Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoria November 2026 Geert -8 minutes ago
ChrisB Braai met 'n Weber Geert -14 minutes ago
Brits oorverhit ook November 2026 Wessel Strydom -31 minutes ago
Rona... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -34 minutes ago
Impromptu besoeke Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie Rona Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago

Maart 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Nou ja vriende, daar breek die derde maand aan. Paasnaweek is om die draai, eerste skoolvakansie van die jaar ook.

Almal maak sekerlik reg om so bietjie te gaan ontspan êrens. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 17/03/2025 - 09:03

Sabledam-skuiling. Dit klink nogal na werk. Ek sou graag so-iets wou doen, maar dit val nie in die ander helfte se kraal nie.

Salomien is ook nie gaande oor die skuiling nie, maar het al twee keer ingestem vir my en die kinders se onthalwe. Ek is bly ons kon dit doen. Veral die eerste keer was lieflik met rietrotte wat voor die skuiling rondgeloop het, olifante wat naby gewei het toe ons nog wakker was en leeus wat deur die nag gebrul het naby aan die skuiling. 
 

Ek het sopas ‘n ander plan gekry wat dalk kan werk as ons volgende jaar by Tsendze kan plek kry. Ons kan daarna vir die laaste aand by Shipandani skuiling probeer plek kry. Ek wonder egter of dit net so swak soos Sable dam se skuiling in stand gehou word. Ek gaan nie hierdie jaar tyd hê om te gaan kyk nie. 
 

Wat die hiëna in Letaba betref wat mens se knypspiere dalk kan laat gaan, dit was darem lank gelede. Alhoewel dit nie onmoontlik is dat dit weer kan gebeur nie, het ek darem al baie in onomheinde gebiede in Botswana kampeer en gewoon. Daar het ek een aand buite water afgeslaan voor ek gaan slaap en met ‘n kollig in my ander hand oor die vloedvlakte langs ons kamp geskyn toe ‘n luiperd sowat 30m voor my verbyloop. ‘n Ander aand op ‘n staptoer het ek in die nag uit my tent geklim om teen ‘n boompie water af te slaan. Toe my oë aanpas by die donker, kyk ek ‘n olifant wat van die ander kant van die boompie af daaraan vreet in die oë. Nadat ons slurpgrootte vergelyk het en ek jammerlik verloor het, het ek in my tent terug geklim en geluister hoe hy verder met syne vreet. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/03/2025 - 09:46

Nadat ons slurpgrootte vergelyk het en ek jammerlik verloor het, het ek in my tent terug geklim en geluister hoe hy verder met syne vreet. 

... die olifant sou jou enigiets gedoen het as jy met jou slurp ook probeer vreet het nie.laugh

Alhoewel ek baie lanklaas by Sabledam-skuiling was, besoek ons Shipandane gereeld - amper op 'n daaglikse basis wanneer ons in Tsendze kamp. Op die oog af het dit vir my nog altyd baie netjies voorgekom. Ek droom van 'n nag daar, maar dan sal ek waarskynlik alleen daar moet gaan oorbly. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/03/2025 - 21:35

... wie het vanaand na In Gesprek op Kyknet gekyk nie. Maar nou't ek die laaste bietjie respek wat ek vir Piet Croucamp gehad het totentaal verloor.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/03/2025 - 22:32

Ja ChrisB, ek het ook gekyk en is ook baie teleurgesteld - nie net oor die inhoud wat hy te sê gehad het nie, maar wel sy aanvallende houding tydens die gesprek.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 18/03/2025 - 05:43

Piet Croucamp.                                      Het ook gekyk en stem saam met julle. Hy het ook 'n stuk geskryf oor die onderwerp en hy kon nog nooit vir my 'n ordentlike gesprek voer sonder om aanvallend te wees en sy siening te probeer afdwing  nie. 

So paar jaar terug was hy ook in' n voorval betrokke ek dink by Nampo. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 06:50

....kwytgeraak.?? In 'n neutedop vir ons agtergeblewendes wat nie die gesprek gesien en gehoor het nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/03/2025 - 07:54

Toe ek flussies by my kantoor instap en die draadloos aansit praat hulle met die ou met die kopdoek op RSG. Dis interessant om na politieke ontleders te luister. Die een wat ek egter die meeste geniet is Pieter Mulder omdat hy self so lank in die parlement was en die prosesse en reëls daarvan waarskynlik beter as enigiemand anders ken en verstaan.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/03/2025 - 08:07

... die blote wyse waarop hy gisteraand geargumenteer het met Theuns Eloff. Hy't verskil met laasgenoemde se rubriek waarin hy genoem het dat die minderhede in dié land deur die ANC soos paddas in 'n pot gewoond gemaak word met water wat stadigaan al hoe warmer word. Piet het sekere dinge aan hom toegedig - o.a. dat Theuns hom by Solodariteit/Afriforum skaar (wat Theuns ontken het). Maar die absolute aggressiewe wyse waarop Piet hom aangeval en beskuldig het, het my nie aangestaan nie. Ek het nog altyd graag na hom geluister, maar na gisteraand dink ek hy's ....

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 18/03/2025 - 09:37

Dink party mense moet hulself dalk weer van die die reëls van die Forum vergewis! Dis een ding om te verskil van deelnemers aan die gesprek op Kyknet waarna verwys word - ek het dit nie gesien nie - maar iets heel anders om mense name te noem as mens nie saamstem met 'n deelnemer nie. Klink vir my effe lasterlik? Met alle respek, dink ek dit is buite orde. Piet Croukamp was nog nooit 'n konformis gewees nie en dit is juis wat sy menings interessant maak, wat dit aanbetref, is hy en Theuns Eloff aan teenoorgestelde kante van die spektrum,

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 09:47

...is beslis nie 'n konformis nie. Ek het so vinnig op internet na inligtingstukke van hom gaan kyk. 

Afgesien van sy uitdagende vrye denkende politieke beskouings, wat ek hom gun, is daar ander aspekte wat ek my nie mee kan vereenselwig nie.

Ek vind dit nogal vreemd [amusant] dat hy 'n tuiste by NWU gevind het. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/03/2025 - 09:51

Dit is nou wel eers oor meer as ‘n jaar, maar ek het sopas plek bespreek by Dwarswegstrand van 27 Maart tot 5 April 2026 op staanplek 21. Ek het al lank my oog op die staanplek, maar kon nog nooit daar plek kry nie. Dit het ‘n see uitsig, maar is langs ‘n duin wat beskerming teen ‘n Suid-ooste wind bied. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 09:56

....het jy al Witsand oorweeg vir afwisseling.??

Dit lyk na aangename plek, en ek wil daar gaan penne inkap. My voorouers se plek is daar naby, Puntjie se kant toe. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 18/03/2025 - 10:17

Die (nuwe) NWU is lankal nie meer my Alma Mater, die ou PU vir CHO nie Wessel! O.a. is die destydse Gereformeerde Kerk se Teologiese Kweekskool ook nie meer deel van die universiteit nie. Effe van die punt af, maar hier is 'n interessante artikel uit 2023 deur maroelamedia:

https://maroelamedia.co…

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/03/2025 - 10:26

Ons was nog nooit by Witsand (die een waar die Breërivier uitmond) nie, maar ek het al met ‘n paar mense gepraat wie daar was. Klink my as mens nie hengel nie is daar nie veel om te doen nie. Die plek lok my dus nie.
 

Dwarswegstrand bly maar ons voorkeur seevakansie bestemming. Mens hoef nie regtig van daar af te ry iewers heen nie, dis lekker klein en dis veilig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 10:32

...dit was nou insiggewend om te lees.

So is menige Afrikaanse universiteit nie meer ons alma mater nie, Stellenbosch ingesluit daarby.

Sommer so 'n los gedagte, in my studente dae was dit opvallend dat die studente wat natuurwetenskappe en ingenieurswese studeer het, weinig belangstelling in politiek gehad het. Dalk omdat ons nie vrye tyd gehad het om te verkwis nie, en omdat ons ouers en beurse vir ons studies betaal het. Jy moes deurkom om dit te behou..  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/03/2025 - 10:35

...pas so in my element. Ek verkies om niks te doen met vakansie, en daarom probeer ek nie eers hengel nie.

Ek sal egter ook nie langer as so 4 aande daar gaan kampeer nie.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 18/03/2025 - 10:52

Die politiek destyds was nie vir sissies nie Wessel, Basies net 'n handvol partye, ek onthou die NP (daarmee heen), PFP (deesdae die DA), HNP (ook daarmee heen) en so ook die KP (deesdae die VF+?). Die res was so ver links dat hulle van die plat aarde se kant afgevoeter het en ook almal verban). Onthou nog die groot sports wat ons in die laat 70's gehad het toe Helen Sussman van die PFP in die Totius Saal oppie kampus gepraat het (sy was publieke vyand #1). ook ene Eugene Terreblanch en sy bruinhemp troepe! Maar ja, ons moes deurkom, en 'n 100+ % klas rooster het nie juis gehelp nie. Einste Theuns Eloff was detsyds die SR Voorsitter (sy pa was, as ek reg onthou, 'n Teologie Prof. Theuns het ook destyds Teologie ge-swot. En denims asook dans was verbied want dis glo groot sonde gewees!. Eerste jaar was baadjie en das vir alle mans studente verpligtend en vanaf die 2de jaar kon ons darem die baadjie los. As mens terugdink was dit darem vrek snaakse tye! 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 18/03/2025 - 12:52

Maak ek vanoggend my e-pos oop, en die eerste is van die ATKV nogals. Geen idee waar hulle aan my adres kom nie - enigste kere wat ek saam met my ouers die Buffelspoort-oord besoek het was +/- 60 jaar gelede, toe nog Rondalia genoem.

Kort en lank van die pos vir die wat dit nie ook gekry het nie: dit word genoem Andante plus 50 musiekkompetisie en is vir mense ouer as 50 met musiektalent van oor die land, aangebied deur Buffelspoort ATKV.

Ek het net gevorder tot UNISA gr4 in klavier aan die Derek Ochse musiekkonservatorium in Rustenburg. Vanaf st 8 is ek Thabazimbi toe en daar was nie 'n geleentheid om dit verder te neem nie. Die enigste opsie was syncopation (weet nie wat dit in Afrikaans is nie). My ouers het gedink dis jazz en was nie hiervoor te vinde nie - klassiek moes dit wees. Ek het toe maar begin tennis speel vir die skool en saans se tydverdryf was volkspele (ja, ek kan danslaugh)

Iemand wat vir die ATKV kompetisie gaan inskryf? Ek wonder oor Jan - die man van vele talentelaugh Sluit einde Maart. Net miskien kan jy lekker gaan kampeer by Buffelspoort vir 'n paar wekelaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus