Nou ja vriende, daar breek die derde maand aan. Paasnaweek is om die draai, eerste skoolvakansie van die jaar ook.
Almal maak sekerlik reg om so bietjie te gaan ontspan êrens.
Jare gelede ...
... (1990) om presies te wees, met ons eerste besoek aan die park, is ons toegelaat om via Mountain View (ou kampie wat destyds in onbruik was) tot by de FM toring bo-op die Nuweveldsberg te ry om ter wille van ons kinders by die sneeu uit te kom.
Ek sou wat wou gee om Neef se trippie te kan meemaak. Sal maar moet aanlê by Armond.
Dit is lekker om van al…
Dit is lekker om van al julle kamp ervaring en beplanning te lees, maak my goud geel van jaloesie. Met ons bouery wat aan die gang is, is kamp 'n groot leemte hierdie kant. Die karavaan is al toe onder die spinnerakke
. Hopelik kry ons iewers te 'n kansie vir Hansie om 'n kampie in te werk. Maar sal maar droë bek sit en net lees van al die groot lekkerte. Geniet julle toere en kampe.
Hartenbos Hennie
Hennie-hulle was saam met sy 90-jarige skoonpa Hartenbos toe. Ek dink hulle is seker al terug van daar af.
Hennie se verskoning....
vir die afwesigheid klink geldig genoeg.....maar nie vir te lank nie. Ek sal maar daardie draad dophou waar alternatiewe woonwaens oorweeg word![]()
Goeie hout...
...moenie te lank kyk na Kavango's nie. Die tipe wat ek en Chris S het, word ongelukkig nie meer gemaak nie. Echo sal my seker kasty, maar daar is lekkerder boswaens op die mark, wat nog meer hardebaard is.
Boonop is hulle uitleg baie meer luuks en praktieser as 'n Kavango. Lekker dubbelbed slaapklaar, stort en vol toilet binne, maar my Kavango het 'n voordeel, ek het boonop 'n aansit eettafel ook binne.
Lees maar gerus deur die gesprek "alternatiewe woonwa oorwegings" om jou aptyt aan te wakker.
Moenie!!!!
Lees maar gerus deur die gesprek "alternatiewe woonwa oorwegings" om jou aptyt aan te wakker.
'n Draadborsel om deur jou jeukende agterent te trek is baie goedkoper - en effektief. Vra maar vir my wat onlangs so 'n jeuk gehad het vir 'n 4x4.
Moenie!!!!
Nou lag ek so lekker vir die draad borsel.
Beste plan. Dankie Chris B.
Wessel gaan nog eendag die…
Wessel gaan nog eendag die ogies toeknyp en ons surprise met ń hooghol 4x4 en dubbel as off road wa.
Herman...
... my buurman is juis deesdae 'n verkoopsman by Ford!!!!
As ek dalk iets sal koop, sal dit 'n ander boswa wees. My beterhelfte is gladnie 'n boskamper nie. Marie sal my summier in een van Moon river se baddens versuip het, as ek haar soheentoe vir kampering geneem het.![]()
Daar is net 1 kriteria vir 'n ander boswa-----dit moet orals toe wees. Alles moet binne wees, en geen uitstoot stort/toilet anneks, soos die Kavango nie.
My werk situasie
Hulle het toe ‘n baie jonger Moslem outjie aangestel in die pos waarin ek sedert Mei 2022 waargeneem het, nadat ek nie eers vir ‘n onderhoud genooi is nie. Ek gun dit vir hom, hy is ‘n pligsgetroue werker. Ek rapporteer van 1 April af aan hom. So is die (nie meer so nuwe) SA maar. Ek moet nog geplaas word in ‘n nuwe pos nadat my ou een afgeskaf is. Die munisipale bestuurder het gister vir my gesê waar ek geplaas gaan word, maar ek het nog geen skriftelike bevestiging ontvang nie. Maar basta met werk.
Ons direkteur het my vandag af gegee nadat ek ‘n klomp na ure vergaderings bygewoon het. Ek gaan dus pak terwyl die kinders by die skool is en hoop om so uur na hulle vroeg uitkom te ry Dwarswegstrand toe. Dan kom ons weer 6 April terug.
Hennie-hulle was saam met sy…
Hennie-hulle was saam met sy 90-jarige skoonpa Hartenbos toe. Ek dink hulle is seker al terug van daar af.
Goeie môre, ja Chris is reg en ons was weg Hartenbos toe. My skoonpa het dit ook geniet. Baie memories teruggebring aan al die jare wat hulle nog saam ons vakansies kom hou het en sy grootword jare in die 30's, 40's en vroeë 50's toe hy verhuis het JHB toe.
Ek is natuurlik iemand wat wanneer ons met verlof is, wegbly van forums ens, aaangesien ek die tyd saam my geliefdes wilgeniet en nie eintlik worry oor "sosiale media". Ek het wel vir Chris (Wildehont) 'n foto of 2 gestuur toe ons die dag by Jongensfontein was.
Chris S....
....gits ou maat, probeer jou vakansie geniet!!!
Ek hoop jy kan jou vereenselwig met die voorgestelde pos. Ek interpreteer jou skrywe dat jy aan die aangestelde ou net rapporteer totdat jy in nuwe pos aangestel is.
Geniet DWS en sleep veilig.
Permanent
Ek interpreteer jou skrywe dat jy aan die aangestelde ou net rapporteer totdat jy in nuwe pos aangestel is.
Nee Wessel, hy het aan my rapporteer in sy vorige pos toe ek waargeneem het as senior bestuurder sedert Mei 2022. Hy het my net afgelos as ek met verlof was en een keer vir drie maande. Toe het hy gevra om nie meer waar te neem nie want die druk was vir hom te veel. Nou is hy permanent aangestel in die senior bestuurder pos waarin ek waargeneem het. As ek geplaas word in die pos wat hulle sê ek gaan in geplaas word, rapporteer ek aan hom.
Goeie beleid
Ek is natuurlik iemand wat wanneer ons met verlof is, wegbly van forums ens, aaangesien ek die tyd saam my geliefdes wilgeniet en nie eintlik worry oor "sosiale media".
BEE beleid
Chris, dit is nou die praktiese toepassing van BEE. Die persoon seg prontuit dat hy nie van die gepaardgaande druk hou nie, maar tog word hy aangestel. Dit gaan om voldoening van transformasie riglyne in bestuursposte.
Gelukkig het ek lank gelede my rug gedraai op 'n bestuurspos, minder salaris verdien, maar was uiters gelukkig om as wetenskaplike my uit te leef. Daarby het ek ook geen direk ondergeskiktes gehad, vir wie se bevorderings[loopbaan ontwikkeling] ek verantwoordelik was nie.
Sterkte met die aanpassing, wie weet wat toekoms inhou, dis dalk tydelik.
Mnr DWS 2025
Is dit hierdie tyd van die jaar wat die kompetisie aangebied word? Smile mooi vir die foto en laat weet wat die uitslag was - ons staan bankvas agter jou!
Veilig ry Wildehont en geniet julle vakansie.
Werk is net werk
Dit is nie my lewe nie. Hierdie spel dit mooi uit, en dit is hoe ek leef.






Wessel sovêr ek verstaan is…
Wessel sovêr ek verstaan is die ń deel wat nie toeganklik is vir toeriste nie, en so sal bly. Die word as ń "Wildernis" gebied bestuur. Daar is wel ń veldwagterspos waar die honorary rangers gaan kamp as deel van hulle perks. Jy ry buite om die Park om by die ingang te kom.
Wild is dieselfde as orals in die Park, dit is binne dieselfde heining.