Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit November 2026 Geert -3 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -3 minutes ago
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -4 hours ago

Maart 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja vriende, daar breek die derde maand aan. Paasnaweek is om die draai, eerste skoolvakansie van die jaar ook.

Almal maak sekerlik reg om so bietjie te gaan ontspan êrens. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 05/03/2025 - 13:04

Sommige forumvriende het waarskynlik kontak met Len, en vir die ander: dit gaan nie goed met Annatjie nie. Siende dat ons deel in mekaar se lief en leed, dink asb aan haar, asook Len en hulle kinders wat tans so baie het om te verwerk.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/03/2025 - 13:17

....dankie vir mededeling. Ek het laas naweek met hom gesels, en ek is bekommerd oor Annatjie se toestand.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/03/2025 - 13:21

Ek hoop dit gaan gou beter met die tannie. Ek is dankbaar dat julle kinders naby woon sodat julle mekaar kan ondersteun.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/03/2025 - 11:41

Lees gerus die artikel in Maroelamedia vandag.

Ek is van mening dat daar 'n groot waarskynlikheid daaragter sit. Baie van ons kernkragmanne, veral oud PBMR personeel, is deel van X-energie in Amerika.

Dit sal egter baie invloei [terugvloei] van ons gewese kundigheid verg!!! 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 09/03/2025 - 16:00

Na aanleiding van die Galjoene wat skaars en gewild is, wil ek noem dat ń maat van Gansbaai wat  oor ń week  kom kuier,  so paar Galjoene kom braai. Von sal ń broodjie bak, ek sal paar aartappel wedges bysit.

Ons is nie groot viseters nie, maar kry gereeld van ons Knysna maters af diepsee visse en my gunsteling... Oesters!! Saam ń glasie yskoue droë wit...daar kom bitter min anders naby vir bietjie bederf.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 09/03/2025 - 16:28

Ek is self  ook 'n sucker vir 'n lekker vars oester. My ervaring is dat Johannesburg en omgewing oor van die beste seekos-restaurante in ons land beskik. Die vars seekos-produkte word op 'n daaglikse basis van die kus af ingevlieg. Sodoende het ek oor die jare verskillende oesterplase se produkte geëet - Knysna, Algoabaai, Saldanha en Port Nolloth. Algoabaai s'n was vir my die lekkerste.

Die een restaurant, net buite Kempton Park, waar ons soms geëet het (naam vergeet), het my bekendgestel aan 'n paar druppels Tequila op elke oester. Hulle bedien dit saam met 'n klein drupperbotteltjie Tequila. Net 'n bietjie varsgemaalde swartpeper en 'n paar druppels Tequila op elke oester - koningskos sê ek jou!!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/03/2025 - 11:30

Die dat Chris B Oesters en Tequila in die plek van Tobasco geniet.  dink neef nou die "stywe pinkie" weergawe vir jou volgende loslyfkuier uit. 

Ons ken almal die tradisionele Tequila shooter. Sout op die bokant van die linkerhand. Skyfie suurlemoen tussen die duim en wysvinger vasgevat. Shooterglasie vol Tequila in die regterhand. Nou lek jy die sout op, gooi die Tequila agter in jou kop, en byt die suurlemoen. Als in een poging. Heerlik.

Nou vir die grênd weergawe. Hou by die sout, maar maak dit pienk Himalaja sout. Ipv suurlemoen, ń Oster met Trev se Habanero sous. Hemel Trev, die goed is seker van die meter af sterk! En jou glasie Goue Tequila. Geniet soos op die tradisionele manier, maar talm net so effens tussen die verskillende stappe, om rond te loer en nie common te lyk nie. 

Pienk sout.... Goue Tequila... Oester met Habanero sous....Wenner.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/03/2025 - 12:04

....word bostaande peuselhappie as volg aangepas;

1x einde van maand Salticrac

1 knippie jodeerde sout

1  blokkie cheddar kaas

goeie sluk Windhoek draught

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 10/03/2025 - 12:58

Waar loop die Maandagoggend gedagtes heen? Wat begin het as oesters en oesters met tequila het nou al skoon shooters geraak.

 Hier is dan ook my bydrae: Ek het eenmaal, toe ek 'n vriendin by haar lodge gaan uithelp het in die kroeg tydens 'n groot funksie geleer wat om te bedien wanneer iemand vra vir 'n oyster shooter. Ek is nie suinig met die resep nie....laugh

Van alle seekos is oesters vir my seker die smaaklikste - nader aan die see te "proe" kan mens seker nie kom nie. Ek bederf dit net nie met enige souse nie - 'n paar druppels suurlemoensap is genoeg. Heerlik!!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/03/2025 - 13:27

....het sy admin taak afgehandel. So 'n paar oggende 03h00 ogestaan en kompleks se boeke reggekry vir ouditeure.

Vanoggend is ek in die werk gesteek om metaal blinders skoon te maak en gordyne te was. 

Nou gaan ek plek bespreek vir 'n week se wegbreek tussen wildediere. Dit sal wees net vir oefening en toets van Kavango se bedryfsgereedheid vir KrugerNP. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/03/2025 - 14:06

Ek het nog ń lekker Tequila resep. Die was nogals gewild by die jong tawwe manne op bv ń ramparty.

Die arme drommel lek die sout, snort die Tequila, en druk die suurlemoensap in sy oog uit. Die gaste lê agteroor soos hulle lag vir die arme siel. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 10/03/2025 - 14:27

Ek het so 25 jaar gelede by ‘n lodge langs die St Lucia meer gewerk. Die eienaar het ‘n konsessie gekry om met roeibote op die estuary toere te doen maar wou mekoro gebruik om dit uniek te maak. Ek is aangestel om die bedryf op te stel en die gids te wees omdat ek in Botswana op die delta geleer het om met mekoro - die platboom langwerpige vaartuie wat met ‘n paal op die bodem gestoot word - te ry.
 

Dit was ‘n ervaring en ‘n half. Die seekoeie was glad nie gewoond aan vaartuie nie en het aanvanklik van ver af nadergekom om ondersoek in te stel. Een naweek kom kuier vriende, en ek vat hulle in ‘n kleiner kanaal in waar ek nog nie voorheen was nie. Toe ons om ‘n draai kom is daar ‘n trop seekoeie in die smal kanaal. Ons het eers teen die kant gaan staan tussen die manglietbome en gewag dat hulle rustiger raak. Toe laat ek twee vriende eerste terugroei na die rigting waaruit ons gekom het, en laat die vriend wat saam met my in die mokoro is agterstevoor sit voor my sodat hy kan kyk wat maak die seekoeie terwyl ek die mekoro wegstoot van die trop af. Een jong bul het ons ‘n ent gejaag en toe gelukkig terug gedraai na die trop toe. 
 

Maar ek dwaal af. Ons het ook gaste na Cape Vidal gevat vir ‘n rit op die strand, en daar ete bedien. Een dag was ek en ‘n ander gids saam daar, en het elk ‘n oester met ‘n mes losgewikkel van die rotse af. Varser as dit kry mens seker nie, maar dis nou regtig nie iets wat my opgewonde maak nie. Daardie slymerige gedoente is alles behalwe aptytwekkend. Mossels eet ek van tyd tot tyd want dit kom in ‘n lekker soos en mens kan dit darem soort van kou. 

Die ander ding wat my kwel van oesters, is dat mens hulle lewendig eet. Dit maak dit nog minder aptytwekkend. Maar smaak verskil…

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 10/03/2025 - 15:24

"wat my kwel van oesters, is dat mens hulle lewendig eet."

Ek kruip soms so effe in my dop, maar dis nie te erg nie, mens kom wel oor daardie gevoellaugh

Die ander laat ek vir julle.....

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/03/2025 - 16:26

... ai tog mens, "laat ek vir julle...." Onthou ek is 'n prentjie/grafiese mensdevil

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/03/2025 - 10:18

Na aanleiding van die gesels oor Chris S se spaarwiel en ander se gesukkel met die slot, het ek gou gaan inspeksie hou.

Ek het die slot se rubberproppie met maskeerband toegedraai/plak, toe ek bakkie gekoop het. Dit het goed gewerk, ek kon sonder enige gesukkel die slot oopgesluit kry.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 12/03/2025 - 10:33

Ek het die slot se rubberproppie met maskeerband toegedraai/plak, toe ek bakkie gekoop het. Dit het goed gewerk, ek kon sonder enige gesukkel die slot oopgesluit kry.

Wens ek het daaraan gedink ek gaan dit die naweek doen. Dankie vir die wenk 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 12/03/2025 - 13:07

Deel van my jaarlikse "alles check" roetine is om die slot te behandel met WD40 of soortgelyk, so ook die ekstra motorfiets ketting/slot...werk vir my

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 13/03/2025 - 11:41

... dié oubaas sommer wegloop vir 4 maande. ATKV Eiland Spa het my pas laat weet dat hulle my kan help met 'n staanplek vir 2 maande vanaf 3 Junie tot 4 Augustus (danksy 'n kansellasie). Dit kos my R190.50 per nag en sluit die Jun/Jul skoolvakansie in - m.a.w. piektyd. Dan kuier ek saam met my seun-hulle wat ook tydens die skoolvakansie daar is.

Ons vertrek 2 Junie uit Krokodilbrug en soek dus 'n kampeerplek iewers verder noord in die wildtuin vir daardie aand - verkieslik Satara of Maroela. Maar dit is soos om vir wors in 'n hondehok te soek. Ek het voorlopig 'n 2-bed chalet in Orpen bespreek vir daardie aand, maar sal die web-blad gereeld bekyk vir 'n karavaan staanplek in genoemde twee kampe. Danksy 'n krediet wat ek het hoef ek slegs R769 addisioneel vir die nag te betaal.

Uit die aard van die saak sal my inpakkery 'n bietjie anders lyk. Ons hou daarvan om die gazebo en 'n paar lapa-skadunette by Eiland op te rig en dit neem 'n bietjie ekstra plek op.

Volgende Donderdag het ek 'n afspraak by 4x4 Mega World in Somerset-Wes om die Hilux se bak stofdig te maak. My seun s'n werk 100% terwyl myne (wat ek in Hermanus laat doen het) nie so effektief is nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus