Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -8 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -10 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -15 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -16 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -17 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -18 hours ago

Julie 2025

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre alaml,

So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".

Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/07/2025 - 17:41

Herman, ek dink die meeste vervaardigers is so veiligheidsbewus dat so 'n scenario, dat deure nie kan oopmaak nie, sekerlik nie bestaan nie. 

Ek het egter nooit eers in die 3 jaar van Grompie,  aan dit gedink nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/07/2025 - 07:34

Wie is bewus van die anti-steel produk. Dit lyk of dit fokus op Toyota voertuie,maar kan seker op ander ook aangebring word.

Dit lyk volgens hulle webblad na 'n indrukwekkende stelsel. Ek moet met uitvind of SANTAM dit erken. Dan kan ek ontslae raak van nuttelose opspoorstelsels, en dalk afslag kry op versekeringspremies..Oor die lange duur, 5 jaar en langer kan dit aansienlik goedkoper uitwerk as kostes verbonde aan opspoorstelsels.

Gaan kyk gerus daarna op internet.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 09/07/2025 - 09:14

Dit klink na ‘n goeie stelsel om diefstal te voorkom. Ek wonder as die voertuig gekaap word, of jy dit kan aktiveer daarna. Maar selfs dan benodig jy ‘n opsporingstelsel om die voertuig weer te vind. 
 

My kommer is dat die Haltlock wanfunksioneer (wat is malfunction in Afrikaans?) en jou gestrand laat in ‘n plek soos Nossob. 
 

Daar is ‘n makliker oplossing. Trek Wes-Kaap toe. Hier is dit net Lexus en LC300 as ek reg onthou waarvoor die versekering opsporingstelsels vereis volgens my makelaar. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 09/07/2025 - 09:29

Vanoggend skuins na 04:00 word ek wakker van water wat buite loop. Dit klink nie na reënwater nie, en ek staan op om te kyk. My vermoede word toe bevestig dat die geyser wat Augustus 2022 vervang is gebars het en ek moet inderhaas ‘n leer in die motorhuis gaan haal om in die plafon te klim en die stopkraan toe te draai. Die geyser voor die een is in April 2020 vervang. Hierdie een is dus onder waarborg vervang in Augustus 2022. Maar dit het nie weer ‘n vyf jaar waarborg nie. Die loop aan onder die waarborg van die 2020 een (wat reeds verstryk het).
 

Die geel sambreel sal dit dek, maar ek raak nou redelik gatvol vir alles wat breek en verkeerd loop. Ek het gister ‘n kwotasie gekry vir ‘n kroon vir ‘n kiestand wat Donderdag gebreek het toe ek floss. Dit is meer as R6000. Die medies sal dit dek, maar dit kom uit die spaarplan, en dis nou eers Julie. 
 

Ek is net dankbaar dat die geyser vanoggend gebars het, en nie nadat ons vanmiddag gery het om eers Maandag terug te keer nie. Dit laat my toe dink, as mens die geyser afskakel wanneer jy weggaan, is daar steeds ‘n kans dat dit kan bars? Myne loop in ‘n pan in met ‘n oorloop wat buite die dak uitloop, maar as die kraak groter raak kan die pan dalk oorloop en die plafon beskadig of selfs ‘n kortsluiting veroorsaak met die ligte se bedrading. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/07/2025 - 09:39

... op Wildehont se vraag of die warmwater-silinder steeds kan bars wanneer dit afgeskakel is nie. By ons is dit maar 'n standaard prosedure om die silinder af te skakel en die stopkraan na die huis toe te draai wanneer ons weggaan - selfs vir 'n enkele aand. Ek dink die kanse is dan seker nul dat die silinder kan bars.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 09/07/2025 - 11:47

Iewers moet daar asb tog nou 'n einde aan al julle terugslae kom. Ek krimp sommer inmekaar van jammerte.

Ons het altyd dieselfde as Chris gedoen wanneer ons vir 'n paar dae weggegaan het. Met 'n tweede huis en huurders weet ek nie of ons 'n eie stopkraan het nie - ook maar goed die onderwerp kom op - sal vir Daan moet vra hoe dit nou werk.

Vanmiddag ry om Maandag terug te keer beteken 'n uitstappie - waarheen? Dink ek het iets gemis.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/07/2025 - 12:06

As jy nou 'n geiser moet vervang, laat dit sommer na buite skuif. dalk betaal die versekering vir die ekstra koste. Ek het myne laat skuif, lekker op heuphoogte buite, met eie stopkraan reg voor die geiser. niks gesukkel met leer en plafonkappe loop nie. Bars /drup dit, is daar geen skade binneshuis nie. 

As 'n geiser afgeskakel is, gaan dit nie "druk" opbou nie, dus behoort dit nie te bars nie. Diemeeste [alle]geisers het 'n oordruk wasprop in wat smelt en uitskiet as element net bly warmmaak. As dit gebeur spuit daar 'n kokende straal water wat die lengte van huis kan trek.

Ek draai ook water na die huis toe, en skakel slegs geiser af as op vakansie gaan. Spaar baie op krag en dit gee gemoedsrus.   

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 09/07/2025 - 14:26

Ek het dieselfde gehad met n battery wat 25 maande gewaarborg was....na 10 maande gee hy probleem, hulle gee nuwe, maar net met oorblywende 15 maande waarborg. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 11/07/2025 - 08:29

Ek het vanoggend my bakkie afgelaai vir n diens. Hulle maak nou gebruik van Uber om jou terug te bring werk/huis toe. Maak sin om nie iemand aan te stel teen n salaris, bussie aanskaf, verantwoordelikheid aanvaar vir publiek vervoer en moontlikheid dat drywer nie opdaag vir week nie. Ook meer gerieflik, want laas is ek heel laaste afgelaai en was amper 80 minute op bussie terwyl ek 2km vanaf handelaar bly

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/07/2025 - 13:47

Soos Chris B seg, baie welkom en gesels asb saam.

Begin sommer met 'n beskrywing van jou sleepkombinasie. Wat se woonwa het jy gekoop, waarmee sleep jy dit.

Dan sommer ook, waarheen beplan julle om na te toer, wildtuine, see, of harde rowwe "van die pad af" plekke soos richtersveld, Botswana ensomeer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/07/2025 - 08:14

Goeie griet, wat se doodse stilte heers hier? 

Is almal se vingers stokstyf geryp en kan nie tik nie, of werk almal kliphard. Sommige lê/staan/kuier in die lekker klimaat van Die eiland. So lekker, hulle het skoon vergeet van forumlaugh

Met Geert wat ook terug uit wildtuin is, is daar nie eers mooi diere fotos geplaas nie.

Neef Herman worstel nog deur die Stoffer se handboek, sukkel om FMpie op afrikaans te krydevil

Chris S speel seker met sy nuwe Victron laaier.

Grootwind drentel in die son op Scotties se strand, en hou seker sy lyf lewensredder in rooi kostuum[pie]

Myself, doen navorsing oor opspoorstelsels, rathefboomslotte en alternatiewe opsies.wink

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 12/07/2025 - 08:48

En Lapskag kuier in kloue Bloem en gaan Maandag weer terug waar dit warmer is maar meer wind as hier. Hier in Bloem is ook 'n klomp vrot virusse wat maar erge snot neuse veroorsaak. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 15/07/2025 - 18:28

Ek lees Safair gaan vanaf Oktober 3x n week direkte vlugte vanaf Kaapstad na Hoedspruit vlieg. Sien pryse op web is tans so R1500

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/07/2025 - 19:52

Sjoe, dit is ‘n aanloklike vlug. Net jammer dis so duur om ‘n ordentlike ryding te huur en vaste verblyf in die Krugerwildtuin te betaal. Dalk moet ek ‘n tweeman tent vat en met ‘n Kwid by Tsendze gaan bly vir ‘n week in November. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 17/07/2025 - 10:33

Die wat op sosiale media is het dit seker al gesien. Ek het net op RSG gehoor daarvan, en toe gedink gelukkig is daar geen forumlede waarvan ek weet wat die pad gister sou gebruik het nie. Hulle sou met George’s Vallei pad moes sukkel. Dit was seker ‘n helse gemors.

Hier is ‘n video wat iemand geneem het. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 17/07/2025 - 10:47

Dit blyk uit die berig en ander wat ek gehoor het, dat die vragmotor se remme gefaal het. Dit is wat die ongeluk veroorsaak het. Dit bevestig waarom vragmotors die George’s Vallei roete moet gebruik (en waarom mens versigtig moet sleep teen steil passe af). 
 

Ek het een keer aan die onderpunt van die bult van Krugersdorp af waar mens by die N14 aansluit langs ‘n vragmotor gestop wat voor my teen die bult af is. Die vragmotor se remme was letterlik in vlamme omdat hy waarskynlik op sy remme gery het in plaas van om die uitlaatrem en ander remstelsel op die dryfas te gebruik(as ek reg onthou word dit ‘n retarder genoem). Gelukkig kon hy nog stop by die rooi verkeerslig.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/07/2025 - 11:05

Dankie Chris vir die video. Mens kan jou nie daai brand-gesig indink nie. Ek wonder waar/wanneer het daai persoon besluit om te stop en om te draai. 

Die sterk tegniese manne moet maar kommentaar lewer, die berig wat ek gelees het, het ook genoem dat remme "ingegee" het. Dit het egter uitgebrei deur pertinent te noem dat sulke insidente meestal die skuld van die trokdrywer is.

Net soos 'n woonwa kombinasie wat weghardloop teen 'n pas/afdraende, ook die drywer se skuld is. Ek benader steil afdraendes met groot respek, en soms sommer in 3de rat teen kompressie.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus