Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -6 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -12 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -13 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -14 hours ago

Julie 2025

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre alaml,

So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".

Kaap

Goeie Hout

Thu, 17/07/2025 - 16:47

Hallo Almal.

Het een van julle die volgende roete gesleep.  Wil net weet of ek ok is en nie mal is.

Goodwood tot Van Rhynsdorp,

Van Rhynsdorp oor Carnarvon tot Williston.

Van Williston tot Karoo.

Groete

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 17/07/2025 - 17:09

Dit is ons volgende binnelandse toer.

Goodwood Lesatsi Lesatsi Lesatsi Lesatsi Williston Annie's Inn Williston Annie's Inn Karoo Karoo Karoo Karoo Karoo Karoo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Addo Storms rivier Storms rivier Storms rivier Storms rivier Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Ebb en Flow Bontebok Bontebok huis

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/07/2025 - 17:16

...wanneer beplan jy die toer?? Ek gaan volgende maand 'n groot deel van jou roete sleep. Ek gaan van Mokala af, oor Britstown, na Carnavon, na Calvinia om by Nieuwoudville te kom.

Ek dink jy gaan grondpad sleep van Williston na Fraserburg  na  KarooNP.

ek het my blaker af gesoek na oorslaapplek tussen Carnavon en Calvinia, die tante Annies Inn sou perfek gewerk het.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/07/2025 - 17:24

...terwyl jy nou so wyd beplan, werk sommer BergkwaggaNP in tussen Karoo en Addo. Jy sal nie spyt wees nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 17/07/2025 - 20:10

Die toer is geskeduleer vir begin 2027.  

Ek was al by Berg Kwagga.  Kamp is mooi.  Maar daardie 10 kilos grond pad het my destydse Gypsey Caravette 5 seergemaak.  Of is die pad nou al geteer.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 18/07/2025 - 04:54

....nog baie tyd vir beplanning.

Bergkwagga het nog stuk grondpad, toe ons daar was.

As grondpad jou pla, sal jy mooi moet beplan om van Williston tot by KarooNP te sleep, teer langs.

Wat was/is jou ervaring met Bundu River lodge naby Sandrivier?? Dit klink volgens Chris B of ek iets mis gelees het. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/07/2025 - 06:24

Laat hy eerder self antwoord, maar ek onthou dat hy genoem het dat die pad na Bundu Lodge baie swak was. Dit is moontlik nie vir boswa-slepers 'n probleem nie.

Ek het, die enigste keer wat ek daarheen gesleep het, die stuk gruispad na Bergkwaggapark in 'n goeie toestand gevind. Maar tydens my laaste besoek, slegs met die Hilux, was ek baie bly dat ek nie gesleep het nie - die pad was haglik. Maar andersins is dit 'n netjiese park.

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 18/07/2025 - 07:39

Goeie more Wessel en Chris.  Ek sien regtig uit na die naweek.  Die Bokke speel, en natuurlik Saterdag aand beplan ons n OXTAIL.

Bundu - Die pad soontoe is nie vir sissies met n gewone karavaan nie.  Selfs my swaer moet maar lekker stadig gery het met sy Xcape.  Dit was n pad gewees.  

Die park self is baie mooi.  Groot grasperk in die middel wat jy op staan.  Maar dit is ver van die ablusie.  Toe ons daar was, het hulle gebou en gebreek.  Dus het ons gesukkel met warm water.

Die bestuurderes was baie akkommoderend.  Omdat dit baie koud was, het sy aangebied dat ons die Klubhuis se binne braai kon gebruik het.  Hulle "cater" vir troues ens.

Maar weereens ek sal nie weer Fleetline blootstel aan daardie pad.

Mooi naweek.

 

 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/07/2025 - 09:29

Orpen en Satara is naby genoeg, dalk is die kieterkat die bekende  Casper van Satara omgewing, se kleinding.

Chris S: wat is jou opinie???  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 19/07/2025 - 09:49

Ek lees nou dat iemand sê video is gedurende Februarie geneem....wou sê die gras is nog mooi groen. Maar dit bly spesiaal....

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 19/07/2025 - 09:54

Ek weet min tot niks van die wit leeus. Al wat ek tans weet van die Krugerwildtuin is dat ek Donderdag vroeg op die lyn sal moet wees met Ezibookings. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/07/2025 - 11:59

Gaan kyk gerus in vandag se Business Day, onder LIFE-motoring, na die brokkie nuus getiteld "Arabian highway..." Daar is 'n kort video met klank oor die tegniek

Die ouens het nou wiskundig bereken hoe om die groewe van die "rumbling zones" te spasieer om musiek voort te bring. Die spesifieke pad se stroke "speel" Beethoven se 9de simfonie, teen 120km/hr. nogal ironies die musiek keuse, "Ode of Joy"wink    

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/07/2025 - 12:39

Wat is die haas, vir wanneer volgende jaar wil jy bespreek.??

Deur Ezibookings werk dit mos op die 11 maande beginsel. As jy vir Junie'26 wil bespreek, kon jy dit al 1 Julie '25 gedoen hey, of nie??   

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/07/2025 - 13:26

....dankie man, ek het dit altyd simplisties verkeerd. Ek het nou ook die info op Sanparke se blad gekry. 

Ek is soos Orkney se ouboet----ok maar lekker stupid, somslaugh 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 20/07/2025 - 08:30

Ek sien hierdie op facebook....nog nooit so baie Hyenas bymekaar gesien nie

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/07/2025 - 08:43

....hulle was glo oppad na 'n politieke- polisie byeenkomslaughdevil

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/07/2025 - 08:49

Môre, ek is sommer nuuskierig;

1] hoe gaan dit in Sedgefield, kom julle darem op die water, of is dit te koud om in/op die water te speel.

2] staan die Classique darem nog by jou, of het jy dit verkwansel.?  Dis seker te koud/nat in julle omgewing om te kamp, of nie.

Ek sê juis vir my beterhelfte, dit kan maar koud wees as mens kamp, dit moet net droog wees. Sy is al klaar bang vir koue tydens ons komende toer deur Namakwaland en die Suid Kaap. Dit klink of daar  3 tipe duvets moet saamgaan, dun, meduim en dik, plus kombers vir ingeval. laugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus