Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Fortunator se Jurgens 500 projek 1970 Jurgens 500 Deluxe… Wessel Strydom -23 minutes ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -3 hours ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago

Maart 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja vriende, daar breek die derde maand aan. Paasnaweek is om die draai, eerste skoolvakansie van die jaar ook.

Almal maak sekerlik reg om so bietjie te gaan ontspan êrens. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 15/03/2025 - 08:57

Dis interessant dat hulle die winkels, restourante en verblyf op ‘n Public Private Partnership (PPP). basis wil probeer. Ek was in 2015 by ‘n opleidingsessie van Nasionale Tesourie (NT) oor PPP. Die gevolgtrekking wat ek gemaak het is dat dit op daardie tydstip selde of nooit werklik suksesvol was nie. Dis ook ‘n verskriklike duur proses vir die openbare instelling.

Hoe dit werk, is dat ‘n privaat entiteit ‘n openbare funksie vervul. Die investering kom van die privaat entiteit af. Die “vennootskap” is gewoonlik vir 20 jaar, om die privaat entiteit die geleentheid te gee om ‘n opbrengs op hulle kapitale inset te realiseer. Daarna val alle bates terug na die openbare entiteit.

Dis maklik om ‘n PPP te registreer. Ek het twee geregistreer by NT namens ons munisipaliteit. Alvorens dit verder gevoer kan word moet ‘n uitvoerbaarheidstudie egter deur ‘n professionele span gedoen word. Dit is ‘n baie duur oefening waarvoor die openbare entiteit kan aansoek doen vir befondsing by NT. Lg het nie ons aansoeke goedgekeur nie, en so het beide PPP’s ‘n stille dood gesterf. 
 

Dit sal interessant wees om te sien of enige van die Sanparke projekte realiseer op ‘n PPP basis. Wat in 2015 vir my opvallend was, is dat daar baie Amerikaners by NT gewerk het. Die een wat met ons aansoeke om befondsing gewerk het, het nogal vir my gesê hulle het nie geld nie. Geld was volgens hom so skaars dat hulle met Mango moes vlieg. Tog hartseer dat die amptenare en politici wat veronderstel is om ons swaarverdiende belasting geld aan te wend tot almal se voordeel glo hulle moet dit vir hulle gerief aanwend. Ek lees bv gister dat Mbalula sê dis nie waar dat ministers lekker leef nie. Hulle vlieg ekonomiese klas binnelands en vlieg net oorsee eersteklas. Lg is peperduur, en waarom hoef hulle eersteklas te vlieg? Meeste mense wat hulle salarisse betaal hou nie eers genoeg oor na belasting en uitgawes om ekonomiese klas oorsee te vlieg nie.
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/03/2025 - 09:03

Chris S, ek lees daai kennisgewing anders!!! Dit lees vir my of dit dien as 'n kansellering van die bestaande PPP projekte.

Ten minste weet ek ook nou wat PPP is

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/03/2025 - 09:35

....oftewel persona non grata verklaar in VSA. Blykbaar is hy gevra om eerder huiswaarts te keer. nie welkom as SA-ambassadeur daar nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/03/2025 - 10:03

... groot marakkas wat die verhouding tussen ons ANC-regering en die Trump-administrasie aanbetref. En ongelukkig gaan 'n ieder en 'n elk in SA dit aan die bas voel.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/03/2025 - 10:50

Ek is onder die indruk dat  Gariep tydens buite seisoen net die staanplekke met eie ablusie gebruik. 

Daar is darem nog Waschbank ook, as julle nie regkom nie. Dalk is daar ander ook om Colesberg, ek het nog nooit daarvoor gesoek nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 15/03/2025 - 10:52

Dit lees vir my of dit dien as 'n kansellering van die bestaande PPP projekte.

Ek het dit skoon mis gelees. Seker maar ‘n optimis. Ek aanvaar hulle het ook nie befondsing vir uitvoerbaarheidstudies gekry nie. NT se personeel wil seker nie met Safair vlieg nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/03/2025 - 10:57

Dit is al vir baie jare ons oorstaanplek tussen die suide en noorde. Met die uitsondering van een geleentheid het ons nog elke keer 'n staanplek met eie ablusie gebruik. Puik!! Tensy ek nie kan regkom met Forever Gariep nie sal ek nie sommer 'n ander oornag-staanplek in daardie omgewing soek nie. Maar dankie vir die voorstel van Waschbank. Ek onthou dat Lapskag ook beïndruk was daarmee.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 15/03/2025 - 14:48

en dit alles oor die Sanparke kennisgewing t.o.v. PPP's. Wat is die alternatief wanneer al die kontrakte gekanselleer is? Ek sien sommer weer die winkel in Skukuza van die vroeë 60's - 'n klein blik geboutjie (miskien 2x3) met 'n luik waardeur mens bedien word wanneer jy nodig het om iets te koop (Steri Milk!!!sad want vars melk van die plaas het omtrent twee dae gehou). Oor die jare het dit darem verbeterlaugh. As Suid-Afrikaners sal ons nog 'n plan kan maak want ons kan braai en het gas skottelbraaie om vir ontbyte iets aanmekaar te slaan, maar vir buitelanders wat die park besoek gaan dit lol. Sommer maar tong in die kies. Sal net interessant wees om te weet wat die volgende stap gaan wees - weer terug na Sanparke se eie onderneming?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/03/2025 - 15:06

Ek wil aansluit by Rona se bekommerde gevoel. Sien in die week die nuusberig in Maroela oor die groot hoeveelheid rou riool wat in riviere gestort word, wat netso in Kruger inloop. Blykbaar is dit veral P.borwa munisipaliteit wat daaraan skuldig is. Volgens die berig gaan dit al vir jare so aan, en praat met munisipaliteit help nie.

Dis die houding van ----as my toilet wegspoel in huis, is alles piekfyn, maak nie saak of dit 3 blokke vêrder in die straat uitborrel nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/03/2025 - 15:08

... jou inloer op die forum word waardeer. 

Ek glo almal hoop vir spoedige beterskap met Annatjie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/03/2025 - 15:21

... het Sanparke reeds weer die winkels "teruggeneem" - menende dat dit nie meer 'n privaat entiteit bedryf word nie. Altans - dit is in Twee Rivieren die geval gewees toe ons in April 2024 daar was. En die tekens dat dit klaar nie meer was soos wat dit onder privaat besit was nie. Ek kon nie glo dat daar geen braaihout, houtskool of brikette beskikbaar was nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/03/2025 - 15:27

....gaan ons voorland wees.

Dis relatief OK as mens in die grens kampe, naby dorpe met winkels kampeer. dis 'n ander gesukkel as mens dieper in wildtuin kampeer, waar dit moeite is om na die naaste dorp te ry vir winkel goed.

Skielik val dit my by---neem 'n klomp kontant saam vir brandstof aankope. Satara is berug daarvoor dat die kaartmasjiene by vulstasie nie vroegoggend sein het nie. Ek moes al iets gaan koop by winkel om voldoende kontant te bekom. Net dalk gaan die vergunning ook wegval nou.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 15/03/2025 - 18:03

Sanparke wou die winkels, restourante en van die konsessies as PPP uitsit maar het daarteen besluit. Dis skaars ses maande gelede wat hulle die “geleenthede” adverteer het. Hulle kanselleer bloot die proses (sien die oorspronklike kennisgewing hier onder). Ek glo dit is vanwee die astronomiese kostes van uitvoerbaarheidstudies soos ek verduidelik het. Dit kan ook wees dat daar geen/te min belangstelling was. 10 jaar gelede was daar ook nog nie werklik ‘n PPP wat suksesvol gewerk het nie.
 

Ek dink in elk geval nie ‘n PPP is die regte model vir wat SANPARKE wil doen nie. Hier is ‘n voorbeeld van ‘n PPP:

‘n Openbare entiteit benodig kantore, maar het nie die kapitaal om dit te bou nie. Hulle wil egter nie vir ewig huur nie. Hulle gaan ‘n PPP aan met ‘n ontwikkelaar wat die kantore bou en aan hulle verhuur vir 20 jaar. Dit gee die ontwikkelaar kans om ‘n opbrengs te realiseer op die kapitale uitgawe. Na 20 jaar word die kantore die openbare entiteit s’n. Ek kan nie sien hoe ‘n winkel in die Krugerwildtuin op daardie basis bedryf kan word sodat dit voordelig is en sin maak vir albei partye in ‘n PPP nie.

 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/03/2025 - 09:58

Ek het so pas bevestiging van Forever Gariep ontvang dat hulle vir ons 'n oornag-staanplek het vir ons noordelike tog. Dus is al my plekke nou bespreek tot en met Eiland Spa. Ek sal later my kop laat gaan t.o.v. oornagplekke vir die terugreis. Maar dit sal waarskynlik die eerste aand van die terugreis iewers in die Bela-Bela omgewing wees en dan min of meer dieselfde plekke waar ons met die heenreis oorbly. Ek moet ook nog my mind opmaak of ek vanaf Karoo Nas Park, op pad huistoe, dalk eerder via Montagu sal huistoe ry. Dit sal nog 'n oorslaap beteken, maar tyd sal leer.

Ek wil vandag begin kyk na my spyskaart vir die eerste paar weke sodat ek my vleisprodukte kan aankoop en in die vrieskas pak in die volgorde wat ons dit gaan gebruik. Ek voorsien dat ek beslis weer vleis sal moet aanvul. Ek het die laaste keer met só 'n lang vakansie 'n halwe lam by Food Lovers in Tzaneen gekoop - was uitstekende vleis. In die wildtuin is ons gelukkig naby Komatipoort (vir aankope) aangesien ons vir 28 nagte in Krokodilbrug is. 

Ai - die oukêrel se opgewondenheidsmetertjie begin al hoe meer na die rooi kant toe neig.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/03/2025 - 11:50

....in Chris se groot[lang] woord. 

Dalk moet jy vir afwisseling terug sleep soos hoe ek dit doen. 

N1 met oorslaap by Aldam

dan by B.fontein met N8 kimberley om, en slaap by Ritchie of Mokala as jy by Lilydale kan kom sonder grondpad

dan KarooNP, Travalia of Steenbokkie

Laastens vir die lekker, sleep R62 deur klein Karoo Montagu toe, of maak stop by ander oorde naby Calitzdorp omgewing.

Verskoon tog maar, ek gaan so lekker saam toer, dat ek sommer wil beplan ook. laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/03/2025 - 12:19

... ek bly maar by wat ek ken. Die enigste alternatief is Aldam wat ek vanjaar verruil vir Weltevrede naby Parys. Ons het een keer by laasgenoemde oorgebly nadat ons die vorige aand Riverside, by Ritchie, oorgeslaap het. Ek was nogal beïndruk met Weltevrede. Toe het ons N12-langs gehou en in Potch weggedraai Parys toe. Lapskag het toe nog in Fochville gewoon. Hy't vir ons kom opsoek by Weltevrede, maar nie gekry nie, want ons het vasgereën in Karoo Nas Park en moes ons datum met een aand uitstel. Dit het toe meegebring dat ons een aand korter (2 i.p.v. 3) by Almega oorgebly het.

Lilydale, in Mokala, het nie kampeergeriewe nie - slegs by Motswedi - en buitendien sal ek dit nooit waag om die Ou Lady op daardie gruispaaie te sleep nie.

En ek sal nie Karoo Nas Park vir enige ander alternatief naby Beaufort-Wes verruil nie. Travalia is wel 'n uitstekende opsie as jy van hul vaste akkommodasie gebruik maak - ons is gek oor die plek. Ons het een keer The Vale, tussen Beaufort-Wes en Drie Susters probeer. Heel oulik, maar Karoo Nas Park bly maar in my bloed.

Ek voorsien dat ons baie waarskynlik N1-langs sal terugry huistoe en anderkant Touwsrivier wegdraai Montagu toe waar ons dalk sal oornag voordat ons die laaste skof (via jou hometown) huistoe ry. Maar ek sal eers nader aan die tyd finale besluite neem.

Nietemin - dankie vir jou gedagtes/voorstelle.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 16/03/2025 - 13:05

Ek kan darem nie dat Mnr Boucher alleen so lekker beplan aan ‘n laeveld vakansie nie. Ek oorweeg dit al lank om eerder ons eerste aand in die Krugerwildtuin (DV 1 Julie) in Letaba oor te slaap. Dis nou in plaas van in die skuiling by Sable dam waar ek reeds bespreek het. Lg is ‘n heerlike ervaring, veral as daar leeus of olifante verbykom deur die nag. Dis egter taamlik baie werk omdat die beddens eers opgemaak moet word en die volgende oggend moet alles weer terug gepak word in die seil sakke waarin dit kom en na die hek geneem word. Dan kom ons nie so vroeg weg nie en Shingwedzi is ver. Verlede jaar was die skuiling se deure, luike en beddens boonop maar in ‘n vrot toestand, en die skuiling is nie goedkoop nie. 
 

Ek gaan kyk elke nou en dan, maar daar was geen verblyf beskikbaar in Letaba vir 1 Julie nie. Ons wil ook nie vir een aand kampeer nie. Met die Kavango en alles wat daarin saamry is dit te veel moeite vir ons al vier om daarin te slaap. Daar is in elk geval nie staanplekke beskikbaar nie. Vanoggend na ek wakker word loer ek weer, en daar is sowaar een van die hutte sonder geriewe langs die restourant beskikbaar. Ek probeer dit toe op my foon bespreek, maar dit wil nie werk nie. Toe teken ek aan op ‘n rekenaar en bespreek ‘n hut.
 

Ons het al voorheen meer as een keer in een van die hutte geslaap en dit werk lekker. Dit het ‘n yskas en wasbak en die ablusie is lekker naby. Die kombinasie kan ook naby staan vir krag. Verval die een naaste aan die restourant het ‘n lieflike uitsig ook. Ons moet net vroeg genoeg uit Potchefstroom wegtrek dat ons nog hout en ‘n laaste paar vars goed in Phalaborwa kan koop en betyds by die hek inkom om die uur en ‘n bietjie te ry Letaba toe. Die volgende oggend pak ons vinnig, stort en trek weg Shingwedzi toe om hopelik te kan opgradeer na ‘n staanplek teen die heining.
 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/03/2025 - 13:53

... om van jou beplanning ook te lees Wildehont. Ek hoor wat jy sê van Sabledam-skuiling. Dit klink nogal na werk. Ek sou graag so-iets wou doen, maar dit val nie in die ander helfte se kraal nie.

Ek's bly vir jou part dat jy wel 'n hut in Letaba kon kry. Ek dink ek het dit al hier vertel - indien wel, verskoon maar. Destyds, in ons Tzaneen-dae, het my ou groot vriend (tot vandag toe nog) na afloop van 'n kursus en eksamen besluit om 'n wegbreek te vat. Hy en sy vrou gaan bly toe vir 'n week in een van daardie einste hutte. Hy dring toe daarop aan dat ons by hulle aansluit vir die laaste naweek. Ons hutte was nie langs mekaar nie, maar in dieselfde half-sirkel waar ons die aand toe saambraai en natuurlik heelwat van die nodige voggies, wat saam met 'n braai gaan, gebruik. Ons was nog jonk (nog maar in ons laat 20's) en dan is 'n mens soms geneig om meer van die voggies te neem as wat nodig is - ek het dit nou weer in Hentiesbaai gesien dat die jonger manne se tenke groter is as my myne.

Nietemin - my vriend en sy vrou vertel toe dat daar tydens die vorige aande blykbaar 'n hiëna in die kamp was. Sy vrou het die vorige aand teruggekom van die ablusie, nadat sy klaar gestort het, en op pad terug na hulle rondawel hoor sy iets wat soos 'n hond agter haar asemhaal. Sy sit toe die stuk in na hulle hut en verloor in die proses o.a. haar bra. 

Met dié storie in my kop, gaan ons toe slaap. In die nag jaag my blaas my toe op. Destyds was daar in die hutte 'n "koos". Maar dit was teen my beginsels om dit te gebruik. Ek gaan toe uit en besluit om water af te slaan teen 'n droë hardekoolstomp wat langs ons hut was. Terwyl ek daar staan, hoor ek iets soos 'n hond wat asemhaal. Daardie jare het ek net met 'n PT broek geslaap. Ek los toe alles net so en maak my broek waternat.

Dus, moenie te veel van jou tuisgebroude bier drink nie en indien wel - gebruik maar die "koos".

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 16/03/2025 - 19:23

Skielik begin dit gons hier. Sjoe! Met meeste se wildtuinvakansies om die draai, Grootwind se laang seevakansie en al die naweekwegbreke tussenin kan ek kwalik kophou, maar weet net dat ons kan uitsien om lekker saam te lees van almal se voorbereidings tot die uiteindelike padvat en ondervindinge.

Daan reken te sê ons sal vooraf moet gaan seker maak dat alles in die wildtuin in orde is vir die groot aantoglaugh. Komende Woensdag doen Eskom instandhouding en gaan ons geen krag hê nie van 7vm tot 8nm.....

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/03/2025 - 05:58

....is ons al gewoond aan. Ter plaatse was ons die afgelope maand baie gepla met die tendens van "geen elektrisiteit". Ongelukkig beteken dit in Brits dat die water ook wegval, want die pompe en suiwering kan mos ook nie werk nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus