Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.![]()
2026 toer oordenking
Ek bedink sommer al 'n toer vir volgende jaar. soos elders genoem, my blaker jeuk om Baviaanskloof te besoek.
So 'n tog kan dan die volgende plekke soheentoe aandoen, MokalaNP, KarooNP, BergkwaggaNP en dan Baviaanskloof toe.
Daar is 'n paar oulike plekke, heel beskaafd met elektrisiteit, warm water in ablusie en lekker gras/koelte staanplekke. Die twee wat my oog gevang het is Doringkloof en Bo Kloof, met laasgenoemde die naaste aan Willowmore.
Het enige van julle al in Baviaanskloof omgewing gekamp. As die regering my beperk tot Grompie, sal ons maar tot naaste bereikbare kampeerplek sleep, daar kamp, en sommer net so bietjie verken.
Leesstof oor Baviaanskloof
Ek sal weer deur Baviaanskloof wil toer, maar sal meer tyd toelaat daarvoor. Hier is ‘n lekker blog met goeie inligting om vir Wessel nog meer lus te maak.
Al baie daar gekamp. Amper…
Al baie daar gekamp. Amper op ons agtetdeur.Die lekkerste was egter ñ ou plaashuisie genaamd " Klein juweeltjie" sonder krag! Die het ons gebruik as ons saam vriende daar was. Ook by Piet en Griet gebly.
Doodsklip en Rooiwal sit onder in die kloof. Daar is bokkerol, net die rivier.
Die pad het met die tyd saam vererger, laaste paar was net met motorfiets waaroor ek baie bly was, karre, hetsy 4x4 het maar gesukkel met die dongas. Dit is egter on 2010, so nie heeltemal vars nuus nie.
Chris B
Het al gewonder hoe jy sleep vanaf Malelane tot Krokodil brug.
Nou weet ek.
eerste aand weer in Malelane-kampie oor en gaan die volgende oggend weer uit by Malelane-hek om met die N4, via Marlothpark, so vinnig moontlik by Krokodilbrug te kom ten einde hopelik ook 'n lekker staanplek te kry.
Geyser probleem …
Geyser probleem vanoggend. Elmarie sê die water is nie warm vir die skottelgoed nie.
Sien die geyser stroombreker is uitgeskop. Sit weer aan en bid. Nie gehelp nie klim met die ou lyf in die dak en vind die element weerstand te laag. Ry gou Buildit toe vir nuwe een. Ai gesukkel om die geyser leeg te kry. Wou nie veiligheids klep losmaak nie en blaas toe maar longe se lug in die uitlaatpyp en hou so aan totdat hy leeg is. Nogal ongemaklik so op die kniëe kop onderstebo agterent in die lig.
Sjoe watse skok toe ek die geyser binnekant sien. 
Water bruin en baie kalk. Maak die geyser skoon en vervang die element. Dit reën al vanaf laasnag en is koel. Wag nou vir die water om warm te word vir stort.
Die ou lyf word nou oud om in die plafon rond te kruip maar dankbaar dat ek dit nog kan doen.

Jan, van die stukke lyk soos…
Jan, van die stukke lyk soos flenters van die" sacrificial anode" Die lyk soo ń groterige bout buite op dieselfde flens, en het so half meter lange soliede stuk, ek dink aluminium, wat dan binne die tenk sit. Dit beskerm die tenk teen korrosie.
Goeie hout...
...ek het verlede jaar van Onder Sabie af, sommer Skukuza om gesleep na B&D. Dit sommer as my oggend wild soek rit beskou.
Herman …
Herman dankie jy is reg. Die lang stuk metaal is nog daar. Het nie geweet wat hy doen nie. Het al heelwat elemente vervang maar nog nooit die bruin water wat amper "sludge" is gesien nie.
Daardie element het hard gewerk om die water warm te kry. Elmarie hou nogal die KWH meter elke dag dop om te sien hoeveel eenhede ons gebruik per dag. Sal sien of dit nou met skoon water 'n verskil maak.
Hoe gebruik mens SANPARKE krediet?
Ek het ons bespreking by Sable dam skuiling gekanselleer omdat ons 1 Julie in ‘n hut in Letaba gaan slaap. Ek het reeds ‘n 50% deposito betaal vir Sable dam, en die opsie gekies om dit as krediet te hou. Ek wil dit aanwend om ‘n gedeelte van die uitstaande deposito vir die res van die Krugerwildtuin besoek te betaal. Hoe doen ek dit? Ek sien nie die krediet op my profiel op die aanlyn SANPARKE platform nie.
Krediet
Chris S, bel Ezi bookings en hoor of hulle jou kan help.
Andersins, bel SANPARKE hoofkantoor en vra om met finansies te praat. Ek het 2022 met my voet ongeluk my hele 20 dae bespreking gelos. Hulle het my gekontak omdat ek nie opgedaag het nie, en ek kon dit net netso oordra na 'n bespreking vir 2023, en moes net die verskil in die tariefverhoging inbetaal.
Hoop jy kom reg.
Chris S....
....ek is sommer nuuskierig, is jy tevrede/gemaklik met nuwe posbeskrywing.??
Verskoon my voorbarigheid, en as jy nie wil antwoord, is die saak reg so ook.
Nuwe posbeskrywing
Ek het dit toe min of meer self geskryf. Ek het brondokumente gebruik van SALGA (South African Local Government Association), so het dit darem nie uit my duim gesuig nie. Ek moes egter een posbeskrywing saamstel uit ‘n paar verskillendes, want dis ‘n komplekse samestelling van afdelings waarvoor daar nie ‘n bestaande posbeskrywing selfs op SALGA se master list is nie.
Gistermiddag het ek saam met HR, die nuwe senior bestuurder en die direkteur gesit en deur die posbeskrywing gewerk. Daar is ‘n paar klein veranderings en byvoegings gemaak. Dis ‘n uitdagende pos met uiteenlopende verantwoordelikhede wat ‘n veld insluit waarin ek nie veel ondervinding het nie, maar ek hou van uitdagings. Ek raak ook maklik verveeld, so dis ‘n goeie ding dat dit ‘n nuwe veld insluit. Ek is nou net meer as tien jaar hier, wat by verre my langste by een werkgewer is. Iets nuuts vir die volgende bietjie minder as 12 jaar is dus welkom. Dit bly ook ‘n geleentheid om ‘n positiewe verskil te maak in die dorp waarin ons woon, en sodra ek in die pos geplaas is het ek darem vir eers weer sekuriteit. Daar is ongelukkig nie bevorderings moontlikhede nie, so ons sal gordels moet stywer trek.
Chris se pos
Ek is bly om te hoor dat jy tevrede is met jou nuwe verantwoordelikhede.
Ek is seker dat jy moontlik "bevorderings" opsies elders sal ondersoek, soos dit opduik.
Trotse ouers
Chris Jnr het voor die vakansie sy eerste toetsreeks geskryf en is met ‘n gemiddeld van 90,8% sesde in sy graad groep. Môre speel hy sy eerste vol veld rugby wedstryd. En sommer die tweede een ook. Net jammer lg begin 13:10 en die Bulle speel 13:30.
Baie geluk. Die bulle moet…
Baie geluk. Die bulle moet maar wag.
wie is....
....die bulle.???? Geen span kom voor eie kind se wedstryd nie.





Dankie SANLAM
Ek vergeet elke jaar dat ek SANLAM aandele geërf het en kry dan ‘n aangename verrassing wanneer hulle dividende betaal. Dis gewoonlik genoeg om die uistaande balans vir ons Junie/Julie Krugerwildtuin verblyf te betaal. Ek het gister die lekkerlees SMS ontvang.
Nou moet ek eers deur die konsep posbeskrywing werk wat ek ‘n halfuur gelede ontvang het en veranderinge voorstel wat ek vanmiddag met die direkteur moet bespreek om dit gefinaliseer te kry.