Goeie môre alaml,
So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".
Hallo Almal
Hallo Almal.
Het een van julle die volgende roete gesleep. Wil net weet of ek ok is en nie mal is.
Goodwood tot Van Rhynsdorp,
Van Rhynsdorp oor Carnarvon tot Williston.
Van Williston tot Karoo.
Groete
Hallo Almal
Dit is ons volgende binnelandse toer.
Goodwood Lesatsi Lesatsi Lesatsi Lesatsi Williston Annie's Inn Williston Annie's Inn Karoo Karoo Karoo Karoo Karoo Karoo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Storms rivier Storms rivier Storms rivier Storms rivier Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Bontebok Bontebok huis
Goeie hout...
...wanneer beplan jy die toer?? Ek gaan volgende maand 'n groot deel van jou roete sleep. Ek gaan van Mokala af, oor Britstown, na Carnavon, na Calvinia om by Nieuwoudville te kom.
Ek dink jy gaan grondpad sleep van Williston na Fraserburg na KarooNP.
ek het my blaker af gesoek na oorslaapplek tussen Carnavon en Calvinia, die tante Annies Inn sou perfek gewerk het.
Goeie hout...
...terwyl jy nou so wyd beplan, werk sommer BergkwaggaNP in tussen Karoo en Addo. Jy sal nie spyt wees nie.
Goeie hout...
....nog baie tyd vir beplanning.
Bergkwagga het nog stuk grondpad, toe ons daar was.
As grondpad jou pla, sal jy mooi moet beplan om van Williston tot by KarooNP te sleep, teer langs.
Wat was/is jou ervaring met Bundu River lodge naby Sandrivier?? Dit klink volgens Chris B of ek iets mis gelees het.
Bundu Lodge
Laat hy eerder self antwoord, maar ek onthou dat hy genoem het dat die pad na Bundu Lodge baie swak was. Dit is moontlik nie vir boswa-slepers 'n probleem nie.
Ek het, die enigste keer wat ek daarheen gesleep het, die stuk gruispad na Bergkwaggapark in 'n goeie toestand gevind. Maar tydens my laaste besoek, slegs met die Hilux, was ek baie bly dat ek nie gesleep het nie - die pad was haglik. Maar andersins is dit 'n netjiese park.
Wessell
Goeie more Wessel en Chris. Ek sien regtig uit na die naweek. Die Bokke speel, en natuurlik Saterdag aand beplan ons n OXTAIL.
Bundu - Die pad soontoe is nie vir sissies met n gewone karavaan nie. Selfs my swaer moet maar lekker stadig gery het met sy Xcape. Dit was n pad gewees.
Die park self is baie mooi. Groot grasperk in die middel wat jy op staan. Maar dit is ver van die ablusie. Toe ons daar was, het hulle gebou en gebreek. Dus het ons gesukkel met warm water.
Die bestuurderes was baie akkommoderend. Omdat dit baie koud was, het sy aangebied dat ons die Klubhuis se binne braai kon gebruik het. Hulle "cater" vir troues ens.
Maar weereens ek sal nie weer Fleetline blootstel aan daardie pad.
Mooi naweek.
Casper junior???
Orpen en Satara is naby genoeg, dalk is die kieterkat die bekende Casper van Satara omgewing, se kleinding.
Chris S: wat is jou opinie???
Sal nie weet nie
Ek weet min tot niks van die wit leeus. Al wat ek tans weet van die Krugerwildtuin is dat ek Donderdag vroeg op die lyn sal moet wees met Ezibookings.
Musikale snelweg
Gaan kyk gerus in vandag se Business Day, onder LIFE-motoring, na die brokkie nuus getiteld "Arabian highway..." Daar is 'n kort video met klank oor die tegniek
Die ouens het nou wiskundig bereken hoe om die groewe van die "rumbling zones" te spasieer om musiek voort te bring. Die spesifieke pad se stroke "speel" Beethoven se 9de simfonie, teen 120km/hr. nogal ironies die musiek keuse, "Ode of Joy"
Chris S Ezibookings???
Wat is die haas, vir wanneer volgende jaar wil jy bespreek.??
Deur Ezibookings werk dit mos op die 11 maande beginsel. As jy vir Junie'26 wil bespreek, kon jy dit al 1 Julie '25 gedoen hey, of nie??
Jan...
Môre, ek is sommer nuuskierig;
1] hoe gaan dit in Sedgefield, kom julle darem op die water, of is dit te koud om in/op die water te speel.
2] staan die Classique darem nog by jou, of het jy dit verkwansel.? Dis seker te koud/nat in julle omgewing om te kamp, of nie.
Ek sê juis vir my beterhelfte, dit kan maar koud wees as mens kamp, dit moet net droog wees. Sy is al klaar bang vir koue tydens ons komende toer deur Namakwaland en die Suid Kaap. Dit klink of daar 3 tipe duvets moet saamgaan, dun, meduim en dik, plus kombers vir ingeval.





Martin Erasmus
Welkom by die forum. Met 'n adres soos joune, gaan ons jou dalk baie pla
