probleem op sekere plekke in PE (die Baai soos ek dit ken) ondervind - waar die son vir my soggens in die weste opgekom het.
Nietemin - dit is 'n pragfoto.
Gwaing strand is pragtig
Ons het gistermiddag laagwater gaan kyk hoe lyk dit daar. Dit is ‘n pragtige plek. Mens ry ‘n stuk goeie grondpad om daar uit te kom, en daar is ‘n paar steil trappies af maar dis die moeite werd.

Daar was seker so dertig ander mense, meestal in die see. Ons het nie in die see geswem nie, want daar was bloublasies. Daar is lewensredders en ek het vir een gevra hoe dit Nuwejaar daar gelyk het. Hy sê dit was baie besig.


Ons het ‘n ent in die kloof in gestap en daar geswem. Daar was niks ander mense in die kloof nie en die natuurskoon iets om te beleef. Ons het twee visarende gesien en taamlik baie vis. Oppad terug het ‘n groot grys muishond voor ons oor die grondpad geloop.
Daar is ‘n oord net bo die mond. Dit lyk of meestal bruin mense daar kampeer. Kara het gesê sy wil nie daar kampeer nie want die swembad lyk vir haar vuil. Ons het nie ingegaan nie.


Gwaing strand...
....is eintlik ongelooflik natuurskoon gewys pragtig. Dalk moet jy vir Kara luister, of haar versoek respekteer.![]()
Buite seisoen...
sal daar waarskynlik nog minder mense op Gwaing se strand wees. Dis 'n vreeslike mooi plek en dit klink of die uitstappie die moeite werd was. Dankie vir die deel hiervan.
Terloops - jou foto's is mooier as dié op hul webwerf (wat ook nie sleg was nie)
Mooi son ondergang foto's
Pragtige foto's Wildehont. Daai wolke saam met dit maak dit ekstra mooi
Bloublasies
Wildehont het al melding gemaak van bloublasies daar waar hulle tans kuier. Ek lees vanoggend in Die Burger dat dit klaarblyklik 'n taamlike groot probleem langs daardie deel van die kus is vanjaar - selfs jellievisse. Meer as 2 000 mense moes reeds behandeling deur menseredders ontvang.
Baie bloublasies
Hier is definitief meer vanjaar. Toe ons gistermiddag na laagwater op die strand was het hulle weer op strepe gelè langs die hoogwater lyn. Een van ons kinders se maatjies se ma is toe ook gesteek terwyl ons geswem het.
Gelukkig ...
... is ek en my beter-helfte nie meer see-swemmers nie. Ek was gek oor baljaar in die branders, maar nou is die boep te groot om dit in die openbaar ten toon te stel. Ralie is genees van see-swem toe 'n groot brander haar van haar tweestuk swembroek se 'top' by Klein-Brak ontneem het - met 'n vreemde ou langs haar wat dit baie geniet het.
Bloublasies
Ai tog, dit moet sleg wees vir die kinders wat graag in die water wil baljaar![]()
Iewers aan die begin van julle vakansie het ek iets gesê in die lyn van, ek hoop die bloublasie wag weer op die strand om gefotografeer te word. In daardie stadium het ek nog nie van die plaag geweet nie. Dit was maar gesê op grond van 'n pragtige foto tydens een van julle vorige vakansies daar. Jammer![]()
Bloublasies gevalle …
Bloublasies gevalle van 2744 sedert 1Desember tot 5 Januarie volgens Mossebaai munisipaliteit aangemeld op die strande.
Laaste dag
Ons het dit oorweeg om eers Sondag huis toe te gaan, maar daar word reën voorspel die hele dag. Ons is nie lus vir nat oppak en weer soos verlede jaar alles uitpak tuis om droog te word nie. Ek het ook iewers ‘n verkoue aangesteek, en voel nie te waffers nie. Ons het darem ‘n lekker lang vakansie gehad, en wonderlike weer.
Gistermiddag het ons vir ‘n paar uur gaan kuier by vriende van Worcester wat in Hartenbos kamp. Terwyl ons daar was, het daar weer heeltyd mense voor hulle staanplek verby geloop. Dit is ‘n skerp kontras met Dwarswegstrand, maar so verskil smaak. Daar is ‘n hele paar mense wat ook soos ons vriende in die voorste ry in die E-blok staan wat skadunet voor hulle staanplekke oprig om hulle van die voyeurs te skerm. Seker ook van wind. Dit belemmer natuurlik mens se uitsig. Die oom het vensters in sy muur ingebou wat hy kan oopmaak.

Chris Jnr se maatjie wat daar kampeer is deur ‘n bloublasie bygekom terwyl ons daar was. So die getal voorvalle hou aan toeneem.
Ai tog, ChrisS en sy skuheid vir mense naby sy kampterrein
Maar soos ChrisS dikwels sê, so verskil ons maar met ons voorkeure. Ek hou weer van mense om my en om mense (veral kinders) te sien en te hoor, (uitgesluit suiplappe)' Selfs nou weer toe ek in die hospitaal lê : die deure en gordyne moet wawyd oop wees, ek wil sien hoe siekes, besoekers, verpleegsters, dokters en ander mediese personeel op en af in die gang loop - vir my is dit terapeuties.





Gelukkig is ons weer hier…
Ek neem aan op 'n ander staanplek. Sal jy weer gaan staan waar julle nou is. Ek glo nie dit sal vir my werk aangesien dit lyk of jy "ingehok" is. Dit gee wel redelike privaatheid.