Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -12 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -13 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -14 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -15 hours ago

Augustus 2025 saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand. 

Nie net nog 'n maand vir my nie, dis die maand wanneer ek die pad vat Namakwaland toe, en dan oor Herman se boomslang-stoep verby na die KarooNP.

Dit is ook die maand waar Rona haar man [Daan] en die toerbus in die pad druk, vêr plekke toe.

Gesels saam, dis waarom ons vriende is.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/08/2025 - 08:41

Kyk nou die oulike berig. ‘n Jaagduiwel is deur ‘n helikopter gewaar wat met wildstellings besig was in die Krugerwildtuin naby Tshokwane. Toe land die vlieënier en beboet die bestuurder. 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 29/08/2025 - 15:48

Geert.  Jy sal bly wees ek het die Awning ontvang.  By Tent Clinic laat bou volgens Fleetline se mates.  Sal more n foto neem en stuur.  Hy is glad nie so swaar.  Maar dit is nie die fancy make nie.

 

Lekker aand.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 29/08/2025 - 21:11

Ek hoop jy geniet ook die afdakkie vir jou karavaan. Die een wat ons laat maak het werk soos 'n droom. Ons het dit nou gebruik terwyl ons by Nata Lodge gekamp het. Nadat ek 'n foto geplaas het het ek groot lag gekry. Die hele storie was nog nie uitgestryk en square nie. Daan moes nog die toutjies ook span, maar ek kon nie wag om 'n koppie tee te maak nie en het toe sommer gou 'n foto geneem (die enigste wat ons dan ook het daarvan). Die manne met hul waterpasse sal ons seker lekker uitmekaartreklaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/08/2025 - 07:28

Ek wou liewer niks seg nie. My Kavango se sytent hang ook so slapperig soos n ongestrykte onderrok. Bly steeds n seeroog vir my.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 31/08/2025 - 20:34

Ek plaas maar n ou fototjie.  Ons gaan die naweek in Berg Rivier kamp.

Dan toets ek die awning uit.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/09/2025 - 07:45

Goeie hout, ek dog jy het n vlermuisvlerk met pale struktuur en al laat aansit. Neem net n ou naelborseltjie saam om tits met water te borsel as dit nie lekker loop nie

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 01/09/2025 - 08:27

Hoe bedoel meneer nou. 

Nee Wessel, daar is nie vasmaak plek vir daardie swaar goeters.

 

Lekker week en gelukkige LENTE vir almal.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/09/2025 - 08:37

Wat se gagga weer is die in die Kaap. Strandfontein is soos baba nat en winderi😀

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 01/09/2025 - 09:11

Lyk my Old timers loop dik vanoggend. Almal gesels land en sand oor lentedag wat vandag, die 1ste September is. ??? Op die Augustus gesels.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus